Dreyer Tree » Matthuys Andries de Beer SV/PROG 2 (1680-1729)

Personal data Matthuys Andries de Beer SV/PROG 2 

  • He was born in the year 1680 in Wasa, Finland/ Swede.
  • He died in the year 1729 in Cape Province, he was 49 years old.

Household of Matthuys Andries de Beer SV/PROG 2

(1) He is married to Hulsie `Hilletje` Smit.

They got married on October 24, 1705, he was 25 years old.


Child(ren):

  1. Helena de Beer  1710-1713
  2. Sameul de Beer  1711-1713
  3. Sameul de Beer  1714-????
  4. Zacharias de Beer  1719-1777 
  5. Matthuys de Beer  1721-1784 
  6. Hilletje de Beer  1726-????


(2) He is married to Maria van de Caap.

They got married


Child(ren):

  1. Getruid de Beer  1705-????


Notes about Matthuys Andries de Beer SV/PROG 2

DE BEER Matthys Andries

WRITTEN BY AM VAN RENSBURG. POSTED IN D - G

Matthys Andries deBEER, land in 1703 aan die Kaap. Hy was nie net 'n grondbesitter nie, maar ook 'n wamaker van beroep en kom van Wasa, 'n plek wat vermoedelik vandag as Vaasa bekend is. Gedurende daardie tyd het Wasa in Swede geval, maar vandag is Vaasa in Finland. Matthys word dus histories as 'n Sweed beskou. Op 24 Oktober 1705 trou hy met Hilletje SMIT, gedoop op 1 April 1691, en die dogter van Jan Smit en Adriana Tol. Hulle woon eers in Stellenbosch, maar boer later in Drakenstein.

In die eerste helfte van 1705 het Jacob van die Kus Coromandel, die slaaf van Isaac Schrijver, die 19-jarige Hilletje Smit teen sonsondergangs in Jonkershoek naby Stellenbosch voorgelê. Hy het haar probeer ompraat om omgang met hom te hê, maar sy het geweier en vir etlike ure mooigepraat om hom van sy voorneme te laat afsien. Eindelik, teen sowat tienuur die aand, het 'n burger tot haar redding gekom. Na Jacob se inhegtenisname het hy tydelik ontvlug, maar hy is weer gevang en tot die dood veroordeel. Hy is op 10 Junie gehang.

Matthys Andries de Beer het 'n buite-egtelike kind by Maria van die KAAP gehad. Hierdie dogtertjie, Geertrij, is op 8 November 1705 op Stellenbosch gedoop -- slegs 15 dae nadat Matthys en Hilletje getroud is.

KINDERS van de Beer en Hilletje Smit:

b1 Helena gedoop Paarl 1 Jun 1710

b2 Samuel gedoop 1 Nov 1711

b3 Samuel gedoop 20 Mei 1714

b4 Maria Elizabeth gedoop 4 Okt 1716, X 5 Apr 1733 Friedrich Sappel, XX Jan Adam Hartman

b5 Zacharias gedoop 5 March 1719, X 12 Mei 1743 Anna Pretorius, XX 22 Jun 1755 Maria Aletta Botma, XXX 30 Nov 1760 Dina Margaretha van Dyk. Zacharias sterf in 1777. Hy het waarskynlik 18 kinders by die drie vroue gehad.

b6 Matthys gedoop 8 Jun 1721, X 3 Sep 1747 Maria van Eeden

b7 Johanna Adrianna gedoop 6 Feb 1724, X Smit

b8 Hilletje gedoop 29 Des 1726

b9 Johannes George gedoop Jun 1729, X Jan 1754 Christina van der Merwe

Matthys sterf om en by 1730 en Hilletje (sy weduwee) trou in 1757 met Jan Georg Zorn.

’n Tweede sg. ‘de Beer’ se naam kom voor in argiefdokumente rondom die jare 1690. Dit is Louis ‘de Beer’, sy vrou Catharina, en hulle dogter, Catharina. In werklikheid was Louis egter glad nie ’n De Beer nie. Hy was Louis-Francois de Berault was ’n broer van Anne de Berault (ook soms gespel Bereau). Anne de Berault was die vrou van die Franssprekende ds. Pierre Simond. Louis de Berault het in Oktober 1688 saam met ds. Pierre Simond met die boot, Zuid Beverland, in Kaapstad aangekom. Louis de Berault was in 1691 ouderling van die Franssprekende Drakenstein gemeente en sy dogter, Catharina, is in 1691 getroud met Barend Pieterz Blom. Toe word haar naam geskryf as Catharina de Bero! Die Franse van, ‘de Berault’, is toe soms gespel ‘de Bereau’ en toe is dit verbuig (verhollands) tot ‘de Bero’ en nog later het dit soms selfs ‘de Beer’ geword. Die spelwyse ‘de Barre’ kom ook voor. In werklikheid was daar geen verwantskap met die De Beers nie.

Verwysings:
DW de Beer, "Die Plek van Herkoms van Matthys Andries de Beer, Stamvader van die de Beers in Suid-Afrika" Familia XVIII, 1981, no 4.
JL Hattingh, "Beleid en Praktyk: Die Doop van Slawekinders en die sluit van Gemengde Verhoudings aan die Kaap voor 1720", Kronos, vol 5, 1982. 
Heese en Lombard

J le Roux, SA Genealogie, no 11971. Hy verwys na SAG 1 bl. 449, asook Boucher, "French Speakers at the Cape",
bl. 273 

Saamgestel deur: 
AM van Rensburg



Do you have supplementary information, corrections or questions with regards to Matthuys Andries de Beer SV/PROG 2?
The author of this publication would love to hear from you!

Ancestors (and descendant) of Matthuys Andries de Beer

Matthuys Andries de Beer
1680-1729

(1) 1705
(2) 

With Quick Search you can search by name, first name followed by a last name. You type in a few letters (at least 3) and a list of personal names within this publication will immediately appear. The more characters you enter the more specific the results. Click on a person's name to go to that person's page.

  • You can enter text in lowercase or uppercase.
  • If you are not sure about the first name or exact spelling, you can use an asterisk (*). Example: "*ornelis de b*r" finds both "cornelis de boer" and "kornelis de buur".
  • It is not possible to enter charachters outside the standard alphabet (so no diacritic characters like ö and é).



Visualize another relationship

The data shown has no sources.

Historical events


About the surname De Beer

  • View the information that Genealogie Online has about the surname De Beer.
  • Check the information Open Archives has about De Beer.
  • Check the Wie (onder)zoekt wie? register to see who is (re)searching De Beer.

The Dreyer Tree publication was prepared by .contact the author
When copying data from this family tree, please include a reference to the origin:
Hendrik Dreyer, "Dreyer Tree", database, Genealogy Online (https://www.genealogieonline.nl/dreyer-tree/I2423.php : accessed January 7, 2026), "Matthuys Andries de Beer SV/PROG 2 (1680-1729)".