Jonker Family Tree » Louis /van Bengale SV SV/PROG (± 1652-± 1716)

Personal data Louis /van Bengale SV SV/PROG 

  • He was born about 1652 in BengalIndia.
  • He was baptized on May 5, 1675 in NGK Kaapstad.
  • He died about 1716Cape Town, South Africa.
  • This information was last updated on February 5, 2015.

Household of Louis /van Bengale SV SV/PROG

He is married to Lijsbeth Sanders.

They got married on March 17, 1687.


Child(ren):

  1. Lijsbeth Louisz  ± 1680-± 1762
  2. Anna Louisz  ± 1685-????
  3. Maria Louisz  1686-± 1710 


Notes about Louis /van Bengale SV SV/PROG

"http://www.w3.org/TR/xhtml1/DTD/xhtml1-transitional.dtd">
http://www.w3.org/1999/xhtml" xml:lang="en" lang="en">





Louis (Louijs, Lowijs) van Bengale land as jongslaaf op 2 April 1662 met die skip
Angelier saam met Commandeur Zacharias Wagenaer van Batavia aan die Kaap.




Wagenaer het vyf slawe na die Kaap gebring. Maria de Buquoij, stiefdogter van Wagenaer
verkoop Louis (hy was toe omtrent 14 jaar oud) aan secunde Hendrik Lacus vir Rds 80.
Lacus het 'n drankprobleem gehad en het ook sy vrou aangerand. Louis het verklaar dat
hy gesien het "dat hij, Lacus, zijn vrou, hij dronken zijnde, veeltijs sloeg en smeet als zeer
qualijk bejegende". Toe Lacus van bedrog beskuldig is, het Isbrandt Goske wat die Kaap as
Kommissaris besoek het, in 1671 vir Louis die kans gegun om sy vryheid te koop. In April
1672 kon Louis dit nog nie bekostig het nie, maar op 13 April 1672 word Louis se versoek
by die Politieke Raad ingedien. As Louis 50 reale van 8 betaal het, stem hulle dat hy dan
sy reg tot vryheid mag kry.




Louis word op 5 Mei 1675 as 'n volwassene ('out omtrent drij en twintig jaar') in Kaapstad
gedoop, maar word eers in 1697 'n lidmaat van die kerk. Hy ontvang ook 'n stuk grond in
die Tafelvallei in 1675. Hierdie stuk grond het in die noorde aan Jan van Oldenrijck, en in
die suide aan die van Anthony van Bengale gegrens. Louis bekom op 1 September 1676 'n
erf in Bergstraat (nou Georgestraat), waarop hy drie jaar later reeds 'n huis gebou het.
Later boer hy in Jan de Jonkershoek op sy plaas Leef-op-Hoop, 'n plaas waarvan die
erfbrief op 15 Oktober 1692 opgeteken is.


Louis word September 1680 met Rds 4 beboet in omdat hy sonder 'n permit hout gekap
het.


Sy eerste vrou was 'n khoi-khoi met die naam Zara. 'n Argivale verwysing, gedateer 31
Oktober 1667, dui daarop dat Lacus die volgende persone in diens gehad het: "zijn slaaf
genaemt Louijs, ende zijn huijsvrouw d' Hottentotinne Zara"




Die volgende verskyn in die Resolusies van die Politieke Raad. C. 13, pp. 61-66:
"Woensdagh 14 Julij ao. 1678.

Den vrijje swart, louwis van Bengale, te kennen gevende dat den baes timmerman Adriaen
van Brakel, in conformite van het besluijt van den Gouverneur en Raadt de dato wegens 't
geene desselffs slavin hem hadde ontvreemt, niets wilde toevoegen en gevolghlijck geen
accordt met hem conde aangaen, Soo is daarop geresolveert, soo hij kan doen blijcken sijn
pretentie rechtmatigh te wesen, dat de gemelte slavin ten behoeve van de g'interesseerde
sal werden verkogt, mits dat den eijgenaer daertoe consent draagt off andersints hem te
vrede stelt".




In 1680 het Louis die slavin, Lijsbeth, die dogter van twee slawe gekoop.

(Volgens Karel Schoeman was haar ouers - Abraham en Pladoor van Guinea, maar volgens
Mansell Upham was haar moeder heel moontlik Lijsbet van Angola).



In 1683 word Lijsbeth en haar twee kinders deur Louis vrygestel, en in die dokument staan
daar onder andere die volgende geskryf: "mijn meijt genaemt Lijsbeth van de Kaap".
Sover ons weet was minstens een van hierdie twee kinders 'n kind van Louis. Haar naam
was Elizabeth, en met haar doop in 1680 was die slavin Groot Armosyn die getuie.




Louis het in 1685 ook 'n kind met die naam van Anna by Maria van de Kaap gehad.




Louis en die voormalige slavin, Lijsbeth van de Kaap, lê in 1687 voor die Landdros en
Heemraad die troubelofte af. Kort hierna het Lijsbeth 'n verhouding met hulle 56 jarige
Engelse kneg en veewagter, Willem Teerling, gehad. Later was Lijsbeth blykbaar swanger
met die kind van Teerling en het sy vir Louis verlaat.





Louis het Teerling voor die hof gedaag, maar nie soos verwag kan word aangaande sy
verhouding met Lijsbeth nie. Teerling is daarvan beskuldig dat hy nalatig was met sy
toesig oor Louis se plaasdiere. Volgens die beskuldiging het 'n tier een nag 25 skape
doodgebyt, 'n wolf het 'n koei en 'n kalf doodgemaak, en twee morg koring was ook deur
die beskuldigde verwaarloos. Teerling het na bewering ook 8 hoenders, en daarna nog 'n
verdere 8 hoenders, sonder die toestemming van Louis geneem. Hy is ook daarvan
beskuldig dat hy twee komberse en vyf kussings geneem het, en dat daar 'n verlies aan
vrugte en die verlies van ses weke se botter en melk was.





'n Paar maande later beskuldig Louis vir Teerling dat hy 'n verhouding met sy vrou, die
slavin Elisabeth (Lijsbeth), gehad het. Elisabeth het erken en verklaar dat sy swanger met
'n kind van Teerling was. As vonnis ontvang Teerling 2 maande harde pad (tronkstraf), en
word hy ook op 19 April 1687 beveel om skadevergoeding van 450 gulden te betaal, asook
'n boete vanr Rds 25 omdat hy Louis se vrygestelde slavin Lijsbeth verlei het.





Louis vra in 1687 dat hy van Lijsbeth kon skei weens 'afwesigheid' en dat sy weer 'n slaaf
gemaak moet word. Een van die redes wat hy aanvoer het is dat sy met Evert van Guinee
en sy vrou, wat haar groot gemaak het, baklei. Sy beskuldig toe vir Louis van
mishandeling 'met smijten en slaan en dreijgementen van doden'. Die Raad van Justisie
het toegelaat dat die huwelik ontbind word, maar hulle het nie toegestem om vir Lysbeth
weer 'n slaaf te maak nie, want Evert en sy vrou en dogters was bekend vir hulle "quade
en oneerlijcke huijshouding". Lijsbeth en Louis se kinders sou by Louis bly, maar die
jongste kind moes nog vir 'n jaar deur Lysbeth opgevoed word, en Louis moes 25 gulden
onderhoud vir haar betaal.





Lijsbeth word in 1696 beskuldig van diefstal van juwele wat aan Jacob Cornelissen van
Bengale behoort het. Lijsbeth lewe hierna saam met die Duitser Jan Herbst (Herfst), en sy
staan voortaan as Lijsbeth Sanders bekend.





Die derde keer trou hy op 21 Maart 1694 met die 'vrijmaegt' Rebekka van Macassar. Sy
was 'n Christen en blykbaar 'n lid van die kerk in Batavia.





Louis van Bengale het 'n slaaf, Anthonie van die Kus van Koromandel gehad. Hierdie slaaf
van hom het egter in 1681 weggehardloop. Nadat Lijsbeth hom verlaat het, koop Louis vir
Matthijs van Java vir Rds 35t. Louis verkoop sy slaaf Matthijs van Mallabar (33 of 34 jaar
oud) op 25 Okotober 1689 aan Abraham de Hertog Provoost, vir Rds 30 (heel moontlik is
dit dieselfde slaaf) vir 'n verlies van Rds 5. Louis se handtekening verskyn in die dokument
as L VB (met die V en B aanmekaar). Sien Boeseken p. 113.


Volgens Heese p. 12 het Louis drie dogters by Lijsbeth gehad. Sover vasgestel kon word,
het Lijsbeth ook twee ander dogters by blanke mans gehad.


{geni:about_me} Reference [http://www.e-family.co.za/ffy/g6/p6129.htm The First Fifty Years Project]

==Louis van Bengale==

'''Born''' c.1653 Bengal

'''Baptised''' 5 May 1675 at Nederduitsch Gereformeerde Kerk, (Cape Town), de Caep de Goede Hoop, the record describes him as “Een bejaert Persoon en vrij jongman zijnde een Benguall van natij, out omtrent drij en twintig jaar”.

Louis van Bengale and Lijsbeth Sanders were were in a relationship circa 1678

He and Maria van der Kaap were in relationship in 1679

He married '''Rebecca van Makassar''' on 21 March 1694 at Nederduitsch Gereformeerde Kerk, (Cape Town)

Refer to TFFY for full details

'''Family'''

Lijsbeth Sanders b. c 1659, d. c 1743

'''Children'''

* Elizabeth Louisz bapt 6 Oct 1680
* Anna Louisz bapt 1 Apr 1685
* Maria Louisz bapt 10 Feb 1686
{geni:marriage_order} 1

Do you have supplementary information, corrections or questions with regards to Louis /van Bengale SV SV/PROG?
The author of this publication would love to hear from you!

Ancestors (and descendant) of Louis /van Bengale SV

Louis /van Bengale SV
± 1652-± 1716

1687

Lijsbeth Sanders
± 1659-± 1743

Lijsbeth Louisz
± 1680-± 1762
Anna Louisz
± 1685-????
Maria Louisz
1686-± 1710

With Quick Search you can search by name, first name followed by a last name. You type in a few letters (at least 3) and a list of personal names within this publication will immediately appear. The more characters you enter the more specific the results. Click on a person's name to go to that person's page.

  • You can enter text in lowercase or uppercase.
  • If you are not sure about the first name or exact spelling, you can use an asterisk (*). Example: "*ornelis de b*r" finds both "cornelis de boer" and "kornelis de buur".
  • It is not possible to enter charachters outside the standard alphabet (so no diacritic characters like ö and é).



Visualize another relationship

The data shown has no sources.

Matches in other publications

This person also appears in the publication:

Historical events

  • Stadhouder Prins Willem III (Huis van Oranje) was from 1672 till 1702 sovereign of the Netherlands (also known as Republiek der Zeven Verenigde Nederlanden)
  • In the year 1675: Source: Wikipedia
    • March 4 » John Flamsteed is appointed the first Astronomer Royal of England.
    • August 10 » The foundation stone of the Royal Greenwich Observatory in London, England is laid.
    • August 11 » Franco-Dutch War: Forces of the Holy Roman Empire defeat the French in the Battle of Konzer Brücke.
    • October 29 » Leibniz makes the first use of the long s (∫) as a symbol of the integral in calculus.
    • November 2 » Plymouth Colony governor Josiah Winslow leads a colonial militia against the Narragansett during King Philip's War.
    • November 11 » Gottfried Leibniz demonstrates integral calculus for the first time to find the area under the graph of y = ƒ(x).
  • Stadhouder Prins Willem III (Huis van Oranje) was from 1672 till 1702 sovereign of the Netherlands (also known as Republiek der Zeven Verenigde Nederlanden)
  • In the year 1687: Source: Wikipedia
    • March 19 » Explorer Robert Cavelier de La Salle, searching for the mouth of the Mississippi River, is murdered by his own men.
    • July 5 » Isaac Newton publishes Philosophiæ Naturalis Principia Mathematica.
    • August 12 » Battle of Mohács: Charles of Lorraine defeats the Ottoman Empire.
    • September 26 » Morean War: The Parthenon in Athens, used as a gunpowder depot by the Ottoman garrison, is partially destroyed after being bombarded during the Siege of the Acropolis by Venetian forces.
    • December 31 » The first Huguenots set sail from France to the Cape of Good Hope.

About the surname SV

  • View the information that Genealogie Online has about the surname SV.
  • Check the information Open Archives has about SV.
  • Check the Wie (onder)zoekt wie? register to see who is (re)searching SV.

The Jonker Family Tree publication was prepared by .contact the author
When copying data from this family tree, please include a reference to the origin:
Philip, "Jonker Family Tree", database, Genealogy Online (https://www.genealogieonline.nl/jonker-family-tree/I6000000010759056164.php : accessed May 12, 2025), "Louis /van Bengale SV SV/PROG (± 1652-± 1716)".