Dreyer Tree » Anna Groot Henningh van Bengale SM/PROG (1672-1719)

Personal data Anna Groot Henningh van Bengale SM/PROG 

  • She was born in the year 1672 in Bengal, East Java, Indonesi.
  • She died in the year 1719 in Kaapstad, Kaap de Goede Hoop, Suid-Afrika, she was 47 years old.

Household of Anna Groot Henningh van Bengale SM/PROG

(1) She is married to Christiaan Joshua Bok.

They got married on February 5, 1713 at Nederduitsch Gereformeerde Kerk (Cape Town), de Caep de Goede Hoop, she was 41 years old.


Child(ren):

  1. Michiel Bok  1702-1737 
  2. Catharina Bok  1705-1767
  3. Anna Bok  1708-1788 
  4. Christian Bok  1714-????
  5. Clara /Bok Bock  1716-1797


(2) She is married to Hans Casper Geringer.

They got married.


(3) She is married to Darius van Bengale.

They got married.


Child(ren):

  1. Maria Groothenning  1703-1732


Notes about Anna Groot Henningh van Bengale SM/PROG

 


NNA(GROOTHENNING)VAN BENGALE.


Sy kom na die Kaap as slavin vanaf Indie, en word die slavin van die bakker Hans Casper Geringer.


Die geskiedenis van Anna as slavin is naspeurbaar danksy die feit dat die VOC 'n reeling gehad het dat slawetransaksies in die teenwoordigheid vantwee getuies en 'n kompanjiesamptenaar opgeteken moes word.77 Geskiedkundiges soos Boesieken78 en Hattingh79 het ook groot werk gedoen deur die duisende slawetransaksies aan aan die Kaap te boek te stel. Boesieken80 meld dat Anna van Bengale op 5 Junie 1698, toe 22 jaar oud, deur die skipper Cornelis Keeleman van die skip Spiegel aan Gerrit Meyer verkoop is vir 54 Rds. Meyer het in 1693 vanaf Nederland gekom, en is getroud met Susanna Costeux, 'n dogter van Franse vlugtelinge. Meyer se kinders, met geboortedatums, was as volg: Hendrik (12 September 1694), Susanna Margaretha (1695 of 1696), Elsabe (31 Maart 1697) en 'n laatlammetjie, Jesias Engelbert (6 September 1733).


Op 20 Julie 1702 is Anna deur Jan Laurentz aan Christiaan Weinock verkoop. Sy is toe in die Transportakte vermeld as 26 jaar oud. Dit was 'n jaar nadat Laurentz met Woutrina Mostert in die eg getree het op 1 Mei 1701, en 'n eersteling in die huwelik gebore is op 30 April 1702. Christiaan Weinock het op 20 Desember 1702 'n erf in Tafelvallei, aangrensend aan kerkplein, gekoop.


Weinock het in 1703 sy totale eiendom aan Jan Laurentz verkoop, en dit moes toe gewees het dat Anna die eiendom van Geringer geword het. Ek maak die afleiding dat die Laurentz- huishouding om


74 NCD Band 2/3, Verw. 10. 
75 KAB CJ Band 2908, Verw. 86.
76 CJ. pp. 230 ff. Nr. 24: Hoge, Personalia.
77 Cairns, 1983, p. 22. 
78 Slaves and free Blacks 
79 Addendum.
80 Slaves and free Blacks, p. 185.


een of ander rede nie vir Anna wou terugneem nie. Geringer het op daardie stadium eiendom in Heerestraat, Tafelvallei, besit sedert 17 April 1701.Volgens die geboortedatum van haar en Geringer se kind inoes sy toe reeds swanger gewees het.


Hierdie samestelling van Anna se geskiedenis bevat twee vermiste skakels: die transaksie tussen Meyer en Laurentz, en die transaksie tussen Weinock en Geringer. Hattingh (81) vermeld dat daar nie baie Annas onder die slawe aan die Kaap was nie. Die vermeldings van Anna se ouderdom (1698 en 1702) maak 'n seker saak uit t.o.v. die eerste skakel, terwyl die beste sekerheid t.o.v. die tweede skakel die feit is dat Anna in 1703 alreeds aan die Kaap was. Die verkoopaktes t.o.v. die transaksie in 1703 kon ek nie opsoek nie, omdat die beampte in die aktekantoor my laat verstaan het dat die boek nie beskikbaar was nie. (Dit was Vrydagmiddag om twee- uur).


Soos dikwels in daardie tyd aan die Kaap gebeur het, het Geringer 'n buite- egtelike verhouding met haar aangegaan. 'n Kind is gebore in 1703, genoem Maria Groothenning of Maria Bock, of Maria van die Kaap. Anna Groothenning is met haar kinders in 1709 deur Geringer losgekoop uit slawerny. Sy, met haar kinders, is op 1 Januarie 1713 gedoop in die N.G. Gemeente Kaapstad. Sy trou op 5 Februarier 1713 met Geringer se vriend en vennoot, Christiaan Bok, wat drie jaar later in 1716 oorlede is. Die volgende kinders is gebore uit die verhouding tussen haar en Bock: Michiel, (1702); Catharina, (1705); Johanna (Anna), (1708); Christiaan, (1714); Clara, (1716).


Sy raak na Bock se dood betrokke in 'n buite-egtelike verhouding met Jacob Marik, volgens hofsake tussen horn en Geringer 'n geslepe bedrieër. 'n Kind, Jacob, word uit die verhouding gebore op 6 Maart 1718. Geringer is oorlede in 1719.82


Anna se dogter Anna Bok trou in 1724 met Andries Bester.


 

Do you have supplementary information, corrections or questions with regards to Anna Groot Henningh van Bengale SM/PROG?
The author of this publication would love to hear from you!

Ancestors (and descendant) of Anna Groot Henningh van Bengale

Anna Groot Henningh van Bengale
1672-1719

(1) 1713
Michiel Bok
1702-1737
Catharina Bok
1705-1767
Anna Bok
1708-1788
Christian Bok
1714-????
(2) 
(3) 

With Quick Search you can search by name, first name followed by a last name. You type in a few letters (at least 3) and a list of personal names within this publication will immediately appear. The more characters you enter the more specific the results. Click on a person's name to go to that person's page.

  • You can enter text in lowercase or uppercase.
  • If you are not sure about the first name or exact spelling, you can use an asterisk (*). Example: "*ornelis de b*r" finds both "cornelis de boer" and "kornelis de buur".
  • It is not possible to enter charachters outside the standard alphabet (so no diacritic characters like ö and é).



Visualize another relationship

The data shown has no sources.

Historical events

  • The temperature on February 5, 1713 was about 5.0 °C. Source: KNMI
  •  This page is only available in Dutch.
    Van 1702 tot 1747 kende Nederland (ookwel Republiek der Zeven Verenigde Nederlanden) zijn Tweede Stadhouderloze Tijdperk.
  • In the year 1713: Source: Wikipedia
    • February 1 » The Kalabalik or Skirmish at Bender results from the Ottoman sultan's order that his unwelcome guest, King Charles XII of Sweden, be seized.
    • March 1 » The siege and destruction of Fort Neoheroka begins during the Tuscarora War in North Carolina, effectively opening up the colony's interior to European colonization.
    • March 22 » The Tuscarora War comes to an end with the fall of Fort Neoheroka, effectively opening up the interior of North Carolina to European colonization.
    • April 11 » War of the Spanish Succession (Queen Anne's War): Treaty of Utrecht.
    • April 19 » With no living male heirs, Charles VI, Holy Roman Emperor, issues the Pragmatic Sanction of 1713 to ensure that Habsburg lands and the Austrian throne would be inheritable by a female; his daughter and successor, Maria Theresa was not born until 1717.
    • June 23 » The French residents of Acadia are given one year to declare allegiance to Britain or leave Nova Scotia, Canada.

About the surname Groot Henningh van Bengale


The Dreyer Tree publication was prepared by .contact the author
When copying data from this family tree, please include a reference to the origin:
Hendrik Dreyer, "Dreyer Tree", database, Genealogy Online (https://www.genealogieonline.nl/dreyer-tree/I2521.php : accessed December 23, 2025), "Anna Groot Henningh van Bengale SM/PROG (1672-1719)".