(1) Hij is getrouwd met Anna van AARDE.
Zij zijn getrouwd op 24 mei 1756, hij was toen 23 jaar oud.
(2) Hij is getrouwd met Anna Margaretha BOTHA.
Zij zijn getrouwd op 6 oktober 1768, hij was toen 35 jaar oud.
Kind(eren):
«b»Bernardus VREY«/b», verw. nr. stamvader. Bernard (of Bernardus) Vrey kom van Montabaur (Duitsland). Hy kom in 1750 as
matroos in Suid Afrika aan en word later timmerman en boukneg. In 1756 word hy burger (De Villiers, CC / Pama C:
Geslagsregisters van die Ou Kaapse families, 1981).
Sy van word ook as Vry of Frey aangedui. Alhoewel hy sy handtekening as Frey geteken het, blyk dit egter dat daar 'n ander
famlie na Suid-Afrika gekom het met hierdie variansie in die spelling en nie familie van Bernardus was nie. Enige van hierdie
spellings wat aangetref word in Bernardus se nageslag (b.v. Daniel Johannes Frey) is slegs foutiewe spelling van die naam.
Daar kom wel verskeie voorbeelde voor waar die variasie Vry aangetref word.
In die publikasie Argief-jaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 9de jaargang, Personalia of the Germans at the Cape,
1652-1806 deur J Hoge (datum onbekend), verskyn daar 'n inskrywing oor Bernhard Vry. Hy word beskryf as huis-timmerman
1751 en plaas-hulp 1752-55. Bron verwysings word gegee: GMR (Generale monsterrollen) 175; CJ 1143:87; Rq (Requests)
1756:92; G.R. (D/P) nr 1035.
Daar blyk ook 'n ander persoon te wees, Jacob Vrij, wat nog voor Bernard na Suid-Afrika gekom het. So byvoorveeld vind ons
'n voetnota in die Resolusies van die Politieke raad van die Kaap (1720-1723) 'n verwysing na Maria Beijers wat getroud was
met Jacob Vrij en Hans Jacob Conterman. Jacob Vrij blyk nie om enige nageslag wat sy naam verder gedra het agter te gelaat
het nie. Hy het in 1695 as soldaat aangekom, as plaas-hulp gewerk van 1695-98 en burger geword in 1701 in Stellenbosch. Hy
sterf in 1719 (Hoge). In die publikasie, the Record of a series of official papers.. (D Moody) word daar melding gemaak van 'n
klagte ontvang van die Hottentot Bastiaan, dat ene Joseph Vrey 10 beeste en 'n aantal skape van hom weg geneem het.
Daar is ook 'n verwysing in die indeks van die Kaapse argiefstukke van 1779 na Anna Margaretha Vrij, vrou van M Lutz.
Daar het 'n Onderkorporaal Edward Napoleon Frey in 1901 gedurende die Anglo-boereoorlog na Suid Afrika gekom. Hy was in
St Louis Missouri gebore en het op 20 Junie 1901 gesterf in 'n veldslag by Waterkloof. (Lees verder oor hierdie veldslag in
Maurice, J.F. ,samesteller, en M.H. Grant. History of the war in South-Africa, 1899-1902. Vol. 4, p225). Sien ook MOOC
1901/3777. Hy is in die St Peters Kerkhof, Kaapstad herbegrawe op 20 Augustus 1904.
Bernardus S/V VREY | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
(1) 1756 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Anna van AARDE | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
(2) 1768 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Anna Margaretha BOTHA | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
De getoonde gegevens hebben geen bronnen.