Zij is getrouwd met Johannes Bresler.
Zij zijn getrouwd op 13 september 1761 te Cape Town, South Africa.
Kind(eren):
Die dogter van die stamouers Johannes Augustus en Sara Van Wyk, Sara DREIJER (b2) is volgens die Ancestral Files (AFN: 1R70-38H) gebore in ongeveer 1740 (tussen 1722 en 1726?) en op 13 Sept 1761 inKaapstad getroud met Johannes BRESLER wat in ongeveer 1735 in Hesse-Kassel in Duitsland gebore is. (Uit Personalia of the Germans at the Cape, 1652 – 1806 deur Dr. J. Hoge) (Argief-jaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis) (Res. of Cape Church Council of 6.11.1752; GMR 1753-71; Test. O.C. 20: 60; CJ 1087: 10; G.R. nr. 58.) Bresler kom in 1752 in die Kaap aan in diens van die VOC. Hy werk as “joiner” aan die bou van die nuwe orrel van die Groote Kerk tot 1753 en as “master house-carpenter” van 1754 tot 1755. Van 1758 tot 1761 is hy konstabel en later is hy in diens van die brandweer (“extra-ordinary pyrotechnist 1762-73”).
Bresler is op 13 Okt 1773 aan dieKaap oorlede.
J. Hoge, Die geskiedenis van die Lutherse kerk aan die Kaap (Cape Town: Cape Times Ltd., 1938), p. 111n47, noem dat Thomas Frederik Dreyer en sy swaer Johannes Bresler (Sara se man) in 1771 ontmoet het met lede van ’n Deense missie op pad na Tranquebar (oftewel Tharangambadi, ’n Deense kolonie in Tamil Nadu, India, 1620-1845). Die Breslers het blybaar nog jare daarna met een van hulle, Christoph Samuel John, gekorrespondeer. "Briewe van hom aan Johannes Bresler en sy vrou uit 'n periode van oor die twintig jaar het ons onder onkatalogiseerde stukke van die Weeskamer in die Kaapse Argief ontdek, briewe wat in meer as een opsig interessant is." (Kan hierdie briewe nog gevind word?)
In die Argief uittreksels op die eGGSA webtuiste is daar die volgende inskrywing:
“Sara Dreijer: widow of the Pyrotechnist extraordinary, Johannes Bresler, asks for a houseplot behind the New Hospital, marked No. 7 on the Chart. (Diagram annexed.) (No. 34.)”
Sara (Drijer – let op die variasie in die spelling van die van) se testament is te vinde in die “Inventories of the Orphan Chamber, Cape Town Archives Repository” ref MOOC8/28.59. Hiervolgens sterf sy op Saterdag 11 Januarie 1812 “des morgens de klokke tien uuren”.
Die derde geslag in SA
Uit Sara se testament blyk dit dat sy en Bresler ’n dogter Sara Christina Bresler (getroud met Pierre Alexander Roubeaud en reeds oorlede by tye van haar dood) gehad het, en drie seuns. Die oudste seun Johannes Augustus Bresler is ten tye van haar dood ook reeds oorlede en sy laat sy deel van haar nalatenskap agter aan sy drie kinders naamlik Sara Christina Bresler(getroud met Jacobus Bosman), Johannes Augustus Bresler, en Anna Cornelia Bresler (getroud met Adam Hesler). Die tweede seun is Casparus Bresler en die derde seun Frans Rynhard Bresler.
Behalwe ’n lang lys van huishoudelike goedere en vyf volwasse slawe met drie kinders wat Sara in haar testament agterlaat, is daar ook verwysing na “drie schilderyen zynde familie stukken” wat aan Frans Rynhard Bresler nagelaat word. Haar kleindogter se man, Jacobus Bosman, skuld die boedel 400 riksdaalders “zonder beding van intrest” wat hy in 1806 geleen het. Haar seun FR Bresler en kleinseun JA Bresler onderteken die testament as getuies.
grootouders
ouders
broers/zussen
kinderen
Sara /Dreyer Dreijer | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
1761 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Johannes Bresler | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
De getoonde gegevens hebben geen bronnen.