Il est marié avec Adriana Susanna Symington.
Ils se sont mariés en l'an 1889 à Beaufort West, Western Cape, South Africa, il avait 29 ans.
Enfant(s):
Beroep: prospekteerder.
Gewone blyplek 20 Buite Straat (ASF s'n was no 26), Krugersdorp
Geen eiendom meer as 300 pond nagelaat nie.
Hy was 'n kruiedokter, met sy eie kruietuin en het bekend gestaan as dokter (hy het 'n aantal jare as mediese dokter in Engeland gestudeer, maar moes agv 'n gebrek aan fondse, agv die volstruis-siekte wat uitgebreek het, sy studies staak).
Pres Paul Kruger het hom 'n permit toegeken om as dokter te praktiseer.
Hy het tydens die ABO mediese diens aan die Boere-kant gedoen.
Dan (soos hy bekend gestaan het) was 'n storieverteller van formaat (in aanvraag op onthale) en hy het ook 'n volledige roman en verskeie kortverhale geskryf.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------
Behalwe vir sy vaardigheid as baksteenmaker, was Philip FROST ook iemand met kennis van kruiemedisyne. Hierdie kennis is oorgedra aan sy kinders, en John Lowne FROST was volgens koerantberigte van die tyd, op 'n stadium die enigste persoon met 'n medisynetas op die Kimberleyse diamantvelde. Sy seun, Dan FROST, het sekerlik hierdie vaardighede en kennis geerf en het in Krugersdorp, waar hy en Sue hulle gevestig het, bekend geword as dokter. Tydens die Anglo-Boere Oorlog het 'n hy 'n permit gehad om met 'n donkiekarretjie met 'n rooi kruis daarop hulp in die veld te verleen. In die Nasionale Argiewe in Pretoria is daar verskeie petisies en dokumente wat bevestig dat "dokter" FROST in groot aanvraag was in Krugersdorp. Selfs na sy dood het mense nog bly praat van hom as dokter, en volgens die huidige inwoners (2001) van Ivy Lodge in Buitenstraat, Krugersdorp, die huis wat Dan FROST gebou het, het daar 30 jaar na sy dood (in die 1960's) mense uit die Vrystaat aangekom op soek na "dokter" FROST omdat hulle plaaslike dokters nie 'n familielid gesond kon kry nie. Nou onlangs het die familie weer gehoor van 'n man wie se kleinseun die storie ken van hoe sy oupa se oë in die Anglo-Boere Oorlog van gewisse blindheid gered is deur Dr FROST van Krugersdorp.
Daniel George William Frost | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
1889 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Adriana Susanna Symington |
Added by confirming a Smart Match
MyHeritage family tree
Family site: Hughes & Barnard Family Roots Web Site
Family tree: 240605881-1
Added via an Instant Discovery™
MyHeritage family tree
Family site: Poynton Web Site
Family tree: 115455061-2