Dreyer Tree » Martinus Ackerman SV/PROG (1688-1718)

Personal data Martinus Ackerman SV/PROG 

Source 1

Household of Martinus Ackerman SV/PROG

(1) He is married to Gertruid Lambert Simondz.

They got married


Child(ren):

  1. Simon Ackerman  1714-????
  2. Johannes Ackerman  1716-1808 
  3. Lambertus Ackerman  1718-< 1719


(2) He is married to Johanna Jansen.

They got married


Notes about Martinus Ackerman SV/PROG

Marthinus ACKERMAN was van Doria in Hesse, hy was gebore in 1688. Hy trou 17 Desember 1713 met Geertruyd Lambert SIM0NSZSTAM, sy was die dogter van Lambert Simonszstam en Maria Visser

KINDERS:

b1 Johannes gedoop 5 Feb 1713 (sy moeder was Johanna Jansen)

b2 Simon gedoop 23 Aug 1714

b3 Johannes gedoop 1 Maart 1716, X 19 Jul 1739 Maria Magdalena Vierabent

b4 Lambertus gedoop 6 Feb 1718

b5 Lambertus gedoop 11 Jun 1719, X 20 Mei 1741 Sophia Wurmer weduwee van Cornelius Hector

Bronne:

Heese en Lombard

Saamgestel deur:

AM van Rensburg

Aangepaste data:-

Marthinus ACKERMAN (hy teken sy naam Martinus Ackerman) is geborein 1668 en was afkomstig van Duitsland. Sy testament van 1719 gee sy ouderdom aan as 51 en noem dat beide sy ouers oorlede is.

Sy presiese plek van oorsprong is nog nie bevestig nie. Diebestaande, gepubliseerde bronne gee dit aan as Dorla in Heese, of Oberdorla. In die monsterrolle van die Kaap word sy plek van oorsprong aangegee as Dourlag/Dourlagh/Dourlach/Doerlag. Sy huweliksinskrywing gee hom aan as Martinus Akkerman van Durlach. In sy testament van 6 Desember 1719, word genoem dat hy in Dourlag gebore is. In die VOC opvarenden gegewens is hy Maarten Ackerman uit Dorlagh.

Dit lyk dus meer waarskynlik dat hy van die plek Durlach, in die distrik Karlsruhe in die huidige Baden-Würtemburg staat van Duitsland gekom het.

Dit wil voorkom asof hy twee maalna die Kaap gekom het.

'n Maarten Ackerman van Dorlagh sluit by die VOC aan as Adelbors en vertrek op 5 Mei 1700 vanaf Nederland op die skip"Huis te Loo".

Hy arriveer aan die Kaap op 31 Augustus 1700. Die monsterrolle gee hom aan as 'n Adelbors van 1701 tot 1705. In 1705 is hy gestasioneer by die Zonquasdrif-pos aan die Bergrivier. Hy keer in 1707 terug na Europa op die skip "Bergvliet" en verlaat die VOC se diens.

Volgens die VOC records vir sy eerste tog na die Kaap, het hy 'n deel van sy loon aan twee kinders, Willimintie en Matens laat uitbetaal. Daar is geen melding van 'n eggenote nie, so dit mag wees dat sy vrou reeds oorlede was en dat die kinders by familie agtergebly het. Daar is egter nooit weer enige verwysing na hierdie kindersnie.

Op 27 Oktober 1709 vertrek 'n Martinus Ackerman van Donlage (sic) as soldaat op die skip "Mijnden" na die Kaap. Hy arriveer op 25 Maart 1710. Volgens die VOC rekords tree hy op 22 Maart 1714 uit die VOC se diens om 'n vryburger te word. Dit sluit aan by die monsterolle waar hy in 1710 weer voorkom, maar nou as soldaat. Vanaf 1712 tot 1714 word hy aangegee as 'n 'geweldiger'. Laasgenoemde was blykbaar 'n regsbeampte by die garnisoen wat omgesien het na die handhawing van tug, arrestasies en toesig oor gevangenes.

Die monsterrolle gee beide se plek van oorsprong aan as Dourlagh/Dourlag, wat die vermoede versterk dat ons van dieselfde persoon praat.

In 1715 verskyn hy in die monsterrol as vryburger met sy vrou Geertruy Lamberts.

Voor sy troue met Geertruy het hy 'n seun, Johannes, waarvan die ma Johanna JANSEN was. Hulle was nie getroud nie. Sy is blykbaar kort na die kind se geboorte oorlede.

Op 17 Desember 1713trou hy in Kaapstad met Geertruyd Lambert Simonsz STAM. Sy was die dogter van Lambert Simonsz STAM van Amsterdam en Maria VISSER, en is op 16 Januarie 1695 in Kaapstad gedoop.

Dit is nog onduidelik wat sy beroep was nadat hy 'n vryburger geword het.

Marthinus het die volgende kinders gehad:

b1. Johannes, op 5 Februarie 1713 in Kaapstad gedoop (ma Johanna JANSEN). Hy moes vroeg gesterf het aangesien 'n ouer broer met dieselfde naam gedoop is.

b2. Simon, op 23 September 1714 in Kaapstad gedoop.

b3. Johannes, op 1 Maart 1716 in Kaapstad gedoop. Hy trou in Kaapstad op 19 Julie 1739 met Maria Magdalena VIERABENT van Strasbourg, Bas-Rhin, Frankryk. Voor sy troue het hy 'n buite-egtelike kind by Elizabeth ADAMS, 'n vrygestelde slavin gehad. Hy het 6 kinders by sy vrou.

b4. Lambertus, op 6 Februarie 1718 in die Kaap gedoop.

b5. Lambertus (ook Lammert genoem), op 18 Junie 1719 in die Kaap gedoop. Hy trou in Kaapstad op 20 Mei 1741 met Sophia WURMER, weduwee van Cornelis HECTOR. Geen kinders kon opgespoor word nie.

Al Marthinus se afstammelinge kom dus van sy seun Johannes.

Volgens die VOC records is Marthinus in 1720 oorlede.

Bronne:

Saamgestel deur JH Redelinghuys, Die Afrikaner Familienaamboek - sketse en besonderhede omtrent die voorgeslagte van bekende Afrikanerfamilies, Publisitas (Edms) Bpk. Kaapstad 1954, p10.

Nationaal Archief van Nederland, Nationaal Archief webblad, http://www.nationaalarchief, VOC Opvarenden.

Testament, CJ 2600 nr. 17 gedateer 6 Xber 1719, Nasionale Argiewe, Kaapstad.

Monsterrolle van die Kaap, VC 49, Algemene monsterolle van vryburgers en vroue by die Kaap - 1715, Nasionale Argiewe, Kaapstad.

Monsterrolle van die Kaap, VC 40, Algemene monsterolle van offisiere, soldate en matrose by die Kaap - 1701-1705 en 1710 - 1714 , Nasionale Argiewe, Kaapstad.

J.A Heese en R.T.J. Lombard, Suid-Afrikaanse Geslagsregisters . Vol 1 (A-C), Raad vir Geesteswetenskaplikenavorsing, Pretoria. 1986, p21.

J. Hoge, Personalia of the Germansat the Cape 1652-1806., Published in the Archives Yearbook of South African History, 1946, p 2.

Do you have supplementary information, corrections or questions with regards to Martinus Ackerman SV/PROG?
The author of this publication would love to hear from you!


Timeline Martinus Ackerman SV/PROG

  This functionality is only available in Javascript supporting browsers.
Click on the names for more info. Symbols used: grootouders grandparents   ouders parents   broers-zussen brothers/sisters   kinderen children

Ancestors (and descendant) of Martinus Ackerman

Martinus Ackerman
1688-1718

(1) 
(2) 

Johanna Jansen
± 1772-< 1721


With Quick Search you can search by name, first name followed by a last name. You type in a few letters (at least 3) and a list of personal names within this publication will immediately appear. The more characters you enter the more specific the results. Click on a person's name to go to that person's page.

  • You can enter text in lowercase or uppercase.
  • If you are not sure about the first name or exact spelling, you can use an asterisk (*). Example: "*ornelis de b*r" finds both "cornelis de boer" and "kornelis de buur".
  • It is not possible to enter charachters outside the standard alphabet (so no diacritic characters like ö and é).



Visualize another relationship

Sources

  1. Van Emmenis Web Site, Sandra Van Emmenis, Marthinus Ackerman, February 18, 2016
    Added by confirming a Smart Match
    MyHeritage family tree
    Family site: Van Emmenis Web Site
    Family tree: 208854391-1

About the surname Ackerman

  • View the information that Genealogie Online has about the surname Ackerman.
  • Check the information Open Archives has about Ackerman.
  • Check the Wie (onder)zoekt wie? register to see who is (re)searching Ackerman.

The Dreyer Tree publication was prepared by .contact the author
When copying data from this family tree, please include a reference to the origin:
Hendrik Dreyer, "Dreyer Tree", database, Genealogy Online (https://www.genealogieonline.nl/dreyer-tree/I3847.php : accessed January 16, 2026), "Martinus Ackerman SV/PROG (1688-1718)".