Hij heeft/had een relatie met Isabella Catharina Kriek.
Kind(eren):
{geni:about_me} Boedel / Estate No. VAB MHG '''F692'''
----
--------------------
Surname: FICK
First Names: PAUL HENDRIK(C/SN)
Age: 49
Address: RUILPLAAS, FICKSBURG
Commando: FICKSBURG
Battle: MOSTERDSHOEK, DEWETSDORP
Date: 03/04/1900
Buried: ?DEWETSDORP
De Wet self het aan ons verslaggewer vertel dat hy ná die geveg by Sannaspos te perd na Dewetsdorp se kant toe gery het om te gaan verkenning doen. Op 1 April het hy verneem dat 'n Britse mag Dewetsdorp beset het.
Hy het onmiddellik 'n opdrag na genls. Jan Wessels, C.C. Froneman en A.I. de Villiers gestuur om hom met 1 500 burgers en 3 kanonne te hulp te snel. Intussen het hy oral op plase burgers wat nog nie weer by die kommando's aangesluit het nie, opgekommandeer.
Op 2 April het De Wet verneem dat die Britte Dewetsdorp weer verlaat het en na Reddersburg op pad was. Hy het hulle met die 110 burgers wat hy bymekaargeskraap het, agternagesit, al was die meeste van hierdie burgers ongewapen.
Die volgende dag het genl. Froneman met die voorhoede van sowat 700 burgers by De Wet aangesluit. Hierdie manne en ook hul perde was totaal uitgeput, omdat hulle onafgebroke deur die nag gery het.
Op versoek van De Wet het hulle egter in die agtervolging van die Britte volhard.
Die Kakies was teen die middag van 2 April steeds skynbaar onbewus van hul Boere-agtervolgers toe hulle die plaas Mostertshoek, wat maar sowat 7 kilometer oos van Reddersburg is, bereik het.
Daar het De Wet-hulle die Kakies ingehaal. Die hoofkommandant het in 'n briefie aan die bevelvoerende offisier van die Britte hul oorgawe versoek ten einde bloedvergieting te voorkom. Die Britte het die versoek verwerp en 'n hewige skietgeveg het gevolg. Geen kant kon daardie middag die oorhand kry nie.
Die Boere het egter dwarsdeur die nag deeglik waggehou ten einde te verseker dat die Britte nie dalk ontsnap nie. Boonop is hul geledere in die loop van die nag aangevul deur burgers wat in die vorige dag nie kon byhou met die agtervolging van die Britte nie.
Teen ligdag op 3 April het De Wet oor sowat 800 man beskik, en 3 Krupp-kanonne. Hulle het om sowat halfses op die Britte begin skiet, en teen halfelf het laasgenoemde die wit vlag gehys. Ongelukkig het sommige soldate selfs daarna aanhou skiet, en in dié tyd vir veldkornet J. du Plessis van Kroonstad noodlottig gewond. Die burgers was woedend hieroor, en het self weer begin skiet.
Al het die Britte al hoe meer wit vlae opgesteek, het dit geruime tyd geduur voordat die geveg finaal geëindig het.
Die uitslag van die geveg was 'n klinkende oorwinning vir die Boere.
Hulle het op al die wapens, oorgeblewe ammunisie en voorrade van die Britte beslag gelê. Altesaam 10 Kakies het gesneuwel en 35 is gewond. Hulle, plus al die ander 546 Kakies, insluitende hul bevelvoerder kapt. W.J. McWhinnie, is deur die burgers krygsgevange geneem.
Skynbaar was die Boereverlies 3 man dood en 3 gewond.
De Wet het dadelik reëlings getref vir die afvoer van die Britse krygsgevangenes na Pretoria, waarna hy onverwyld op 'n volgende sending vertrek het.
Paul Hendrik Fick | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Isabella Catharina Kriek |