Hij is getrouwd met Huibrecht Fredrika Johanna Elizabeth Smit.
Zij zijn getrouwd op 3 maart 1811 te , hij was toen 29 jaar oudStellenbosch, Western Cape, South Africa.
Kind(eren):
{geni:about_me} Daar word beweer dat die stamnaam Johan Lodewyk die is van Christina Abrahamse se man Johan Ludwig Heller, wat deur sy stiefseun Willem Serventyn vir sy oudste seun gebruik is.
Jan en sy vrou woon in Kaapstad, toe in Paarl en toe in Swellendam.
Johan en sy broers doen wat hulle vir byna 'n volle eeu lank sou doen. Hulle trek in a groep na een of ander bestemming en woon daar naby mekaar.
Die eerste bestemming is die Paarl. Die adresse wat gegee word is Agter Kochmanskloof, Langeberg en Groenkloof.
Aan die einde van die 1820's verloor 'n mens die seuns in Paarl en spoor 'n mens hulle weer op die plaas Brandrivier wat van 1838 vir meer as 40 jaar in die familie sou bly. Brandrivier is naby Riversdal, voorheen Swellendam "fieldcornetry" van Langeberg en is 3627 morg groot. Die plaas word aan Christiaan Jacobus en Johan Lodewyk gegee op 1 November 1838. Gegee dat Johan in 1838 reeds 59 was, lyk dit asof dit sy kinders met die selfde voorletters kan wees.
Vandag is die plaas Brandrivier gelee tussen die dorpe Barrydale, Riversdal en Ladismith. Dis aan die Klein Karoo kant van die Langeberg.
Nog 'n gesin wat kort na 1800 daar intrek en 'n gedeelte van Grootvadersbos besit is die Kleynhanse. In die 1830's trou die Kleynhans en Serfontein kinders oor en weer met mekaar.
Jan Lodewyk het 5 seuns wat trek na Trompsburg, Kroonstad, Koppies en Oudtshoorn (Daskop)
Bron:
Die Serfontein Atlas, geskryf deur Dot Serfontein
Johan Lodewijk Serfontein | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
1811 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Huibrecht Fredrika Johanna Elizabeth Smit |