He is married to Hermina Harmenz Harmse.
They got married on October 7, 1703 at de Caep de Goede Hoop, Dutch Cape Colony (South Africa), he was 18 years old.
Child(ren):
Frederik CONRADI ook genoem: Friedrich Conrady/ Conradie. Friedrich Conradi gebore Marburg, Duitsland. Hy was 'n Herbergier, trou 7 Okt 1703, Hermina HARMENSZ, gebore Dodewaard, Gelderland, Nederland. Frederik sterf 1729. Arriveer in 1685 en was 'n burger aan die Kaap in 1685.
Heinrich CUNTZ - die CONRADIE stamvader se Duitse Oupa
Volgens 'n burgerbrief van 20.07.1627 het Heinrich CUNTZ, seun van Andreas CUNTZ, voor 1627 van Allendorf na Marburg aan die Lahnrivier gekom. Heinrich het in Ledergasse in Marburg gewoon. Hy was lid van die Lutherse kerk, en 'n bakker van beroep. In 1643 word hy voog vir die kinders van Adolf MEI. Sy kapitaal toe was toe 950 Reichsdaalders. Op 06.08.1645 is die voogskap afgegee (beëindig). In 1652 word hy stadsluitenant. Hy word in Marburg rekords uitdruklik vermeld as die seun van die gestorwe Andreas CUNTZ van Allendorf. Heinrich is tussen die jare 1653/4 in Marburg oorlede. Heinrich is op 27.09.1627 in Marburg getroud met Catharina BRAUN (Dogter van Jacob BRAUN) (sy was voorheen in Marburg op 09.12.1622 met Johann WILDNER getroud). Sewe kinders word vir die CUNTZ egpaar aangegee, waarvan die derde kind Johann Henrich CUNTZ op 07.08.163l in Marburg gebore is.
Stamvader se vader: Johann Henrich CUNTZ word ‘n CONRADI
Voorgemelde Johann Henrich CUNTZ, word uitdruklik in rekords vermeld as die seun van die afgestorwene Heinrich CUNTZ wat na Marburg gekom het. Hy was ook lid van die Lutherse kerk en het in 1657 as student aan die Marburgse Universiteit geregistreer. Johann Henrich het sy van CUNTZ na CONRADI verander rondom sy graadverkryging in Teologie aan die Universiteit van Marburg. [Die woord "CUNTZ" is in Duits 'n afkorting vir "seun van KONRAD". [verwys ‘n omvattende Duitse verklarende woordeboek]. Die “meer geleerde” Latynse vorm CONRADI het dieselfde betekenis naamlik "seun van KONRAD". Johann Henrich CONRADI was van 1669 tot 1688 'n predikant virCölbe en Wehrda - beide dorpe is teenaan die stad Marburg geleë. Hy is op 04.05.1690 in Marburg of Cölbe/Wehrda oorlede. Hierdie Johann Henrich CUNTZ/CONRADI was getroud met Anna Elizabeth SCHNEIDER, dogter van Friedrich SCHNEIDER - Die Schneiders het in Kirchhain naby Marburg gewoon. Johann en Anna se huweliksgebooie is op 22.09.1667 in Marburg opgegee. Hulle het 7 kinders gehad, waarvan die eerste kind Friedrich Henrich CONRADI was -- hy word later die stamvader van die Suid-Afrikaanse Conradies.
Hierdie stamvader Friedrich Henrich CONRADI is ongeveer 1668 in Marburg gebore, en word op 16.10.1682 in die Gimnasium (skool) in Marburg ingeskryf.
[BRON van voorgemelde Duitse herkoms van die Conradies: "Die Marburg Sippenbuch" - dit is die genealogiese geskiedenisse van Marburg bewoners sedert die jaar 1600 soos opgestel deur Kurt Stahr uit argiefstukke oor 'n periode van 16 jaar (1950-1966). Die Conradie inligting is in 1976 onttrek deur die Duitse genealoog Hans-Georg Bleibaum (erelid van die GGSA – Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika) en is in 1977 met 'n vakansiebesoek oorhandig aan die Conradie familiebond. ]
Friedrich /Conradi Conrsdij | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
1703 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
Hermina Harmenz Harmse | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
The data shown has no sources.