Attention: Wife (Elizabeth Isabella Smit) is also his cousin.
(1) He is married to Maria Margaretha Lambrechts.
They got married on April 11, 1810 at , he was 20 years oldTulbagh, Western Cape, South Africa.
Child(ren):
(2) He is married to Elizabeth Isabella Smit.
They got married on October 7, 1816, he was 27 years old.
Child(ren):
{geni:about_me}
Inventaris van alle zodanige goederen en effecten, als door '''Theunis Kotze Dirkz:n''' en '''Maria Margarheta Coetzee''' in gemeenschap bezeeten en door eerstgem: ab intestato met er dood ontruimd en nagelaten en op heden door my ondergetekende Veldcornet en getuigen opgenomen zijn, te weten
Een leningsplaats gend: de Klipfontein gelegen aan de Lange Valleij agter de Piquet Bergen in het district Tulbagh
...
Erfgenamen
van des overledene eerste huisvrouw '''Maatje Visser'''
* Dirk Jacob:s Kotzé geboren den 28 Jann:y 1780
* Floris Kotzé geboren den 4 Jann:y 1782
* Theunis Gerh:s Kotzé geboren den 1 Mey 1784
* '''Joh:s Christ:n Kotzé geboren den 23 July 1791'''
* Anna Jacoba Kotzé geboren den 29 January 1789
* Coenraad Hend:k Kotzé geboren den 17 November 1791
van des overledenen tweede huisvrouw '''Maria Margaretha Coetzee'''
* Jacobus Kotzé geboren den 15 Maart 1794
* Gerrit Kotzé geboren den 1 Maart 1796
* Jasper Kotze geboren den 8 Maart 1798
* Martha Magdalena Kotze geboren den 8 Juny 1800
* Jan Jurie Kotzé geboren den 14 April 1810
Aldus gedaan en geinventariseerd ter bovengem: plaats op den 25 October 1821.
Als getuigen: P: Meiring, Georg Fredrik Vercueil
Daniel Lambrechts, Velt cornet
- Inventories of the Orphan Chamber Cape Town Archives Repository, South Africa Reference no.: MOOC8/36.44http://databases.tanap.net/mooc/main_article.cfm?id=MOOC8%2F36.44&freesearchkey=1821-10-25
{geni:marriage_order} 1
{geni:marriage_order} 2
"Na sy huwelik met Maria Margaretha Lambrechts, 'n dogter van veldkornet Daniël Lambrechts van Stinkfontein, het Johannes Christiaan Kotze (TH-sn) enige jare waarskynlik die plaas Theboksfontein geleë bo-op die Piketberge as deelsaaier bewoon. Hierdie plaas het aan Stephanus Smit - ab4c12 - van Misverstand behoort.
[Stephanus Christiaan Smit - gedoop: 5.10.1749
Woon: Misverstand aan die Bergrivier
Getroud: 24.2.1771 met Elsie Sophia Burger]
In 1815 is Johannes se eggenote oorlede en op 7.10.1816 hertrou hy met Elisabeth Isabella Smit.
Die volgende jaar het hy benede die berg die reeds goed bekende plaas De Vaderlandsche Riet Kloof, later bekend as Platkloof, van die bejaarde vrygesel Johannes Ras gekoop en in 1817 sy intrek daar geneem. Eintlik val Platkloof buite die Sandveld - slegs 'n gedeelte daarvan bestaan uit sanderige veld. Die res is hardeveld wat dit 'n goeie saaiplaas maak. Reeds in 1818 dui die eerste opgaaf van Jan Kotze 'n stewige graanoes aan. Sewe jaar daarna was hy 'n welvarende boer. Hy het toe 33 perde, 80 beeste en nagenoeg 450 kleinvee besit en 20 mud koring, 12 hawer, 5 rog en 3 gars gesaai. Die opbrengs was gesamentlik by die 450 mud.
In 1820 is die uitgestrekte veldkornetswyk van Daniël Lambrechts in twee wyke verdeel. Voorheen het dit die gebied ten suide en ten weste van die Piketberge tussen die Benede-Bergrivier en die Verlorevlei ingesluit. Die strook langs die noorderoewer van die Bergrivier, ongeveer twintig kilometer breed, van Wittewater (naby die huidige Moravia- spoorwegstasie) tot aan die St. Helenabaaikus, insluitende "Dwarskarsebos", het nou die "Fieldcornetcy of Great Berg River" geword. Ongeveer 5 jaar lank het Jan Christiaan Kotze as veldkornet van hierdie streek gedien. Daarna het Albertus Barend Gildenhuis van Steenbokfontein, geleë laer af langs die rivier, die amp oorgeneem. Oor die res van die gebied is Coenraad Hendrik Kotze (J.C. se broer - e6) in die plek van Daniël Lambrechts, de oude, vir wie die werk te veeleisend geword het, aangestel. Op 5.3.1824 is die gebied tussen die Bergrivier en Verlorevlei ten weste van die Noord- suid strekkende Piketberg, onder die Kaapse distrik ingedeel.
Teen die jaar 1832 het die gedagte dat die gebied Voor- en Agter-Piketberg tot aan die seekus tot 'n afsonderlike Ng gemeente afgestig moes word, strek op die voorgrond getree. Hierdie beweging is deur Jan Kotze heelhartig ondersteun. Hy was dan ook in 1833 een van die vier diakens in die eerste kerkraad en op 2 Oktober 1841 is hy tot ouderling gekies. Op sy plaas is by geleentheid van die leraar se periodieke huisbesoekreise gereeld 'n ere- en doopdiens gehou wat ook deur gemeentelede uit die Sandveld bygewoon is.
(Piketberg-gemeente is in 1833 gestig.)
In 1834 eers het ds. Johannes Moorrees van Swartland sy eerste diens aan die suidelike voet van die Piketberge op die plaas Platkloof van diaken J.C. Kotze gehou. By die geleentheid het hy 15 kinders gedoop, die meeste van hulle uit die afgeleë en kerklik geïsoleerde Sandveld afkomstig.
Behalwe die plaas Platkloof het J.C. Kotze in die Sandveld ook grond besit. Op 30.9.1839 is aan hom en Anna Elizabeth Smit, weduwee van Johannes Fredrik Lambrechts (Danl-sn.), die plaas Harde Vallei grensende aan Steenbokfontein en Adamboerskraal en groot 3 686 morg 160 vk. roede, in erfpag toegeken. Die weduwee Lambrechts is 4 jaar later met die wewenaar Dirk Jacobus Kotze van die Kamiesberge in Namakwaland hertroud en het haar deel van die plaas aan J.C. Carstens verkoop.
Anna Elisabeth Smit -ab2c7d1e1f3
Gedoop: 27.9.1807
Getroud met: Johannes Frederik Lambrechts
Getroud met: Dirk Jacobus Kotze van Namakwaland
Op: 20.2.1843
Stam uit: Jan Smit en Adriana Tol
J.C. Kotze se gedeelte is na sy dood in 1852 aan L.F. Heydenreich oorgedra. Daarbenewens is op 30.9.1839 ook die erfpagplaas Draaij Hoek, groot 5 458 morg (in grondbrief Nr. 3 205 van 18.4.1922 gewysig tot 5 600 morg) in gelyke dele aan Jan Christiaan Kotze en sy broer veldkornet Coenraad Hendrik Kotze van Langvlei, toegeken. By die dood van eersgenoemde is die noordelike helfte van hierdie plaas aan sy seuns Jacobus Johannes (f4) en Floris (f8), wat reeds 'n geruime tyd daar gewoon het, nagelaat. Wat wyle J.C. Kotze se plaas Rietkloof (Platkloof) betref, is dit aangenaam om te boekstaaf dat die vandag na byna twee eeue nog in besit van enkele van sy nasate is."
Wat Draaijhoek-Noord betref, het die twee seuns van Jan Christiaan Kotze naamlik Jacobus Johannes en Floris aan wie hierdie plaas in 1853 oorgedra is, teen die begin van die 20ste eeu eweseer moes spook om kop bo water te hou. Jacobus Johannes is in 1905 oorlede en van 1907 af tot 1913 het sy vier seuns die gedeeltes Langdam en Soutkloof aan Theunis Erasmus Coetzee van Rooi Verlorevlei verkoop en elders heen verhuis. Floris Kotze het die restant van 1260 morg tot sy dood in 1930 behou. Die volgende jaar is dit aan Pieter Jacobus Antonius van Litsenborgh verkoop.
Johannes Christiaan Kotze | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
(1) 1810 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Maria Margaretha Lambrechts | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
(2) 1816 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Elizabeth Isabella Smit |
The data shown has no sources.