Dreyer Tree » Nicolaus "Claas" Loubser SV/PROG (1645-1721)

Personal data Nicolaus "Claas" Loubser SV/PROG 


Household of Nicolaus "Claas" Loubser SV/PROG

He is married to Engeltjie Quint.

They got married on December 16, 1685 at Kaapstad, Kaap de Goede Hoop, Suid-Afrika, he was 40 years old.


Child(ren):

  1. Jan Albert Laubscher  1686-1719 
  2. Aletta Laubscher  1690-1719
  3. Benjamin Laubscher  1694-????
  4. Elizabeth Laubscher  1697-????
  5. Anna Laubscher  1697-????
  6. Jacob Loubser  1698-????


Notes about Nicolaus "Claas" Loubser SV/PROG

 

Nikolaus Lau(p)bscher, * 1651 te Fribourg, of Fräschels, Switzerland, ≈ op 1651-12-21 in die Gereformeerde kerk te Kerzers, Switzerland. Getuies by die doop – Niklaus Jöcchev, Margaret Rubli & Hans Mader. [sommige bronne sê * 1645], Die doopbewys van Nicklauss [Nikolaus] Laupscher is wel bevestig. [Vergelyk ook:http://af.wikipedia.org/wiki/Nikolaus_Laubscher]

Hy kom in die jaar 1676 of 1677 in die Kaap aan. [volgens C C de Villiers in sy “Geslacht-register der Oude Kaapsche Familien”, Deel 2, Kaapstad 1894, bl. 247] Burger te Stellenbosch waar sy beroep hier aan die Kaap boer en wamaker was. Dit is waarskynlik eerder 1676 toe ons die eerste keer van hom kennis neem, toe hy‘n eiendom wou aanskaf.

Hy [naam aangegee as Claes Loopser] trou op 1685-12-16 te Stellenbosch (Kaapse kerk) met Engeltje Quint, gebore c 1662 te Leersum, Gelderland, naby Utrecht, gedoop 1668-11-09. Sy is deur die Rotterdamse Kamer as driejarige weesmeisie gedurende 1665 na die Kaap gestuur. Hier aan die kaap gebruik sy die naam Engela. Sy was die dogter van“een Hugonoot”: Edouard Quint en Willemiena Verwey. Engeltjie hertrou op 1721-08-10 met Jan Tempel, ‘n “Adsistent van Amsterdam”. Sy sterf gedurende 1726 (64 jaar oud) te Nooitgedacht, Bottelary, Stellenbosch. Die opbrengs van haar testament (Inventaris 8/4 nr 122) is gelykop verdeel tussen die vyf seuns van haar oudste twee seuns (Jan Albert & Eduard) en haar dogter (Aletta). Volgens die Inventaris besit sy o.a. die plaas “Geduld” in die Stellenbosch-distrik. Agt kinders is uit die huwelik met Nikolaus gebore, waarvan net die oudste twee seuns, Jan Albert en Eduard,‘n Laubscher-nageslag nagelaat (sewe kleinkinders) het. Hulle het ook drie kleinkinders by hulle oudste dogter; 10 kleinkinders in totaal dus.

Hy † 1721, ongeveer 70 jaar oud. Hy kan onmoontlik op 1719 gesterf het, soos soms aangetoon word, aangesien sy testament geregistreer is 1721-03-07 en ons neem aan hy het self die kruis onder aan sy testament aangebring. Die Inventaris 8/4 no 35, is gedateer 1721-12-31. Daar word nêrens gemeld waar hy begrawe is nie, maar dit is met redelike sekerheid bekend dat hy aan huis van die weduwee van sy oudste seun, Jan Albert, naamlik Sibilla Laubscher, op die plaas Nooitgedacht, Bottelary oorlede is.

Hulle kinders was:

b1 JanAlbert Laubscher [sy pa word aangegee as Klaes Louwbster][vgl transkripsie] - die dominee van Stellenbosch het die van gespel: Lobsser en Loubsser by die doop van sy kinders, ≈ 1686-09-29 te Kaapsekerk, † 1719 (oud 33, vooroorly sy ouers) op Nooitgedacht, Bottelary Stellenbosch. Hy het blykbaar later sy naam verander na Johannes Albertus. Hy was lid van die Heemraad van Stellenbosch. Volgens dr Ockert Malan is hy kort nadat hy Nooitgedacht gekoop het, oorlede en moontlik in die kerkhof by die eerste kerkie aan kerkstraat in Stellenbosch (ongeveer waar die Oude Werf tans is), begrawe. Die inventaris van sy boedel, gedateer 1720-03-16, bestaan oa uit: die plaas Nooitgedacht, waarde 9000 gulde; en die plaas De Fontuijn aan die Hottentots Holland Kloof, waarde 1100 gulde. Hy trou op1714-10-18 te Stellenbosch [vgl:http://eggsa.org/] toe hy 28 jaar oud en sy 21 jaar was, met Sibella Pasman (b3), ≈ 1693-08-09, † 1778-03-31 [vgl: Ockert Malan se foto's op eGGSA] op Nooitgedacht, Bottelary of Stellenbosch. Vier kinders is uit die huwelik gebore met 38 kleinkinders.

b2 Eduard(t) [ Egbert/Evert] Laubscher, (Loubser^), ≈ 1688-06-13 te Kaapse kerk, [vgl transkripsie: Eodem dito (13 Junii) is een kind gedoopt en genaamd Egtbert waar van vader is Claas Loepser, moeder Engeltie Quinz, eGGSA.org. † 1717 (oud 29, vooroorly sy ouers). Hy het waarskynlik vir sy pa geboer op die plaas Koeberg. Volgens die inventaris van sy boedel, MOOC 8/3 63, gedateer 1717-07-05 was hy die eienaar van 'n halwe deel van 'n plaas (tans nog onbekend), waarde 1500 gulde. Geen testament of enige koopaktes of huurtransaksies in sy naam kon opgespoor word nie. Dus ook nie `n handtekening van hom nie. Hy trou op 1707-09-19 (op 17 jaar) Kaapse kerk [vlg: https://familysearch.org/]naam aangegee as Evert Loubser, met Hilletje Olivier (a2/b10), † 1765-12-10 te Kaapstad, D/v Ockert Corneliszoon Olivier (van Ouwerkerk in Nederland, en Aletta of Alitie Verwey (van Woerden in Nederland). Drie kinders is uit die huwelik gebore, wat hul aanvanklik hoofsaaklik aan die Weskus gevestig het. Een en twintig kleinkinders.

b3 Aletta, ≈ 1690-09-10 te Kaapstad [vgl transkripsie: http://www.eggsa.org/sarecords, † (voor?) 1719-08-03, (oud 28, vooroorly haar ouers). Sy trou met Simon Faasen (a) van Dordrecht, Nederland, op 1704-09-14 te Kaapse kerk [vlghttps://familysearch.org/]. Drie Faasen-seuns: Nicolaas, ≈ 1707-09-04 Kaapse kerk [vgl: https://familysearch.org/], sy ma se naam word opgegee as Alida en sy oupa Nicolaas Lopser en ouma Engela is getuies. ; Johannes Josua, ≈ 1710-07-15 Kaapse kerk, [vgl: https://familysearch.org/] ; Nicolaas Lodewÿk, ≈ 1715-09-08, [vgl: https://familysearch.org/]. Die oudste seun kom nie in die Faasen register voor nie moontlik a.g.v. van die Alida naam wat moes wees Aletta. Sommige bronne dui aan dat sy xx met Jan Mostert.

b4 Benjamin Laubscher, ≈ 1694-08-01 te Kaapse kerk. [vgl transkripsie: Den 1 August: een kind gedoopt, de vaeder Claes

Laubster, moeder Engeltje Quint, [http://www.eggsa.org/sarecords/]. Jonk dood.

b5 Elizabeth, ≈ 1697-06-16 te Kaapse kerk. (Tweeling?) [Hierdie twee dogters se doopinskrywing kan gesien word by:https://familysearch.org/ , Elizabeth se naam word eerste genoem. Jonk dood.

b6 Anna, ≈ 1697-06-16 te Kaapse kerk. (Tweeling?) Jonk dood.

b7 Jacob Laubscher, ≈ 1698-09-01 te Stellenbosch. Jonk dood.

b8 Jan Josua Laubscher, oorlede voordat hy gedoop is.

b9 Nicolaas Lodewyk Laubscher, oorlede voordat hy gedoop is .

(met erkenning aan Johan Loubser en Melt Loubser)

Bydrae: Melt Loubser, (XXXXX@XXXX.XXX)

Do you have supplementary information, corrections or questions with regards to Nicolaus "Claas" Loubser SV/PROG?
The author of this publication would love to hear from you!


Timeline Nicolaus "Claas" Loubser SV/PROG

  This functionality is only available in Javascript supporting browsers.
Click on the names for more info. Symbols used: grootouders grandparents   ouders parents   broers-zussen brothers/sisters   kinderen children

With Quick Search you can search by name, first name followed by a last name. You type in a few letters (at least 3) and a list of personal names within this publication will immediately appear. The more characters you enter the more specific the results. Click on a person's name to go to that person's page.

  • You can enter text in lowercase or uppercase.
  • If you are not sure about the first name or exact spelling, you can use an asterisk (*). Example: "*ornelis de b*r" finds both "cornelis de boer" and "kornelis de buur".
  • It is not possible to enter charachters outside the standard alphabet (so no diacritic characters like ö and é).



Visualize another relationship

The data shown has no sources.

Matches in other publications

This person also appears in the publication:

Historical events

  • Stadhouder Prins Willem III (Huis van Oranje) was from 1672 till 1702 sovereign of the Netherlands (also known as Republiek der Zeven Verenigde Nederlanden)
  • In the year 1685: Source: Wikipedia
    • February 6 » James II of England and VII of Scotland is proclaimed King upon the death of his brother Charles II.
    • February 20 » René-Robert Cavelier establishes Fort St. Louis at Matagorda Bay thus forming the basis for France's claim to Texas.
    • May 7 » Battle of Vrtijeljka between rebels and Ottoman forces.
    • June 20 » Monmouth Rebellion: James Scott, 1st Duke of Monmouth declares himself King of England at Bridgwater.
    • July 6 » Battle of Sedgemoor: Last battle of the Monmouth Rebellion. troops of King James II defeat troops of James Scott, 1st Duke of Monmouth.

About the surname Loubser

  • View the information that Genealogie Online has about the surname Loubser.
  • Check the information Open Archives has about Loubser.
  • Check the Wie (onder)zoekt wie? register to see who is (re)searching Loubser.

The Dreyer Tree publication was prepared by .contact the author
When copying data from this family tree, please include a reference to the origin:
Hendrik Dreyer, "Dreyer Tree", database, Genealogy Online (https://www.genealogieonline.nl/dreyer-tree/I2481.php : accessed December 6, 2025), "Nicolaus "Claas" Loubser SV/PROG (1645-1721)".