Hij is getrouwd met Sophia Alida de Wet.
Zij zijn getrouwd op 22 november 1789 te Cape Town, South Africa, hij was toen 26 jaar oud.
Kind(eren):
Truter gaan studeer in die regte aan die Universiteit van Leiden en behaal die graad LL.D. in 1787. Hy keer na die Kaap terug en tree in diens van die H.O.I.K.. In 1803 stel goewerneur Janssens homaan as sekretaris van die Raad van Justisie. Tydens die Bataafse bewind word hy Sekretaris van die Raad op Beleid. In 1806 begin hy privaat praktiseer aan die Kaap. In 1809 word hy aangestel as fiskaal en drie jaar later as eerste hoofregter van die Kaapkolonie. Hy beklee die pos tot en met sy aftrede in 1828 toe hy tot lid van die Raad van Advies benoem word. Hy sterf in 1845 op Rondebosch
In 1828 het ‘n groep vooraanstaande Kaapstadse burgers onder voorsitterskap van die hoofregter Sir Johannes Andreas Truter (meer bekend as Sir John Truter) in die konsistorie van die Groote Kerk byeengekom.Daar was vier predikante (NG Kerk,Anglikaanse Kerk,Presbiteriaanse Kerk en Lutherse Kerk) asook 4 ander lede teenwoordig, 2 as sekretarisse. Die doel was om ‘n omvattende opvoedkundige instelling te probeer vestig – hulle het ‘n prospektus uitgegee waarin aandeelhouers genooi is om in aandele van R20 (10 pond) te belê. Die belegging het geen wins beloof nie, maar wel ‘n pragtige akademiese toekoms!.Die 262 aandeelhouers,wat die uitgifte opgeneem het, het op 4 Junie 1829 ‘n algemene vergadering gehou waartydens daar vyftien here gekies, die “Council of Directors and Managers” van die Suid-Afrikaanse Kollege (SAKS). Sir John Truter is as voorsitter aangewys.Die Suid-Afrikaanse Kollege het op 1 Oktober 1829 met 3 professore en 115 studente begin wat in 1918 die Universiteit van Kaapstad met eie grondwet geword het.
Sir John was ‘n vermoënde man wat verskeie plase in die Hermanus gebied (Walker Bay ) besit het .Hy het benewens sy opgang in die regswese ook sterk leiding geneem in opvoedkundige- en kerksake Hy is in 1845 in die ouderdom van 81 jaar oorlede en is voor die Groote Kerk Kaapstad begrawe – sy vrou (LadySophia Truter) is in 1849 oorlede.
Hy word beskou as vader en stigter van die NG gemeente Wynberg, wat in 1829 gestig is as slegs die derde NG gemeente in die Kaapse Skiereiland. Dit was Truter wat toestemming by die kerkraad van die NG gemeente Kaapstad en die goewerneur gekry het om die nuwe gemeente op Wynberg te stig omdat lidmate nie gereeld die tog na die Groote Kerk kon aflê om dienste daar by te woon nie. Hy was destyds ook verteenwoordiger van die regering in die Kerk se Sinode[2]. Die grond vir die kerkgebou is op 3 Maart 1831 toegestaan mits bouwerk binne nege maande begin en binne 'n verdere nege maand voltooi kon word. Truter lê die hoeksteen van die kerkgebou op 24 Maart1831. Sir Lowry Cole, goewerneur, het die verrigtinge bygewoon soos trouens ook die inwyding van die kerk op Sondag 20 September1832
In 1843 trou Johanna Hendrina Truter, ‘n kleindogter van Sir John, met Andries Dreyer,boer van Tygerhoogte,Philadelphia. Uit die huwelik is 11 kinders, 8 seuns en 3 dogters, gebore.
Of interest was that Truter was Deputy Grand Master for South Africa of the Order of Freemasons (Netherlands constitution
In ‘n opstel deur Casper DREYER b3c2d4e?? (van Hermanus) verwys hy na ’n boek VILLAGE OF THE SEA (The story of Hermanus), deur Arderne Tredgold waarin sy as volg vertel (bl 16):
“Among other people who had become interested in its (Walker Bay’s) north-eastern corner, which was then in the district of Swellendam, was the Chief Justice of the Cape, Sir Johannes Andreas Truter, who owned several farms in the Klein River Valley”.
Sir John voeg met verloop van tyd ses omringende plase tot die landgoed by insluitend Zilvermijnsbosch, Wolwe Fonteijn, Spring Fonteijn en Middel Berg. In 1831 verkoop hy alles aan die Anglo-Indiese Majoor Samuel Parlby; “in all 3493 morgen of freehold and 5874 morgen of perpetual quitrent. For this Parlby paid£2000, or 80 000 Cape guilders.” Dinge tussen Parlby en Truter loop metteryd lelik verkeerd en Parlby verkla vir Truter by die regering oor beweerde wanadministrasie van die fondse van die Weeskamer – ’n klag wat blykbaar nie sonder gronde was nie. Village Life August/September 2007: “The level of corruption in Cape Town’s administration may be judged from one historian’s account of Sir John Truter who was the President of the Orphan Chamber ... and in this capacity he agreed to lend himself and his family some 51 000 rix-dollars (approx 20 000 pounds) though he must have known that he never could – and, indeed, never did – repay them. Any anxiety which Sir John might have felt on this score was no doubt considerably alleviated by the thought that he was also President ofthe Court of Justice and thus empowered to deliver the final judgment on any case that he brought against himself!” (J Peires 1989 “The British at the Cape”, in The Shaping of South African Society). Parlby se klag het dan juis daarom gesentreer dat “an undue ... influence in the disposal of the Orphan Chamber funds” daartoe gelei het dat Kaptein Robert Stanford die Kleine Rivier eiendom kon bekom het - waar die huidige Stanford vandag staan.
Casper DREYER b3c2d4e?? vertel verder dat Sir Johannes destyds aan die Kaap bekend gestaan het as Sir John (sterk Engelse invloed veral na 1820). Gebore in 1763 in Kaapstad, het hy in die regte in Leyden gaan studeer. Hyvoltooi sy doktorale tesis in 1787 en keer in dieselfde jaar terug na Kaapstad in ‘n pos met die Verenigde Oos Indiese Kompanjie. Volgens Lord Charles Somerset was Truter “a dignified, able man of sound judgment and exceptional ability.” Hy was nie alleen die eerste hoofregter (1813 -1827) van die Kaapkolonie nie, maar het ook ‘n leidende rol gespeel in opvoedkundige en kerksake. Die gedenkkoevert uitgegee met die 150ste herdenking van die bestaan van die Universiteit van Kaapstad en SAKS skets die ontstaansgeskiede
In 1828 het ‘n groep vooraanstaande Kaapstadse burgers, onder voorsitterskap van die Hoofregter in die konsistorie van die Groote Kerk byeengekom. Die groep se doelstelling was om ‘n atheneum van omvattende opvoedkundige bestek te vestig. Daar was vier predikante, wat die Nederduits Gereformeerde Kerk, die Anglikaanse Kerk, die Presbiteriaanse Kerk en die Lutherse Kerk verteenwoordig het, asook vier leke-lede waarvan twee as sekretarisse opgetree het. Een van die leke het namens die Rooms-Katolieke gepraat. Hulle het ân grootse prospektus uitgegee waarin aandeelhouers genooi is om in aandele van £10 te bele op voorwaardes wat nie veel hoop vir ân wins gebied het nie.
Op 4 Junie van die volgende jaar het ân algemene vergadering van die 262 aandeelhouers wat die atheneum-uitgifte opgeneem het, vyftien here gekies wat die “Council of Directors and Managers” van die Suid-Afrikaanse Kollege sou uitmaak. ‘n Week later het die raad byeengekom en die hoofregter, Sir John Truter, as voorsitter aangewys. Op 1 Oktober 1829 het die Suid-Afrikaanse Kollege met 3 professore en 115 studente begin, en in 1918 het dit die Universiteit van Kaapstad, met sy eie grondwet, geword
In 1820 word Truter tot ridder geslaan uit erkenning vir sy dienste as Hoofregter – die eerste gebore Suid-Afrikaner om so vereer te word. Hy tree in 1828 af en vestig hom in Rondebosch terwyl hy dikwels sy plaas aan die Kleine Rivier besoek wat hy in 1813 van die Brand-familie gekoop het.
Sir John en Lady Truter is by die Groote Kerk in Adderleystraat, Kaapstad begrawe.
, Sir Johannes Truter, was de eerste hoofrechter van de kaap Kolonie, ‘n man die aan diepe rechtsgeleerdheid innige godsvrucht paarde. Hij verteenwoordigde de regering als Kommissaris-politiek in1824 bij de eerste en ook bij een latere synodale vergadering, en stelde groot belang in allerlei werkzaamheden van liefdadigheid en barmhartigheid en bij name in de Wijnbergse gemeente, waarvan hij lidmaat was. De pas overleden broeder gaf vroeg in zijn leven blijken dat hij een wandelaar was op ‘t pad van geloof en godsvrucht van zijn voorouders en vooral ook van zijn moeder. Hij diende toe hij nog zeer jong was, de gemeente Philadelphia als diaken, en later, toen hij naar de Noorder Paarl verhuisde, in de gemeente aldaar als diaken en ouderling. Hij was een man met ‘n helder doorzicht in zaken, en naar zijn oordeel werd dikwels gevraagd en gehandeld. Hij nam het leven ernstig op en deed alles, wat hij kon, met getrouheid, en hoewel hij van jongs af aan hartkwaal lijdende en dus nooit eigenlik sterk was, openbaarde hij steeds een blijmoedige gezindheid en wist hij anderen en zichtzelf op te beuren met stichtelike vertelling uit de schat zijns harten. Hij berekte de ouderdom van 76 jaren en zal door zein familie en gemeente lang gemist worden. De gedachtenis der rechtvaardigen zal tot zegening zijn!
Kaapstad A.D. (Andries Dreyer – argivaris)
grootouders
ouders
broers/zussen
kinderen
` John `Johannes Andreas ~` Andries~ Truter | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
1789 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Sophia Alida de Wet | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
De getoonde gegevens hebben geen bronnen.