Arbre Dreyer » Martha Francina Oosthuizen (1864-1943)

Données personnelles Martha Francina Oosthuizen 

Source 1

Famille de Martha Francina Oosthuizen

Elle est mariée à Thomas Frederik Dreyer.

Ils se sont mariés.


Enfant(s):

  1. Hans Jurgens Dreyer  1882-1919 
  2. Martha Francina Dreyer  1884-1960 
  3. Thomas Frederik Dreyer  1894-1962 
  4. Willem Wouter Dreyer  1908-1985 


Notes par Martha Francina Oosthuizen

 

bronne

Ds. Johannes Dreyer, Bittereinders onder die vroue (1969).

Mev. Lettie Muller, “Tussen die vyand en die vol rivier” in J.C.

Steyn, Veg en vlug: manne en vroue vertel hul ware verhale uit

die Anglo-Boereoorlog (Tafelberg, Kaapstad, 1999

Martha Francina Dreyer (gebore Oosthuizen) was getroudmet Thomas Frederik Dreyer, wat met die uitbreek van die oorlog op 11 Oktober 1899 op die plaas Leeupoort naby Fochville geboer het. Thomas en hulle oudste seun Hans is opgekommandeer vir krygsdiens.Met Generaal Piet Cronjé se oorgawe by Paardeberg is Thomas gevange geneem en na ‘n kamp in Indië gestuur.

Martha en die ander agt kinders het op die plaas agtergebly. Sy het met die hulp van hulle swart plaaswerkers en die groter kinders vir ‘n paar maande met die boerdery aangegaan. Toe die Engelse soldate in 1900 die eerste keer oor Leeupoort trek, het hulle die skure met al dieimplemente en voorrade lewensmiddele afgebrand en die vee geslag, maar die huis vir eers uitgelos. Daar was nie meer melkkoeie nie en die tweejarige tweeling, Johannes en Theunis, het glo bitterlik gehuil omdat daar nie vir hulle melk was nie. Martha het by Losberg weer ‘n koei te koop gekry met die naam Geelvlei. Toe die Engelse op die plaas was, het Martha hulle enigste ryperd, waarmee hulle pos gaan haal het, in ‘n agterkamer versteek en ‘n hangkas voor die kamerdeur gestoot. Die huis is deursoek, maar Temper het gelukkig nie gerunnik nie. Ook die oudste seun op die plaas, Dries, is agter brandhout in ‘n bakoond versteek, sodat hy nie krygsgevangene geneem kon word nie. Die bevelvoerder van die Engelse wou by Martha weet of hy vir Thomas ‘n telegram in die krygsgevangenekamp kon stuur oor hulle teëspoed, maar sy het net gesê: “Telegrafeer dat almal gesond is.” Thomas het die telegram gekry en bewaar tot na die oorlog.

Voordat die Engelse weer in Februarie 1901 daar deurgetrek het, het die Boerevroue op die plase geweet dat die vrouens en kinders per trein na konsentrasiekampe geneem word en dat die toestande in die kampe sleg is. Hulle was doodbang vir die kampe en het besluit om hulle gesinne en die nodigste besittings op waens te laai en te vlug. Martha het kort tevore op Vereeniging ‘n voorraad klere en blikkiesmelk vir die kleintjies gaan koop. Sy het ook Poortmandruppels, paragora, harmansdrup,rooilaventel, kasterolie en duiwelsdrek in haar medisynekissie gehad.

Een van die tweeling, Johannes, wat later ‘n bekende predikant in die Hervormde Kerk geword het, het soos volg oor sy ma op die vooraand van hulle eerste vlug geskryf:

Die eerste tekens van haar leierskap onder die vlugtende vrouens word al sigbaar. Haar helder deursig, haar energieke optrede, haar helpende hande, het haar gou uitgewys as die een wat al meer en meer alles vir die vlugtendes geword het, hulle raadgeefster, hulle verpleegster en vroedvrou, hulle “kommandant”.

Met rooidag op 15 Februarie 1901 was Martha en haar kinders reeds ‘n ent weg van die plaas af. Voordat sy die voordeur agter hulle gesluit het, het sy eers ‘n gebed gedoen.

Johannes Dreyer skryf:

Die rondtrek en rondvlug vir die Engelse kolonne was nou aan die orde van die dag. Soms was dit ook aan die orde van die nag, maar die geharde Boerevroue wat min geriewe geken het, wat van kleinsaf geleer het om die hande uit die mou te steek, het daarvoor nie teruggedeins nie. As hulle tog maar, nieteenstaande allerhande ontbering en gevare, net uit die hande van die vyand kon bly! Liewer in ellende rondswerf, het hulle gesê, as om in die konsentrasiekampe opgesluit te sit

Tussen Februarie 1901 en die einde van die oorlog in Mei 1902 het Martha Dreyer en haar kinders agt keer van die plaas af gevlug. Nadat die agtste vlug op 27 Augustus 1901 begin het, is die plaashuis ook deur die Engelse afgebrand en moes hulle vir meer as nege maande in die Wes-Transvaal en Vrystaat rondswerf. ‘n Engelse offisier, kolonel Anderson, het die Statebybel uit die huis geneem en dit veertig jaar later vir die Dreyerfamilie teruggestuur

Oom Jaap van der Merwe, ‘n grysaard wat te oud was vir kommandodiens het die meeste van die tyd die waens vergesel. Soms was daar ook ander burgers saam met die waens. Boerespioene het sporadies die vlugtende vroue op hoogte van vyandelike bewegings gehou. Wat het hulle geëet? Hier en daar kon hulle nog ‘n skaap of ‘n bees in die hande kry om te slag. Saam met die vleis of biltong het hulle stampmielies of gestampte sorghum geëet. Brood is nou en dan in uitgeholde miershope gebak. Partykeer moes hulle met halfgekookte kos verder vlug. Hulle het af en toe ook voedsel wat deur die Boere van die Engelse afgeneem is in die hande gekry. Een keer het ‘n paar families op waens voor die Engelse uitgevlug. Naby waar die Danie Theron-monument nou is, het twee Engelse ruiters van voor af aangekom. Skielik het die Dreyers se wa teen die afdraand buite beheer geraak en op ‘n diep sloot afgepeil. Martha het tot die redding gekom.

Johannes berig

Moeder spring agter onder die gejaag af om die briek te draai en val deur die vaart haar twee knieë rou, maar sy spring op, soos ‘n leeuwin wat haar welpies moet red, haal die wa in en kry die briek gedraai en die osse word weer in die pad gebring. Toe Oom Gert Dreyer van Kraalkop voor hulle stilhou, skree Martha: “Gert, gaan jy nie meer vlug nie?” Op sy antwoord: “Dit help tog nie. Hulle salons net doodskiet en vang”, kom haar opdrag soos ‘n bevel aan hom: “Nou, trek dan jou wa uit die pad dat my wa en osse verby kan kom. Ek laat my nie vang nie.” Die twee Engelse het op hulle begin skiet. Die twaalfjarige Dries moes later van sy flou perd afspring en die wa probeer inhardloop

Moeder moedig hom aan: “Kom, gee my jou hand.” “Ek kan nie meer nie”, skreeu hy. Met haar een hand hou sy aan een van die kappe van die watent vas, sy buig vooroor, kry eindelik Dries se hand en ruk hom met groot kraginspanning op die bed in die watent. Toe ‘n os doodgeskiet word, word die strop eenvoudig afgesny en die dooie dier daar laat lê. ‘n Swart vrou op hulle wa en ‘n wit vrou op die wa agter hulle word raakgeskiet. Die wonde is later met stukkies roltwak verbind, maar die wit vrou het later gesterf. Twee burgers het die twee Engelse doodgeskiet en Martha-hulle se wa kon ontvlug. Op die meeste van die ander waens is die vroue en kinders gevang en na konsentrasiekampe geneem

Die laaste en langste vlug van die plaas af het op 27 Augustus 1901 begin. Daar was baie kakies in die omgewing en Martha-hulle het besluit dat die beste skuiling in die omgewing van die Vaalrivier, hier in die Koepelomgewing, was. Hulle het verby Buffelshoek en Rietpoort tot by Koppieskraal getrek. Terwyl hulle aandgodsdiens op die Vaalrivier se walle gehou het, het hulledie boodskap gekry dat die Engelse in aantog was. Dit het baie gereën, die water was hoog en hulle kon nie deur die drif kom nie. Hulle moes toe langs die rivier af, op soek na ‘n deurkomplek. In die proses is hulle baie na aan die Engelse verby. Uiteindelik kon hulle oor die rivier kom en is hulle na die Vrystaat, waar hulle ‘n ruk rondgeswerf het tot by die Valsrivier.

Ook in die Vrystaat, skryf Johannes Dreyer, was daar geen blywende rus vir die vrouelaertjie wat soos wildsbokkies moes vlug, dan hierheen en dan daarheen, sonder om rus vir hulle voete te vind. Hulle word al maar voortgejaag. Hulle is later weer terug oor die Vaalrivier en het deur Wolmaransstad, Ottosdal en die distrikte van Lichtenburg en Potchefstroom getrek. Hier anderkant Venterskroon, op die plaas Leeufontein, wat destyds aan Diederik Hattingh behoort het, het hulle vir ‘n tyd tot rus gekom. Die Hattinghs was in Potchefstroom se konsentrasiekamp. In die groot opstal het elke gesin van die vrouelaer ‘n vertrek gekry. ‘n Ander huis op die plaas is as ‘n veldhospitaal vir gewonde burgers ingerig.

Daar het moeder met haar helpende hande, vaardig soos ‘n wie-weetwatse verpleegster, elke dag die wonde gaan reinig en verbind en die siekes gaan opbeur en versorg.Die vroue se medisyne was lankal opgebruik en hulle moes hulle op boererate verlaat, insluitende plantwortels, boombasen –blare, knoffel, kamfer en selfs warm beesmis.

Uiteindelik, op 31 Mei 1902, is vrede gesluit. Meer as 20,000 Bittereinders het die wapen neergelê. Meer as 32,000 Boere het in die Britse krygsgevangenekampe gewag om huis toe gebring te word. Meer as 26,000 vroue en kinders het in die konsentrasiekampe omgekom. Martha Dreyer en haar kinders is na die Potchefstroomkonsentrasiekamp om daar vir Thomas se terugkeer te wag.

Die verskil tussen die gesinne wat as bittereinders rondgeswerf het en hulle wat gevang en teen wil en dank na die konsentrasiekamp gestuur is, was opvallend. By die kindertjies was dit die opvallendste. Ons, wat die Engelse konsentrasiekampe gespaar is,

.

.

:

.

.

Avez-vous des renseignements supplémentaires, des corrections ou des questions concernant Martha Francina Oosthuizen?
L'auteur de cette publication aimerait avoir de vos nouvelles!


Barre chronologique Martha Francina Oosthuizen

  Cette fonctionnalité n'est disponible que pour les navigateurs qui supportent Javascript.
Cliquez sur le nom pour plus d'information. Symboles utilisés: grootouders grand-parents   ouders parents   broers-zussen frères/soeurs   kinderen enfants

Avec la recherche rapide, vous pouvez effectuer une recherche par nom, prénom suivi d'un nom de famille. Vous tapez quelques lettres (au moins 3) et une liste de noms personnels dans cette publication apparaîtra immédiatement. Plus de caractères saisis, plus précis seront les résultats. Cliquez sur le nom d'une personne pour accéder à la page de cette personne.

  • On ne fait pas de différence entre majuscules et minuscules.
  • Si vous n'êtes pas sûr du prénom ou de l'orthographe exacte, vous pouvez utiliser un astérisque (*). Exemple : "*ornelis de b*r" trouve à la fois "cornelis de boer" et "kornelis de buur".
  • Il est impossible d'introduire des caractères autres que ceux de l'alphabet (ni signes diacritiques tels que ö ou é).



Visualiser une autre relation

Les sources

  1. Johan Oosthuizen Web Site, Johan Oosthuizen, Martha Francina Dreyer (gebore Oosthuizen), 14 février 2016
    Added by confirming a Smart Match
    MyHeritage family tree
    Family site: Johan Oosthuizen Web Site
    Family tree: 191011931-1

Événements historiques

  • La température le 6 décembre 1864 était d'environ 1,1 °C. La pression du vent était de 1.5 kgf/m2 et provenait en majeure partie du sud-sud-ouest. La pression atmosphérique était de 76 cm de mercure. Le taux d'humidité relative était de 72%. Source: KNMI
  • Du 1 février 1862 au 10 février 1866 il y avait aux Pays-Bas le cabinet Thorbecke II avec comme premier ministre Mr. J.R. Thorbecke (liberaal).
  • En l'an 1864: Source: Wikipedia
    • La population des Pays-Bas était d'environ 3,6 millions d'habitants.
    • 13 mai » début de la bataille de Resaca, lors de la guerre de Sécession nord-américaine.
    • 10 juin » la bataille de Brice's Crossroads, pendant la guerre de Sécession, se termine par une victoire des confédérés.
    • 15 juin » début du siège de Petersburg.
    • 22 juillet » bataille d'Atlanta.
    • 2 octobre » victoire confédérée à la première bataille de Saltville pendant la guerre de Sécession.
    • 29 novembre » |massacre de Sand Creek.
  • La température au 14 juillet 1943 était entre 9,3 et 19,3 °C et était d'une moyenne de 15,3 °C. Il y avait 8,2 heures de soleil (50%). La force moyenne du vent était de 3 Bft (vent modéré) et venait principalement du ouest-sud-ouest. Source: KNMI
  • Du 27 juillet 1941 au 23 février 1945 il y avait aux Pays-Bas le cabinet Gerbrandy II avec comme premier ministre Prof. dr. P.S. Gerbrandy (ARP).
  • En l'an 1943: Source: Wikipedia
    • La population des Pays-Bas était d'environ 9,1 millions d'habitants.
    • 12 janvier » début de l'Opération Iskra.
    • 27 février » protestation des femmes allemandes sur la Rosenstraße de Berlin contre l'arrestation de leurs époux juifs.
    • 15 mars » activation de la troisième flotte des États-Unis.
    • 16 avril » le chimiste suisse Albert Hofmann découvre les propriétés pharmacologiques du LSD (acide lysergique diéthylamine) après une ingestion accidentelle.
    • 28 juillet » opération Gomorrah. Les bombes britanniques écrasent la ville de Hambourg, en Allemagne, tuant 42000 civils allemands.
    • 23 novembre » fin de l'opération Galvanic (Seconde Guerre mondiale).


Même jour de naissance/décès

Source: Wikipedia

Source: Wikipedia

  • 1939 » Alfons Mucha, peintre tchèque (° 24 juillet 1860).
  • 1942 » Sébastien Faure, anarchiste français (° 6 janvier 1858).
  • 1944 » Yves Toudic, syndicaliste français mort pour la France (° 1901).
  • 1948 » Marguerite Moreno, actrice française (° 15 septembre 1871).
  • 1959 » Grock (Charles Adrien Wettach, dit), clown suisse (° 10 janvier 1880).
  • 1965 » Adlai Stevenson, homme politique américain, gouverneur de l'Illinois de 1949 à 1953 (° 5 février 1900).

Sur le nom de famille Oosthuizen


La publication Arbre Dreyer a été préparée par .contacter l'auteur
Lors de la copie des données de cet arbre généalogique, veuillez inclure une référence à l'origine:
Hendrik Dreyer, "Arbre Dreyer", base de données, Généalogie Online (https://www.genealogieonline.nl/dreyer-tree/I1285.php : consultée 6 janvier 2026), "Martha Francina Oosthuizen (1864-1943)".