Dreyer-boom » Sophia "VAN ECK" van Eck (1697-1771)

Persoonlijke gegevens Sophia "VAN ECK" van Eck 

Bron 1
  • Roepnaam is VAN ECK.
  • Zij is geboren in het jaar 1697 in Amsterdam, Netherlands.
  • Zij is overleden in het jaar 1771 in Kafferkuilsrivier, Swellendam, zij was toen 74 jaar oud.

Gezin van Sophia "VAN ECK" van Eck

Zij is getrouwd met Gerrit Augustijnsz Vermaak.

Zij zijn getrouwd op 22 juli 1714 te Cape Town, zij was toen 17 jaar oud.


Notities over Sophia "VAN ECK" van Eck

Notes

"http://www.w3.org/TR/xhtml1/DTD/xhtml1-transitional.dtd">

VERMAAK :

DIE SUID-AFRIKAANSE STAMVADER, GERRIT AUGUSTIJNSZ

Verskaf en Navorsing deur NJ (Nico) Vermaak1 (XXXXX@XXXX.XXX)

Hierdie artikel is grootliks opgeneem in FAMILIA 38, 2001 no1

Tot onlangs het die skrywer en ander bekende medewerkers aan die genealogie van die familie

Vermaak oor 'n aantal brokkies inligting beskik in verband met ons stamvader, GERRIT

AUGUSTIJNSZ VERMAAK. Daar is egter sover vasgestel kon word nog niks spesifiek oor hom

gepubliseer nie. Die skrywer het 'n tyd gelede die voorreg gehad om 'n paar uur in die Algemene

Rijksarchief in Den Haag, Nederland deur te bring en was gelukkig genoeg om 'n klompie

aanvullende inligting in Landmonsterrolle en Skeepssoldyboeke van die VOC te vind. Dit word

nou hier weergegee tesame met inligting uit ander argiefbronne wat tot nou toe raakgelees is.

Uit vorige werke2 was dit bekend dat GERRIT AUGUSTIJNSZ VERMAAK, in ongeveer 1710 as

matroos in die Kaap aangekom het. Hy was afkomstig vanuit Maarssen ('n klein dorpie aan die

Vecht-rivier sowat 7 Km noord van die stad Utrecht) waar hy op 16 Junie 1690 gedoop is in die

kerkgebou van die Nederduits Hervormde Kerk wat vandag nog in gebruik is. Hier is sy

doopinskrywing, hier is 'n skildery deur Jan vd Heiden c 1670 van Maarsen kerk

size="2">,'n lugfoto van

Maarssen kerk.

SY VERTREK UIT HOLLAND EN AANKOMS AAN DIE KAAP

Uit die Landmonsterrol van die VOC vir die verslagjaar tot 30 Junie 17103 blyk dit dat Vermaak op

daardie datum een van presies 500persone in kompanjiesdiens aan die Kaap was en dat hy as

matroos een van 98 persone was wat in die kategorie "Van Zeevaaert" ingedeel was. Teenoor die

name van elkeen van die persone op die Landmonsterrol verskyn ook die naam van die skip

waarmee, en die jaartal waartydens, die persoon in die Kaap aangekom het. Daarvolgens het

Vermaak in 1709 aan boord van die skip Huis te Loo in die Kaap aangekom.

Met hierdie inligting was dit toe moontlik om die Scheepssoldijboek van die Huis te Loo4 te

raadpleeg. Daaruit is bevestiging verkry daarvoordat Vermaak (daarin gespel "Vermaack") vanuit

Maarssen afkomstig was. Dit verskaf verder die inligting dat die Huis te Loo op 10 Junie 1709

vanuit Texel geseil het. Teenoor die datum 9 Desember 1709 word 'n "gagie" of soldy van 54

Gulden tot Vermaak se krediet in die soldyboek aangeteken ten opsigte van sy diens aan die

Kompanjie tydens die seevaart, bereken teen 'n besoldiging van 9 Gulden per maand. Volgens 'n

inligtingstuk van die Rijksargief is laasgenoemde datum die een waarop die skip in die Kaap

aangekom het. In die werk DUTCH-ASIATIC SHIPPING5 vind ons bevestiging daarvoor dat die

Huis te Loo op 10 Junie 1709 vanuit Texel vertrek het, maar daarin word egter aangedui dat

daardie skip op 6 November 1709 in die Kaap aangekom het. Daarteenoor vind ons verwysing in

Suid-Afrikaanse Argiefstukke6 na die aankoms van daardie skip op 4 November1709. In die

Joernaal7 waarin die aankomste van verskeie skepe geboekstaaf is, is daar rondom bovermelde

datums geen vermelding van die Huis te Loo nie. Sy het egter op 22 Desember 1709 deelgeneem

aan 'n kanonsaluut ter ere van die 49e verjaarsdag van die Goewerneur8. Sou mens kon aanvaar

dat die Huis te Loo wel op 4 of 6 November 1709 hier aangekom het maar dat Vermaak tot die

einde van die volgende vol maand, dws tot 9 Desember op die skip diens gedoen het?

Die Huis te Loo het op 26 Desember 1709 na Batavia vertrek waar dit op 10 April 1710 aangekom

het.

Hierdie skip was 'n pinas met tonnemaat van 875 metrieke ton en is in 1691 in Amsterdam gebou.

Die vaart wat ons stamvader na die Kaap gebring het was haar sewende (en skynbaar laaste)

vaart en sy het op daardie vaart gestaan onder die kapteinskap van Broer Hofman. Die

bemanning het bestaan uit 136 seevaarders en 92 soldate. Verder was daar 7 passasiers aan

boord, waarvan 6 verstekelinge was. Tydens die vyfmaande lange reis na die Kaap is 28 van die

seevaarders en 18 van die soldate oorlede. Die Huis te Loo het as lid van 'n vloot van vier uit

Texel weggevaar : op dieselfde dag is die Abbekerk, Neptunus en Oegstgeest ook daar weg.

Hierdie drie skepies het egter eers 'n lang tyd na die Huis te Loo in die Kaap aangekom, die

Abbekerk eers op 4 Februarie 1710!

DIE NUWE TUISTE

Wat sou in ons stamvader se gedagtes omgegaan het toe hy in die Kaap aankom? Uit die reeds

aangehalde werk van Leibbrandt weet ons dat die Suidoos op 3 November "blew so terrifically

that people had enough to do to keep on their legs." Op die volgende dag het die wind skielik

gaan le maar dagbreek het gepaard gegaan met "strong lightning, and vehemently heavy thunder

with heavy rain."9

Kaapstad was destyds maar 'n dorpie van skaars 200 geboue en die lewe van 'n matroos was rof

en het min in gemeen gehad met die geromantiseerde partytjies van Lady Anne Barnarden haar

sosiale kring. Ek wonder of Gerrit 'n ooggetuie was van die argument, gekoggel en uiteindelike

messtekery waartydens die matroos bekend as "Dolle Dries" deur sy mede-matroos,'n Griek

genaamd Demetrius Petrus doodgesteek is.10 Demetrius se hardnekkige ontkenning van skuld lei

daartoe dat hy aan marteling onderwerp word: op 16 November 1709 is hy opgehys met 'n 50

pond gewig aan elkeen van sy groottone. Dit laat hom bieg en op 21 November word hy verhoor

en "sentenced to be shot on the place of execution, and buried on the one outside, paying all the

costs."11 Voor die einde van daardie jaar is nog twee matrose op afsonderlike klagtes van

messtekery verhoor: die een is gehang en die ander eers gemartel en toe vir ses jaar

gevangenisskap in boeie na Robbeneiland gestuur. Die Kaap was duidelik 'n plek waar 'n man in

sy spoor moes trap.

HUWELIKE EN EERSTE SUID-AFRIKAANSE VERMAAKS

Aan die Kaap het ons Stamvader twee vrouens gehad. Sy eerste "huwelik", met die voormalige

Ceylonese slavin of "vryzwartin" Catharina van Colombo, het ingevolge 'n Resolusie van die

Kaapse Kerkraad van 9 Desember 1720 egter nooit bestaan nie.12 Daardie besluit is skynbaar

geneem kort na die oorlye van die Catharina van Colombo en die hoofdoel daarvan was om haar

ander drie kinders op ander burgers te bestel. So is twee van die kinders by die burger Harem van

Marlo en die een wat nog "suigt" by Otto Ernst van Graan geplaas. Die besluit maak nie melding

van haar seun:

Hermanus Vermaak wie op 25 Junie 1713 as die seun van Gerrit Augustijnsz gedoopis nie, en uit

die feit dat daardie seun die Vermaak-naam behou het, lei Ds. Hopkins, voormalige argivaris van

die NG Kerk, af dat hy by sy pa en stiefma grootgeword het.13

Gerrit Augustijnsz is op 22 Julie 1714 weer (?) getroud, en wel met Sophia van Eck. Haar van

word ook soms as "van Ik", "van Ek" en as "van Neck" aangegee. Sy is in Amsterdam gebore as

die dogter van Cornelis van Eck en Elisabeth Schmidt. 'n Enkele seun is uit die huwelik tussen

Gerrit en Sophia gebore, naamlik:

Cornelius, en hy is op 19 Mei 1715 gedoop.

Hermanus is op 11 Julie 1740 met Eva Bastiaanse getroud. Sy was die dogter van Johannes

Bastiaanse en 'n onbekende oosterling. Uit hierdie huwelik is ses kinders gebore, waarvan twee

seuns was. Die een seun (b1c5 Johannes Adriaan) het, sover tot dusver bekend, net 'n enkele

kind, en 'n dogter daarby, nagelaat. Die ander seun (b1c4 Hermanus Augustinus) het 'n Vermaak-

nagegeslag tot gevolg gehad waarvan 'n groot deel later in die Molteno-omgewing aangetref word.

Hierdie groep is egter baie kleiner in getal as die nageslag van Cornelius.

Cornelius, (wat volgens sy vrou se sterfkennisgewing Cornelius Tobias geheet het) is op 23 of 28

Maart 1745 getroud met Susanna Elisabeth Scheepers (op sommige plekke ook as Susanna

Maria aangedui). Hulle het nege kinders gehad, waarvan ses seuns was. Die oudste seun (b1c3

Cornelius Tobias) het wasdom bereik en is getroud maar het geen nageslag nagelaat nie. Die

heel jongste (b2c9 Stephanus Jeremias) is skynbaar jonk en ongetroud oorlede. Die oorgrote

meerderheid Suid-Afrikaanse Vermaaks stam dus van die ander vier seuns af. Van b2c5 Gerrit se

afstammelinge vind mens later 'n groot klomp in die Vrystaat veral in die Brandfort-omgewing en

ook in die Uitenhage en Steytlerville omgewings. Daar is heelwat van b2c6 Jacobus Stephanus se

afstammelinge in Natal veral rondom Pietermartitzburg en Vryheid/Utrecht. Die afstammelinge

van b2c7 Johannes tref ons hoofsaaklik in die Gamtoosvallei aan, maar ook in Humansdorp en

Uitenhage. Die nageslag van b2c8 Coenraad is sterk verteenwoordig in Noord-Natal en veral

rondom Helpmekaar maar ook in die Suid-oos Transvaal. Daar was ook 'n groep Dorsland-

trekkers onder Coenraad se afstammelinge. Die Vermaaks is egter nie vasgeketting nieen het

die wereld vol rondgetrek sodat geboorteplek beslis nie noodwendig 'n linie-verband aandui nie.

VRYBURGER VERMAAK

Die Scheepssoldyboek van die Huis te Loo vermeld verder dat ons stamvader vir die volgende

ongeveer vier jaar as matroos aan die Kaap diens gedoen het totdat hy op die laaste dag van

Oktober 1713 'n vryman, dws 'n vryburger, geword het.

Sy naam kom voor in die "GENERALE MONSTERROLLE1701-1715"14 vir die jaar 1710/1711

onder die opskrif "Van de Zeevaart", maar in die opgawes vir die verslagjare 1712 - 1715 kom sy

naam nie voor nie. Vir die vier jaar 1716 tot 1719 en vir die jaar 1722 vind ons wel weer sy naam

in die "Monsterrolle Vrije Lieden 1702-1725"15 In laasgenoemde vyf opgawes word sy vrou as

Sophia van Ek aangetoon. In die opgawe van 1725 verskyn sy naam nie, maar die naam van

Catharina van Colombo kom wel daarin voor. Die afleiding dat haar kinders na haar dood op aan

die sorg van ander toevertrou is, is dus moontlik nie korrek nie.16

Die skrywer het ook gekyk na die VOC Landmonsterrol van 1716. Soos verwag kom Gerrit

Augustijnsz se naam nie daarin voor nie. Dit is egter interessant om daarop te let dat die totale

aantal persone in Kompanjiesdiens in hierdie jaar gestyg het tot 697 vanaf die 500 van ses jaar

tevore.

Die Rol van Vryburgers vir die jaar 1716 gee verdere inligting oor die bevolking aan die Kaap. Vir

die gebiede Drakensteyn en Stellenbosch word die bevolking van persone wat buite die

kompanjiesdiens gestaan het, soos volg aangegee:

"Mans 322

Vrouens 160

Soons 258

Dogters 265

Knegte 30

Slave 809

Slavinne 108

Slave jongetjes 50

Do wijfjes 49"

Ander bates van die Vryburgers word ook vermeld en sluit in 1379 perde, 8667 beeste, 303 varke

en 1 405 300 wynstokke. Gerrit Augustijnsz se naam kom voor in hierdie Rol tesame met die van

sy vrou, Sophia van Eck (daar gespel "van Ik") met vermelding dat hulle een seun gehad het. Hy

maak egter net 'n uiters geringe bydrae tot die bates van die Kaap: geen slaaf, bees, perd of

wingerdstok nie, net maar 'n snaphaan en een ander ding wat skrywer nie kon ontsyfer wat dit

was nie. Die naam van "Catharina van Hurt (?) Kolombo" kom ook op dieselfde rol voor. Teenoor

haar naam word geen man vermeld nie maar dit dui wel aan dat sy vier seuns gehad het. Een van

hulle is waarskynlik die seun van Gerrit.

As Vryburger het ons Stamvader skynbaar 'n bestaan gemaak as messelaar.17 Ons sal seker

nooit weet of enige van sy handewerk vandag nog te sien is nie, maar die argiefbronne is duidelik

dat dit nie altyd of enduit met hom goed gegaan het nie.

Op 26 Oktober 1722 maak hy homself skuldig aan wat vandag in die omgangstaal as AWOL

bekend sou staan ("sig van sijn wagt hebbende geabsenteert" 18). Vir hierdie oortreding verskyn

hy op 4 Januarie en 1 Februarie 1723 voor 'n burgerlike krygsraad en word aan hom 'n boete

opgele. Maar aangesien "denselve Vermaak hartneckigblijf weigeren deselve te betalen, aals

meede dat gedaagte gene vaste wooning nog eenige de minste vaste of tilbare goederen hier is

hebbende, waar uijt de boete per excecutie soude konnen gehaalt werden,..." versoek die

Burgerkrygsraad die Politieke Raad om te beveel dat Vermaak weer in Kompanjiesdiens

opgeneem word.

Die Politieke Raad het oor die beskuldigde geen goeie woord te se gehad nie en voldoen aan die

versoek. Die Raad verwys na Vermaak se skandelike verstoting van sy eie huisvrou en kind, die

onnatuurlike en harde behandeling haar aangedaan en na "de dagelijxe excessen in den drank,

desselfs exemplaire luij en leedigheijt, mitsgrs. de notoire ongehoorsaamheijd tegens sijne

wettige burger officieren..." Omdat sulke gedrag 'n oop deur sou skep tot navolging van dergelyke

ergerlike handelinge, word Vermaak gevolglik van sy burgerskap ontneem, en weer in die diens

van die E-kompanie opgeneem as matroos.

WEER VOC MATROOS

Op 2 Februarie 1723 tree hy gevolglik gedwonge weer in Kompanjiesdiens. Op 7 Junie 1723 word

hy in die Scheepssoldyboek hierbo vermeld gekrediteer met sy gagie ten opsigte van diens op die

skip MIDDELWOUD oor die periode van 4 maande en 5 dae sedert 2 Februarie. Volgens

DUTCH-ASIATIC SHIPPING19 het hierdie skip op 24 Februarie 1723 onder die kapteinskap van

Kornelis Braams uit die Kaap gevaar en op 9 Junie 1723 in Batavia aangekom. Weereens kan die

2 dae verskil tussen die besoldigingsdag en die aankomsdatum nog nie verklaar word nie.

Kort na Vermaak aan boord van die Middelwoud gegaan het, doen sy vrou, Sophia van Ek by die

Politieke Raad aansoek dat die helfte van sy soldy aan haar uitbetaal moet word.20 Sy kla dat sy

van die begin van haar huwelik met Vermaak onverdraaglike slegte behandeling gehad het, en

datdit wereldkundig is, sodanig dat sy dit nie langer kon of wou verdra nie, en hom gevolglik

verlaat het. Sy kla dat hy nooit 'n stuiwer betaal het van die 3 riksdalers wat hy, ingevolge 'n

vonnis, per maand aan haar moes betaal het nie. Die Politieke Raad het egter geen presedent

van die aard gehad waarvolgens hulle kon optree nie, en verwys die aangeleentheid na die

"Hooge Indische Regeeringe" met 'n aanbeveeling dat dit gunstig oorweeg sal word.

Gedurende 1723 volg daar nog twee kredietinskrywings in die skeepssoldyboek maar die is

moeilik ontsyferbaar. Dit wil egter voorkom of Vermaak eers teen die einde van November 1723

teruggekom het in die Kaap. In 1724 verdien hy nogeens twee kredietinskrywings, een ten opsigte

van diens aan die Kaap en een ten opsigte van diens op 'n skip wat moontlik die Datvoor Visaeren

geheet het, maar daardie naam hetek nog nie in ander bronne teegekom nie.

TERUG HOLLAND TOE

Op 18 Februarie 1727 word Vermaak skynbaaar uit kompanjiesdiens aan die Kaap ontslaan en

op 15 Junie 1727 is die laaste kredietinskrywing in die Skeepssoldyboek gemaak tw. ten aansien

van 3 maande en 7 dae se diens op die Slot Aldegonde. Volgens DUTCH-ASIATIC SHIPPING21

is hierdie jag met 'n tonnemaat van 1160 ton onder die kapteinskap van Leonard de Rijke op 26

Februarie 1727 uit die Kaap uit weg en het sy op 20 Junie 1727 in Texel aangekom. Weereens

kom die datums amper ooreen maar is daar tog 'n verskil wat die skrywer nog nie kan verklaar

nie.

Aan die debietkant van die Scheepssoldijboek vind ons na daardie datum nog twee inskrywings

wat die skrywer ook nie kon ontsyfer, tw. teenoor die datums 1 Julie 1727 en 21 Januarie 1728.

Onder hierdie twee inskrywings verskyn telkensdie woorde " 't merk X van Gerrit Augustijn

Vermaak". Soos so baie van sy tydgenote was ons Stamvader dus ook ongeletterd.

DIE SPOOR LOOP DOOD

Wat na 1728 van Gerrit Augustijnsz Vermaak geword het sal seker ten minste 'n tyd lank nog 'n

geheim bly. Dit kan egter aanvaar word dat hy voor 1737 oorlede is. In Mei 1737 doen Tobias van

Neck by die Politieke Raad aansoek vir verlof om, wanneer nodig en vir solank as wat dit nodig

mag wees, sy suster Sophia, die weduwee van Gerrit Vermaak, in 'n kamer in sy eie huis toe te

sluit. Die doel met hierdie drastiese stap word soos volg in die Resolusies van die Politieke Raad

aangeteken:

"...om dus voor te komen de uitwerkselen van het ergerlijk gedrag,en de schandaalen waaraen

sig gemelte Sophia van Neck, voornaamlik in dronkenschap, tot spot en smaed van ider, langs

straaten en weegen komt bloot te stellen."22

SLOT

Met 'n begin soos die wat die Vermaaks in Suid-Afrika gehad het kon dit daarna eintlik net beter

met ons gaan. Ek wens daar was iewers 'n beroemde skrywer of filosoof wat iets treffends gesê

het met die strekking dat jy met familienavorsing altyd op risiko is om goed te ontdek wat maar

liewers vergete moes bly. Ek hoop ons wat nou leef se nageslag sal daardie versugting gespaar

bly!

Heeft u aanvullingen, correcties of vragen met betrekking tot Sophia "VAN ECK" van Eck?
De auteur van deze publicatie hoort het graag van u!


Via Snelzoeken kunt u zoeken op naam, voornaam gevolgd door een achternaam. U typt enkele letters in (minimaal 3) en direct verschijnt er een lijst met persoonsnamen binnen deze publicatie. Hoe meer letters u intypt hoe specifieker de resultaten. Klik op een persoonsnaam om naar de pagina van die persoon te gaan.

  • Of u kleine letters of hoofdletters intypt maak niet uit.
  • Wanneer u niet zeker bent over de voornaam of exacte schrijfwijze dan kunt u een sterretje (*) gebruiken. Voorbeeld: "*ornelis de b*r" vindt zowel "cornelis de boer" als "kornelis de buur".
  • Het is niet mogelijk om tekens anders dan het alfabet in te voeren (dus ook geen diacritische tekens als ö en é).

Bronnen

  1. DINKELMANN / WILSNACH / KAMFFER, Barbara Dinkelmann, Sophia "VAN ECK" Vermaak (born van Eck), 3 februari 2016
    Added via a Smart Match
    MyHeritage family tree
    Family site: DINKELMANN / WILSNACH / KAMFFER
    Family tree: 166510931-4

Over de familienaam Van Eck

  • Bekijk de informatie die Genealogie Online heeft over de familienaam Van Eck.
  • Bekijk de informatie die Open Archieven heeft over Van Eck.
  • Bekijk in het Wie (onder)zoekt wie? register wie de familienaam Van Eck (onder)zoekt.

De publicatie Dreyer-boom is opgesteld door .neem contact op
Wilt u bij het overnemen van gegevens uit deze stamboom alstublieft een verwijzing naar de herkomst opnemen:
Hendrik Dreyer, "Dreyer-boom", database, Genealogie Online (https://www.genealogieonline.nl/dreyer-tree/I521118.php : benaderd 1 januari 2026), "Sophia "VAN ECK" van Eck (1697-1771)".