(1) Hij is getrouwd met Dina Carolina Jacoba Catharina OLIVIER.
Zij zijn getrouwd op 4 april 1824 te Swellendam, hij was toen 18 jaar oud.
Kind(eren):
(2) Hij is getrouwd met Margaretha Susanna Petronella BLIGNAUT.
Zij zijn getrouwd op 1845 ca, hij was toen 39 jaar oud.
Kind(eren):
beroep landbouer.5 De Villiers, CC / Pama C (Geslagsregisters van die Ou Kaapse families, 1981) gee sy naam aan
as Cornelis Johannes. Sy sterfkennis en die boedels van sy seuns Daniel, Cornelis en Jan Tielman gee sy naam aan as
slegs Cornelis. Die doop datum en sterf datums kom ooreen met de Villiers se inligting en dit kan dus aanvaar word
dat dit wel dieselfde persoon is.
De Villiers / Pama verwys ook na sy vrou MSP Blignaut. Daar word egter geen melding van sy vrouens gemaak op
die sterfkennis nie. Sy seuns hierbo se sterkennisse gee hulle moeder se name aan as Dina Carolina Jacoba Catharina
Olivier. Dit word ook op Dina se sterf kennis bevestig. Cornelis se jongste dogter se voorletters (MSP) stem ooreen
met die van MSP Blignaut soos per De Villiers se inligting. Die volle voorname van Mev Blignaut is dus ook afgelei
van hierdie dogter se name. Die twee jongste kinders verskyn nie op Dina se sterf kennis nie en dit word daaruit
afgelei dat hul albei kinders van Mev Blignaut moet wees. Bevestiging moet egter nog verkry word.
Die drie seuns van Cornelis Vrey het die Kaap verlaat om na die Transvaal te verhuis. Daniel en Cornelis het blykbaar
saam getrek na die Transvaal tussen 1860 en 1865. In 1860 is Daniel se seun (Daniel) nog in Ladysmith in die Kaap
gebore. In 1865 het Daniel en Cornelis kinders by Krugersdorp gehad. Op 20 November 1865 het Daniel en Cornelis
ook saam 'n memorandum onderteken waarin ontevredenheid uitgespreek word oor die optrede van die President van
die Uitvoerende Raad en die Kommandant Generaal in verband met die veldtog teen Moshoeshoe en ook ander
administratiewe regerings sake. Hierdie memorandum is deur meer as 'n honderd burgers onderteken. Op 19 Januarie
1866 onderteken Daniel ook 'n versoekskrif waarin die regering gevra word om sekere wette en ordinansies voorlopig
buite werking te stel totdat die volk die geleentheid gehad het om hulle daaroor uit te spreek (Sien Volksraads notules
Deel V 1854-1866). Daniel en Cornelis het op die plaas Holfontein in die Krugersdorp distrik gevestig.
Hulle jonger broer, Jan Tielman, het eers na Natal verhuis, waar hy verskeie jare gewoon het, voordat hy ook na die
Transvaal verskuif het om op die plaas Vryheid in die Wakkerstroom distrik te vestig.
MOOC 1858/5672 (LDS) 53j 6m 19d.
grootouders
ouders
broers/zussen
kinderen
De getoonde gegevens hebben geen bronnen.