Jonker Family Tree » Johannes "Jan Harmensz" Potgieter b1 (< 1674-< 1733)

Persoonlijke gegevens Johannes "Jan Harmensz" Potgieter b1 

Bronnen 1, 2

Gezin van Johannes "Jan Harmensz" Potgieter b1

(1) Hij is getrouwd met Clara Teerling.

Zij zijn getrouwd op 24 juli 1712 te Stellenbosch, Western Cape, South Africa.


Kind(eren):

  1. Johanna Potgieter  ± 1704-1714
  2. Elizabeth Potgieter  < 1709-1770
  3. Isabella Potgieter  < 1711-1758


(2) Hij is getrouwd met Maria Catharina van Eeden.

Zij zijn getrouwd op 18 februari 1714 te Stellenbosch, Western Cape, South Africa.


Kind(eren):

  1. Aletta Potgieter  ± 1713-1737 
  2. Hester Potgieter  1716-1735 
  3. Emmerentia Potgieter  1719-> 1763 
  4. Johannes Potgieter  1722-± 1777 
  5. Frederik Potgieter  1724-1785 
  6. Theodorus Potgieter  1726-???? 
  7. Hermanus Lambertus Potgieter  ± 1728-± 1758


Notities over Johannes "Jan Harmensz" Potgieter b1

Die POTGIETER voorouers is deur Patrick van Griethuisen en Dr Ludwich Edel nagevors en terug gevolg tot by Bernd POTGEITER wat trou met 'n dogter van Heinrich KETELER. Hy kom van Essen, op die Ruhr, na Nordhorn wat in die Graafskap van Bentheim, Duitsland geleë is. In 1546 is sy naam in die Burgerboek daar ingeskryf en in 1577 word hy nog daar in 'n akte genoem. Sy skoonpa, Hynrich Keteler, of ook Kettel Hinrik genoem, woon omstreeks 1500 tot 1537 in Ossenhoek.

Dr Jordaan Potgieter volg die Potgieter naam selfs verder terug in sy navorsing tot by Hermann (1463), sy seun Gerhard (1493) en kleinseun Diederik (1541). Diederik sou dan ook die vader van Berndt hierbo wees.

Essen (in Duitsland) is tot vandag toe nog beroemd vir die Ysterwerke en was daardie tyd ook reeds baie bekend vir die pot- en ketelgieters wat daarvandaan kom. Dit gee waarskynlik vir ons 'n goeie leidraad na die oorsprong van die van POTGIETER.

Barend het sover bekend 3 kinders gehad. Kettel Hinrich POTGETER, of ook Kettelhinrich genoem, wat trou met Fenne HILLERINCK wat van Hesepe kom. Na wat bekend is het hulle het geen nageslag nagelaat nie. Sy tweede seun was Kettel Hermann POTGETER. Hulle enigste bekende dogter was Kettel Grete POTGETER wat getrou het met Albert ROLOWES.

Kettel Hermann POTGETER, of ook Kettelhermann genoem, was getroud met Agnese SCHOLTEN, 'n dogter van Scholten VON BIMOLTEN, wat van Bimolten afkomstig is. Hulle woon op Ossenhoek, maar in die oorlogtyd woon hulle by sy stiefouers op die Scholten boerdery. Agnese was ook Nese of Gese genoem. Slegs een kind van hierdie huwelik Nesen Hermann POTTGETER wat ongeveer in 1590 gebore is, is bekend.

Hermann POTTGETER, hy word ook genoem Nesen Hermann, waarskynlik so vernoem na sy moeder, Nese (Agnese). Hermann is ongeveer 1590 gebore en in 1667 word sy naam in Nordhorn aangetref as Hermann Pottgeter, burgermeester van Nordhorn. Hy het reeds voor die dertigjarige oorlog getrou met Tryne, die stiefdogter van Gerdt Arents. Hermann was ook lid van die Nordhorn skoenmakersgulde. Hulle het vier kinders gehad; Nesen Lambert POTGIETER wat die eienaar van 'n stuk grond in Pottkamp, Adeldorf was, Gert POTGETER wat die eienaar van die "Faberhaus" in Schuttorf was, Hermann POTTGEITER wat in 1648 trou met 'n dogter van Swenne VON LODDEN, en Jan POTGIETER.

Jan (of Johannes) POTGIETER was gebore in Nordhorn, Wesfalen, Duitsland en trou in 1634 met Schwerne LODDEN, die dogter van Swenne VON LODDEN van Frensdorf . Sy was ook in Nordhorn gebore, in die jaar 1610. Jan was ook genoem Ossenjan of Kettel Johan.

Ons stamvader Harmen Jansz POTGIETER wat in 1635 in Nordhorn gebore is was die enigste seun uit hierdie huwelik.

Harmen Janz was die seun van Jan Potgieter (gebore 1605) van Nordhorn, Duitsland, en Schwerne LODDEN (gebore 1610), van Frensdorf, Duitsland. In 1670 verhuis Harmen na Amsterdam, en tree daar in diens van die VOC as soldaat en kom na die Kaap van Goeie Hoop, waar hy met Isabella Fredericks (of Beeltjie), weduwee van Claas Vechtman trou. Hulle het 8 kinders gehad, wat een seun van Isabella se vorige huwelik insluit. Later verlaat hy die diens van die VOC en word vry-smit.

Noordhoorn is geleë in die Groningen provinsie, sui-wes van die stad Griningen. Die Potgieterfamilie het daar op 'n plaas gewoon met die families Steyn en Prinsloo as bure. Harmen was dan ook 'n lewenslange vriend van Douw Gerbrand Steyn. Sy dogter, Maria, het later met Jacobus Steyn, die aangenome seun van Douw getrou en so die stammoeder van die Steyns in Suid-Afrika geword.

Hy was een van die eerste bewoners van die nuwe nedersetting by die Eersterivier (Stellebosch), waar hy sy ambag as smit beoefen. Hy word deur de Wet gelys as smit 1674-1705. (de Wet GC, Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting, p68). In 1688 het hy sy smitswinkel aan Lourens Verbrugge oorgedra vir die helfte van die wins (p107, verw 1STB 18/152 kontrak 1.12.1687).

De Wet meld dat Harmen in 1663 'n vryburger geword het, in 1670 weer tot die Kompanjie in diens getree en in 1674 weer uitgetree en 'n vryburger gebly tot sy dood in 1706. (p 197, verw Boesken AJ, Resolusies vd politieke raad, II 4.2.1671, p56; VC 49 Monsterrolle van vryliede 31.12.1706, p107)

Hy het in 1679 na die Eersterivier verhuis, waar hy gevestig het op die laer terrasse langs die Eersterivier, wat aan hom belowe is 1680, maar dit was eers baie later (1712) aan sy weduwee se boedel amptelik toegeken. Die plaas is uit die boedel aan Aletta Beck verkoop, wie dit "Voorgelegen" gedoop het. Die grond het bestaan uit twee dele - die oostelike deel strek van die huidige kerk van Stellenbosch tot by Mostertsdrift. Die veel groter westelike deel strek van erens tussen die huidige Andringa en Herte strate en sluit in die gebied waar die huidige stadsaal gebou is. Sy opstal was op hierdie groter deel, ongeveer waar Bird straat vir Dorp straat kruis. Die huis het 'n netjiese front, wat die indruk skep dat Harmen 'n ryk man moes gewees het. Later is hierdie deel van die plaas Voorgelegen gedoop. In 1693 verkoop hy deel van die grond aan Linnes.

Op 8 November 1679 is die stad Stellenbosch gestig. Minder as drie weke nadat Simon van der Stel in 1679 by Kaap aangekom het as kommandeur van die nedersetting, het hy en 'n paar amptenare te perd 'n inspeksietog na Hottentots-Holland onderneem waar 'n paar vryburgers reeds gevestig het (vandag Somerset-Wes en omgewing). Nadat van der Stel se werk daar afgehandel was het hulle met 'n ompad teruggegaan. Op 8 November het hulle by 'n asemrowende landstreek uitgekom waar Harmen en 'n paar ander vryburgers gevestig was. Hulle het daardie aand op 'n eiland in die Eersterivier oornag. Op die eiland was daar baie pragtige hoë bome. Omdat geen kommandeur of goewerneur daar was nie, het Simon van der Stel die eilandjie Stellenbosch genoem.

Die plek het hom onmidelik, uit die oogpunt van sy opdragte as kommandeur, geinteresseer omdat dit as voortreflik vir landbou beskou is. Onmiddellik nadat hy terug was by die Kasteel aan die Kaap, het hy aangekondig dat daar vir mense wat hulle langs die oewers van die Eersterivier wil vestig, grond beskikbaar is in die vorm van eiendomsplase. Baie gunstige voorwaardes is vir voornemende boere aangebied en die reaksie was goed.

Potgieter het ook aktief deelgeneem aan die openbare lewe van die klein gemeenskap as "wagmeester" van die artillerie. Kommissaris H.W van Reede het hom aangestel as 'n lid van die heemraad in 1685 (saam met Gert van der Bijl, Henning Husing en Jan Cornelis Mostert). Van Reede verwys na hom nie by sy van nie, maar verwys eerder na hom by wyse van sy aambag, Harmen Jansz Smit, soos wat wel dikwels die geval was in daardie tye. Hy het sy ambag by Stellenbosch voortgesit, en later sy stief-seun, Nicolaas Vechtman in die ambag opgelei. Hierdie stief-seun was 'n groot vriend van Adam Tas, wat na hom verwys het as die "kreupel vulkaan" - 'n verwysing na die kreupel Romaanse smit-god, Volcanus.

JA Hofmeyer verwys na die boek "Slagtersnek en sy mense" deur Dr J.A. Heese, waar daar vermeld word dat Harmen Jansz vermoor was in 1702. Heese het later dit reg gestel. Hofmeyer noem ook dat Harmen Jansz 'n permit toegestaan was in 1705 om 6 waems hout te versamel by die Vier-en-twintig-riviere en maak daarvan die aanname dat Harmen Jansz tussen 1 Sep 1705 and 1708 moes gesterf het. Sy weduwee hertrou met Lourens Verbrugge in 1708.

In die indeks van hofsake in Uit die Raad van Justisie, 1652-1672 (Staatsdrukker, Pretoria 1986) verskyn daar verskeie sake waarin "Harmen Jansz" betrokke sou wees: 338, 30.7.1670, Harmen Jansz vs. Willem Willemsz van Deventer; skuld; saak geskik (CJ1, p583) 341, 30.7.1670, Harmen Jansz; hout sonder toestemming gekap (CJ1, p592) 396, 1.6.1671 & 6.1.1672, Fiskal cs. Harmen Jansz van Noordhoorn; Kompanjie se tyd en werktuie vir eie gewin gebruik; ses maande ad opus publicum en ses maande gasie pro fisco. (CJ 2952, p406-408, CJ 1, p672-672,739)

Bronne: Patrick van Griethuisen Stellenbosch - Drie eeue, geredigeer en saamgestel deur F Smith, Stadsraad van Stellenbosch (1979), ISBN 0 620 03910-8. Artikel deur AM Hofmeyer.

Hugo AM, Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963 (Tafelberg 1963)

Dr Carl Potgieter, Kommandant-general AH Potgieter

Die Swardt Joernaal No 2, 30 Junie 1999 (Eric Swardt familiebond)

Navorsing te danke aan: Eric Swardt (XXXXX@XXXX.XXX)

Bydrae te danke aan:

Webblad:
--------------------------------------------------------------
Ancestral File Number: b1

Johannes Potgieter, is ongeveer 1674 gebore (hy is op 23 September 1674 gedoop aan die Kaap). Hy was die eerste Potgieter wat op Suid-Afrikaanse bodem gebore is. Johannes, ook bekend as Jan Harmensz Potgieter, het 24 Jul 1702 met Clara Herbst (* 1687), die dogter van Johannes Herbst van Bremen en Lysbeth Sanders, getrou. By Clara het Johannes 3 dogter gehad. Hul eerste dogter, Johanna, was in 1704 gebore (~ 3 April 1704) en het jonk (voor 1714) gesterf. Hul tweede dogter, Elizabeth, gebore ongeveer 1711 (~ 6 November 1709) het op 29 September 1726 met Andries Pieter de Jager getrou. Johannes en Clara se derde dogter, Isabella (of soms ook Sibella genoem) is in 1711 gebore (~ 28 Junie 1711) en is 9 Maart 1727 met Philippe du Preez getroud. Philippe het die plaas Grootvadersbosch besit.

In 1714, na die dood van Clara, het Johannes verder binneland toe getrek met sy twee dogters, Elisabeth and Sybille. Vanaf 1717 woon hy by Rhebokskloof, Kliprivier ("Cliprivier") in Wellington later die eiendom van Charl Cillie.

'n Keerpunt was bereik aan die Kaap in 1715, toe die veiligheid van die vry-burgers sodanig verswak het dat die VOC nie meer in staat was om hulle te beskerk nie. Na die soveelste aanval, waartydens die huis van Pieter Rossouw afgebrand was en die vry-burgers se beeste gesteel is pleit die boere by die politieke raad vir toestemming om 'n vergeldingskommando bymekaar te maak. Op Woensdag, 20 November 1715, word 'n kommando van 30 vrywillegers onder die bevel van "burgervaandrig" Schalk Willemsz van der Merwe en "wagtmeester" Jan Harmensz Potgieter opdrag gegee om die boesmans wat die aanval gedoen het te gaan soek en die gesteelde beeste terug te bring. Gedurende hierdie ekspidiesie wond Jan Harmensz 'n boesmanvrou noodlottig. In die notules van die Politieke Raad van Dinsdag, 7 January 1716, gee Jan Harmensz, wat beskryf word as 'n vry-burger van Stellenbosch, sy verslag oor die ekspidisie.

Jan was aangekla voor die Krygsraad en baie jare daarna, na baie oorweging en verdere getuinisse voor die Krygsraad, is Jan uiteindelik op 14 October 1727 ontslaan uit die weermag op grond van "gevorderde ouderdom en onbehoorlike gedrag".

Hierdie ekspediesie merk die begin van die kommandostelsel in Suid Afrika, waarvolgens die beskerming van die plattelandse mense in die hande van vrywillige burgers gelaat word. Later is die kommando stelsel met wette gereguleer, met die kommandant en die veldkornet as verkose leiers van die kommandoes.

Op 18 Februarie 1714 trou Johannes weer met Maria Catharina van Eeden (* 13 Februarie 1692), die dogter van Jan Janse van Eeden en Maria Russaar. By Maria het hy 7 kinders (3 dogter en 4 seuns) gehad. Die twee oudste dogters, Hester (~ 23 Februarie 1716) en Emmerentia (~ 20 Oktober 1719) is met die twee Botha broers, Christoffel en Jacobus, getroud. Hierdie huwelikke is van belang aangesien daar vir eeue daarna vriendskappe tussen die twee families sou wees en vele huwelike sou tussen hierdie families plaasvind. Johannes en Maria se derde kind, Johannes, is in 1722 gebore (~ 1 Maart 1722). Hierdie seun is met Aletta van Rooyen getrou. Sy agter-kleinseun, Cornelis Potgieter was later is die volgende eeu 'n baie bekende politikus in die Transvaal en was die voorsitter van die Transvaalse Volksraad. Johannes en Maria se vierde kind, Frederik (~ 11 Junie 1724), is eers met Eva Catharina Kriel en later met Maria Magdalena Landman getroud. Hy het in totaal 18 kinders (waarvan 10 seuns) gehad. Een van sy klein-seuns, Evert Frederik was 'n prominente leier van die voortrekkers in Natal. Die volgende seun, Theodorus (~ 7 April 1726), het by 5 kinders by Hester Anna Marais gehad. Min is bekend oor hulle sesde kind Hermanus Lambertus (~16 Mei 1728) en dit word geglo dat hierdie seun jonk moes gesterf het. Johannes en Maria se jongste dogter, Maria Johanna (~ 27 Augustus 1730), is met Christoffel Snyman getroud.

Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz". Na sy dood trou sy weduwee met Theunis Botha, die skoonvader van haar twee dogters.

Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz". Na sy dood trou sy weduwee met Theunis Botha, die skoonvader van haar twee dogters.
"http://www.w3.org/TR/xhtml1/DTD/xhtml1-transitional.dtd">
http://www.w3.org/1999/xhtml" xml:lang="en" lang="en">





Johannes, ook bekend as Jan Harmensz Potgieter was eerstens getroud met Clara Herbst,
dogter van Johannes Herbst van Bremen en Lijsbeth Sanders van de Kaap. Hulle het 3
dogters gehad, waarvan die eerste waarskynlik voor 1714 oorlede is. In 1714, na die dood
van Clara, trek hy verder na die binneland na Stellenbosh met sy twee dogters, Elisabeth en
Sybille. Hy is 'n tweede keer getroud op 18 Februarie 1714 Met Maria Catharina van Eeden, =
31/01/1696. Sy is die dogter van Jan Janse van Eeden en Maria Rusaar. Vanaf 1717 woon hy
by Rhebokskloof, Kliprivier ("Cliprivier") in Wellington, later die eiendom vanCharlCillie(rs).  



Jan se naam kom voor in die weilisensies wat tussen 1703 en 1707 uitgereik is. (de Wet GC,
Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting, p39 verw. RLR Oude Wildschutte
Boek: weilisensies. 27.12.1703 en 5.3.1705 pp 134-135, 138-9) Hy teken saam met sy
swaer Jacobus Steyn sy moeder se boedelinventaris op 14 Januarie 1712.



In 1715 is 'n keerpunt bereik aan die Kaap toe die veiligheid van die vryburgers sodanig
verswak het dat die VOC nie meer in staat was om hulle te beskerm nie. Na die soveelste
aanval, waartydens die huis van Pieter Rossouw afgebrand is en die vryburgers se beeste
gesteel is, pleit die boere by die politieke raad vir toestemming om 'n vergeldingskommando
bymekaar te maak. Op Woensdag, 20 November 1715, word 'n kommando van 30
vrywilligers onder die bevel van "burgervaandrig" Schalk Willemsz van der Merwe en
"wagtmeester" Jan Harmensz Potgieter opdrag gegee om die Boesmans wat vir die aanval
verantwoordelik was te gaan soek en die gesteelde beeste terug te bring. Gedurende hierdie
ekspedisie wond Jan Harmensz 'n boesmanvrou noodlottig. In die notules van die Politieke
Raad van Dinsdag, 7 January 1716, gee Jan Harmensz, wat beskryf word as 'n vryburger van
Stellenbosch, sy verslag oor die ekspedisie. Jan was aangekla voor die Krygsraad en baie jare
daarna, na baie oorweging en verdere getuienisse voor die Krygsraad, is Jan uiteindelik op 14
October 1727 ontslaan uit die weermag op grond van "gevorderde ouderdom en onbehoorlike
gedrag".



Hierdie ekspedisie merk die begin van die kommandostelsel in Suid Afrika, waarvolgens die
beskerming van die plattelandse mense in die hande van vrywillige burgers gelaat word.
Later is die kommandostelsel met wette gereguleer, met die kommandant en die veldkornet
as verkose leiers van die kommando's.



In 1732 word daar in die De la Fonteine verslag gemeld dat hy 'n bestaan maak van sy vee
en landerye. Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy
vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz".





Bronne: F Smith, Stellenbosch - Drie eeue (Stadsraad van Stellenbosch, 1979) Ters Van

Huysteen, Hugenoteland (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 1985) Resolusies van die Politieke
Raad, Deel IV, 1707-1717 Resolusies van die Politieke Raad, Deel V, 1716-1719 Resolusies
van die Politieke Raad, Deel VII Verwys ook na: Stellenbosch 18/4: N0 11; MOOC 8/2:
Inventarissen, 1705-1714, 22 Februarie 1714, No 102; MOOC 7/4: Testamenten, 1726-1735,
No 147 MOOC 7/4: Testamenten 1726-1735 nos. 130 & 147. He was married to Maria
Catharina VAN EEDEN on 18 Feb 1714 in Stellenbosch, Wes-Kaap. Die troudatum word soms
ook aangedui as 14 Feb 1715



256 Johannes (Jan Harmenzs) Potgieter; he was baptised 23 September 1674, Free Burgher, died 1733, son of Harmen Jansz Potgieter (see 512) and Isabella Frederiks (see 513).
He married (1) at Stellenbosch, Cape, 24 July 1702 Clara Herbst.
From this marriage: Johanna Potgieter
Elizabeth Potgieter
Isabella (Sibella) Potgieter
He married (2) at Stellenbosch, Cape, 19 February 1714
257 Maria Catharina Van Eeden
From this marriage: Hester Potgieter
Emmerentia (Amerentia) Potgieter
Johannes Potgieter
1724 Frederik Potgieter [128]
Theodorus Potgieter
Hermanus Lambertus Potgieter
Maria Johanna Potgieter
{geni:about_me} http://www.e-family.co.za/ffy/g6/p6196.htm

NGK G1 1/1, Nederduitsch Gereformeerde Kerk, Kerken Boek (Bapt.), 1665-1695:

>Anno 1674 Den 23 Septemb' een ssontie van Harman Jansz Vrijsmit en Belitie syn huijsvrouw wiert genaamt '''Johannes''' getuyge was Aagje Rix en [Joost] Jansz",

-transcribed by Richard Ball, Norfolk, England, (May 2006), Genealogical Society of South Africa, eGSSA Branch http://www.eggsa.org/

See http://www.ballfamilyrecords.co.uk/lombard/I265.htmlhttp://www.geni.com/discussions/152597?msg=1070552

http://www.geni.com/discussions/152597?msg=1070552
---------------

*Bapt. Date 9/6/1674
*Death Date c. 1733
*First Name Johannes (Jan Harmensz)
*Last Name Potgieter
*Suffix b1
*Gender Male
*Birth Location Stellenbosch, Western Cape, South Africa
*Baptism Date 9/23/1674

---------------

Will - Potgieter, Jan & Maria Catharina van Eeden - 1726 Verthoont ter WeesCamer aan Cabo de goed hoop den 8e. April 1733, Cape, South Africa

--------------

Johannes, ook bekend as Jan Harmensz Potgieter, was eerstens getroud met Clara Herbst, dogter van Johannes Herbst van Bremen. Hulle 3 dogters gehad, waarvan die eerste waarskynlik voor 1714 oorlede is. In 1714, na die dood van Clara, trek hy verder na die binneland na Stellenbosch met sy twee dogters, Elixabeth en Sybille. Vanaf 1717 woon hy by Rhebokskloof, Kliprivier ("Cliprivier") in Wellington later die eiendom van Charl Cillie.

Jan se naam kom voor in die weilisensies wat tussen 1703 en 1707 uitgereik is. (De Wet GS, Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedesetting, p. verw. RLR Oude Wildschutte Boek: weilisensies. 27.12.1703 en 5.3.1705 pp 134-135, 138-9)

'n Keerpunt was bereik in die Kaap in 1715, toe die veiligheid van die vryburgers sodanig verswak het dat die VOC nie meer instaat was om hulle te beskerm nie. Na die soveelste aanval, waartydens die huis van Pieter Rossouw afgebrand was en die vryburgers se beeste gesteel is, pleit die boere by die politieke raad vir die toestemming om 'n vergeldingskommando bymekaar te maak. Op Woensdag 20 November 1715, word 'n kommando van 30 vrywilligers onder die bevel van "burgervaandrig" Schalk Willemsz van der Merwe en "wagtmeester" Jan Harmensz Potgieter opdrag gegee om die boesmans wat die aanval gedoen het te gaan soek en die gesteelde beeste terug te bring. Gedurende hierdie ekspidisie wond Jan Harmensz Potgieter 'n boesmanvrou noodlioottig. In die notules van die Politieke Raad van Dinsdag, 7 Januarie 1716, gee Jan Hrmensz, wat beskryf word as 'n vryburger van Stellenbosch, sy verslag oor die ekspidisie.

Jan was aangekla voor die krygsraad en baie jare daarna, na baie oorweging en verdere getuienisse voor die krygsraad, is Jan uiteindelik op 14 Oktober 1727 ontslaan uit die weermag op grond van "gevorderde ouderdom en onbehoorlike gedra".

Hierdie ekspidisie merk die begin van die kommandostelsel in Suid-Afrika, waarvolgens die beskerming van die plattelandse mense in die hande van vrywillige burgers gelaat word. Later is die Kommandostelsel met wette gereguleer, met die kommandant en die veldkornet as verkose leiers van die kommandos.

In 1732 word daar in die de la Fonteine verslag gemeld at Jan Hemensz 'n bestaan maak met sy vee en landerye.

Jan Hrmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz".

Bronne:
F Smith, Stellenbosch - Drie eeue (Stadsraad van Stellenbosch, 1979)
Ters van Huysteen, Hugenoteland (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 1985)
Resolusies van die Politieke Raad, Deel IV, 1707 -1717
Resolusies van die Politieke Raad, Deel V, 1716 -1719
Resolusies van die Politieke Raad, Deel VII

Verwys ook na:
Stellenbosch 18/4: NO 11: MOOC 8/2
Inventarissen, 1705-1714, 22 Februarie 1714, No 102, MOOC 7/4: Testamenten, 1726 - 1735, No 147
MOOC 7/4: Testamenten, 1726 - 1735, No 130 & 147

--------------------

He was the first South African POTGIETER to be born on South African soil!!!!
{geni:marriage_order} 1
{geni:marriage_order} 2
Notes
"http://www.w3.org/TR/xhtml1/DTD/xhtml1-transitional.dtd">
http://www.w3.org/1999/xhtml" xml:lang="en" lang="en">





Johannes, ook bekend as Jan Harmensz Potgieter was eerstens getroud met Clara Herbst,
dogter van Johannes Herbst van Bremen en Lijsbeth Sanders van de Kaap. Hulle het 3
dogters gehad, waarvan die eerste waarskynlik voor 1714 oorlede is. In 1714, na die dood
van Clara, trek hy verder na die binneland na Stellenbosh met sy twee dogters, Elisabeth en
Sybille. Hy is 'n tweede keer getroud op 18 Februarie 1714 Met Maria Catharina van Eeden, =
31/01/1696. Sy is die dogter van Jan Janse van Eeden en Maria Rusaar. Vanaf 1717 woon hy
by Rhebokskloof, Kliprivier ("Cliprivier") in Wellington, later die eiendom vanCharlCillie(rs).  



Jan se naam kom voor in die weilisensies wat tussen 1703 en 1707 uitgereik is. (de Wet GC,
Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting, p39 verw. RLR Oude Wildschutte
Boek: weilisensies. 27.12.1703 en 5.3.1705 pp 134-135, 138-9) Hy teken saam met sy
swaer Jacobus Steyn sy moeder se boedelinventaris op 14 Januarie 1712.



In 1715 is 'n keerpunt bereik aan die Kaap toe die veiligheid van die vryburgers sodanig
verswak het dat die VOC nie meer in staat was om hulle te beskerm nie. Na die soveelste
aanval, waartydens die huis van Pieter Rossouw afgebrand is en die vryburgers se beeste
gesteel is, pleit die boere by die politieke raad vir toestemming om 'n vergeldingskommando
bymekaar te maak. Op Woensdag, 20 November 1715, word 'n kommando van 30
vrywilligers onder die bevel van "burgervaandrig" Schalk Willemsz van der Merwe en
"wagtmeester" Jan Harmensz Potgieter opdrag gegee om die Boesmans wat vir die aanval
verantwoordelik was te gaan soek en die gesteelde beeste terug te bring. Gedurende hierdie
ekspedisie wond Jan Harmensz 'n boesmanvrou noodlottig. In die notules van die Politieke
Raad van Dinsdag, 7 January 1716, gee Jan Harmensz, wat beskryf word as 'n vryburger van
Stellenbosch, sy verslag oor die ekspedisie. Jan was aangekla voor die Krygsraad en baie jare
daarna, na baie oorweging en verdere getuienisse voor die Krygsraad, is Jan uiteindelik op 14
October 1727 ontslaan uit die weermag op grond van "gevorderde ouderdom en onbehoorlike
gedrag".



Hierdie ekspedisie merk die begin van die kommandostelsel in Suid Afrika, waarvolgens die
beskerming van die plattelandse mense in die hande van vrywillige burgers gelaat word.
Later is die kommandostelsel met wette gereguleer, met die kommandant en die veldkornet
as verkose leiers van die kommando's.



In 1732 word daar in die De la Fonteine verslag gemeld dat hy 'n bestaan maak van sy vee
en landerye. Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy
vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz".





Bronne: F Smith, Stellenbosch - Drie eeue (Stadsraad van Stellenbosch, 1979) Ters Van

Huysteen, Hugenoteland (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 1985) Resolusies van die Politieke
Raad, Deel IV, 1707-1717 Resolusies van die Politieke Raad, Deel V, 1716-1719 Resolusies
van die Politieke Raad, Deel VII Verwys ook na: Stellenbosch 18/4: N0 11; MOOC 8/2:
Inventarissen, 1705-1714, 22 Februarie 1714, No 102; MOOC 7/4: Testamenten, 1726-1735,
No 147 MOOC 7/4: Testamenten 1726-1735 nos. 130 & 147. He was married to Maria
Catharina VAN EEDEN on 18 Feb 1714 in Stellenbosch, Wes-Kaap. Die troudatum word soms
ook aangedui as 14 Feb 1715



Hy trou (1) Clara HERBST, 24 Jul 1712 in Stellenbosch,6 g. 1687 in Drakenstein,7 (dogter van Johann HERBST en Lysbeth SANDERS) s. cir 1714,8 verw. nr. b2.9 Clara: Haar van word ook aangedui as HARST.
Hy trou (2) Maria Catharina VAN EEDEN, 18 Feb 1714 in Stellenbosch,1 (dogter van Jan JANSE VAN EEDEN en Maria ROUSSEAU) gedoop 13 Feb 1692,10 verw. nr. b5.1 Maria: Die trou datum word soms ook aangedui as 14 Feb 1715. Sy xx Theunis Botha.
Johannes, ook bekend as Jan van Bremen. Hulle het 3 dogters gehad, waarvan die eerste waarskynlik voor 1714 oorlede is. In 1714, na die dood van Clara, trek hy verder na die binneland na Stellenbosh met sy twee dogters, Elizabeth en Sibella. Vanaf 1717 woon hy by Rhebokskloof, Kliprivier ("Cliprivier") in Wellington later die eiendom van Charl Cillie.
Jan se naam kom voor in die weilisensies wat tussen 1703 en 1707 uitgereik is. (de Wet GC, Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting, p39 verw. RLR Oude Wildschutte Boek: weilisensies. 27.12.1703 en 5.3.1705 pp 134-135, 138-9)
'n Keerpunt was bereik aan die Kaap in 1715, toe die veiligheid van die vry-burgers sodanig verswak het dat die VOC nie meer in staat was om hulle te beskerm nie. Na die soveelste aanval, waartydens die huis van Pieter Rossouw afgebrand was en die vry-burgers se beeste gesteel is, pleit die boere by die politieke raad vir toestemming om 'n vergeldingskommando bymekaar te maak. Op Woensdag, 20 November 1715, word 'n kommando van 30 vrywillegers onder die bevel van "burgervaandrig" Schalk Willemsz van der Merwe en "wagtmeester" Jan Harmensz Potgieter opdrag gegee om die boesmans wat die aanval gedoen het te gaan soek en die gesteelde beeste terug te bring. Gedurende hierdie ekspidiesie wond Jan Harmensz 'n boesmanvrou noodlottig. In die notules van die Politieke Raad van Dinsdag, 7 January 1716, gee Jan Harmensz, wat beskryf word as 'n vry-burger van Stellenbosch, sy verslag oor die ekspidisie.
Jan was aangekla voor die Krygsraad en baie jare daarna, na baie oorweging en verdere getuinisse voor die Krygsraad, is Jan uiteindelik op 14 October 1727 ontslaan uit die weermag op grond van "gevorderde ouderdom en onbehoorlike gedrag".
Hierdie ekspediesie merk die begin van die kommandostelsel in Suid Afrika, waarvolgens die beskerming van die plattelandse
Bladsy 3
mense in die hande van vrywillige burgers gelaat word. Later is die kommandostelsel met wette gereguleer, met die kommandant en die veldkornet as verkose leiers van die kommandoes.
In 1732 word daar in die de la Fonteine verslag gemeld dat hy 'n bestaan maak van sy vee en landerye.
Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz".
Bronne: F Smith, Stellenbosch - Drie eeue (Stadsraad van Stellenbosch, 1979) Ters Van Huysteen, Hugenoteland (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 1985) Resolusies van die Politieke Raad, Deel IV, 1707-1717 Resolusies van die Politieke Raad, Deel V, 1716-1719 Resolusies van die Politieke Raad, Deel VII
Verwys ook na: Stellenbosch 18/4: N0 11; MOOC 8/2: Inventarissen, 1705-1714, 22 Februarie 1714, No 102; MOOC 7/4: Testamenten, 1726-1735, No MOOC 7/4: Testamenten 1726-1735 nos. 130 & 147.

Heeft u aanvullingen, correcties of vragen met betrekking tot Johannes "Jan Harmensz" Potgieter b1?
De auteur van deze publicatie hoort het graag van u!


Tijdbalk Johannes "Jan Harmensz" Potgieter b1

  Deze functionaliteit is alleen beschikbaar voor browsers met Javascript ondersteuning.
Klik op de namen voor meer informatie. Gebruikte symbolen: grootouders grootouders   ouders ouders   broers-zussen broers/zussen   kinderen kinderen

Voorouders (en nakomelingen) van Johannes Potgieter

Johannes Potgieter
< 1674-< 1733

(1) 1712

Clara Teerling
< 1687-± 1713

Johanna Potgieter
± 1704-1714
(2) 1714
Aletta Potgieter
± 1713-1737
Johannes Potgieter
1722-± 1777

Via Snelzoeken kunt u zoeken op naam, voornaam gevolgd door een achternaam. U typt enkele letters in (minimaal 3) en direct verschijnt er een lijst met persoonsnamen binnen deze publicatie. Hoe meer letters u intypt hoe specifieker de resultaten. Klik op een persoonsnaam om naar de pagina van die persoon te gaan.

  • Of u kleine letters of hoofdletters intypt maak niet uit.
  • Wanneer u niet zeker bent over de voornaam of exacte schrijfwijze dan kunt u een sterretje (*) gebruiken. Voorbeeld: "*ornelis de b*r" vindt zowel "cornelis de boer" als "kornelis de buur".
  • Het is niet mogelijk om tekens anders dan het alfabet in te voeren (dus ook geen diacritische tekens als ö en é).



Visualiseer een andere verwantschap

Bronnen

Historische gebeurtenissen

  • Stadhouder Prins Willem III (Huis van Oranje) was van 1672 tot 1702 vorst van Nederland (ook wel Republiek der Zeven Verenigde Nederlanden genoemd)
  • In het jaar 1674: Bron: Wikipedia
    • 19 februari » Engeland en Nederland tekenen de Vrede van Westminster. Een onderdeel van deze overeenkomst was dat de kolonie Nieuw-Amsterdam onder Engels gezag komt. Zij hernoemen ze tot New York.
    • 1 augustus » Een tornado teistert de stad Utrecht; het schip van de Domkerk stort in waardoor de toren compleet los komt te staan van het koor. Ook de Pieterskerk heeft grote schade.
    • 11 augustus » Slag bij Seneffe tussen een Frans leger onder maarschalk Condé en een Nederlands - Spaans - Oostenrijks - Duits leger onder stadhouder Willem III.
    • 26 oktober » Walraad van Nassau-Usingen wordt benoemd tot gouverneur van Bergen op Zoom.
    • 10 november » Nederland draagt officieel Nieuw-Nederland over aan de Britten. De nieuwe naam wordt New York.

Over de familienaam Potgieter


De publicatie Jonker Family Tree is opgesteld door .neem contact op
Wilt u bij het overnemen van gegevens uit deze stamboom alstublieft een verwijzing naar de herkomst opnemen:
Philip, "Jonker Family Tree", database, Genealogie Online (https://www.genealogieonline.nl/jonker-family-tree/I6000000006140550005.php : benaderd 30 april 2024), "Johannes "Jan Harmensz" Potgieter b1 (< 1674-< 1733)".