Benewens dat die Slag van Boomplaats ’n baie belangrike historiese gebeurtenis is in die stryd om vryheid en onafhanklikheid van al Suid-Afrika se gemeenskappe, is die eerste Kaapse Rebel in die geskiedenis na afloop van die slag voor die stadhuis in Bloemfontein deur ’n Britse vuurpeloton doodgeskiet.||Die fusillering van Thomas Frederik Hermanus Dreyer (23) was teen die beginsels van beskaafde oorlogvoering, en die eensydige, militêre verhoor sonder regsverteenwoordiging waarin hy as “rebel teen haar majesteit koningin Victoria” ter dood veroordeel is, was ’n algehele regsvergrype.||Thomas Dreyer is as vryheidsvegter en martelaar ’n nasionale held wat amptelike erkenning postuum verdien.|Dreyer was ’n getroude Winburgse vader van ’n babadogter van twee jaar. Sy perd het in die verloop van die slag weggehardloop, waarop hy deur Griekwa- soldate, wat te perd was, gevang en as krygsgevangene aan die Britse soldate oorhandig is.|Ongeag roerende vertoë deur sy vrou, Geertruida Jacoba E. Robbertse, sy vader, Roelof P.G. Dreyer van Bethulie, en ander inwoners van die Transgarieb is Thomas, gebore op 18 September 1824, op 4 September 1848 op die paradegrond voor die stadhuis ten aanskoue van die hele gemeenskap doodgeskiet.||Saam met hom het ’n Britse soldaat wat in die slag probeer dros het, Michael Quigley, ook in ’n koeëlreën gesterf. Albei is op ’n oop stuk grond, waar die landdrosgebou en Presidensie later gebou is, begrawe. ’n Latere soektog na Dreyer se oorskot deur sy familie het egter niks opgelewer nie. Die Britse soldate het hom vermoedelik in die nag opgegrawe en elders begrawe sodat sy laaste rusplek nie ’n martelaarsgraf kon wees nie.|Adam Kok III, die Griekwa- kaptein in 1848, het sy berede manskappe aan die Britte op die slagveld verhuur. Smith het hom geld en ander voordele beloof, maar kort daarna het die Britte die Griekwas se diamante vir hulself ingepalm.|Dié hardvogtige en minagtende optrede van die Britse militêre teenoor Dreyer en sy naasbestaandes is soortgelyk aan die geval van Boere-kommandant Gideon Scheepers wat in die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) in Britse hande geval het.||Hy is ook deur ’n militêre hof as “Kaapse Rebel” ter dood veroordeel en gefusilleer. Hy is langs die pad na Graaff-Reinet begrawe, maar in die nag het die Britse soldate sy lyk opgegrawe en dit elders in ’n onbekende graf herbegrawe. Ook is sy oorskot nooit gevind nie.
KBenewens dat die Slag van Boomplaats ’n baie belangrike historiese gebeurtenis is in die stryd om vryheid en onafhanklikheid van al Suid-Afrika se gemeenskappe, is die eerste Kaapse Rebel in die geskiedenis na afloop van die slag voor die stadhuis in Bloemfontein deur ’n Britse vuurpeloton doodgeskiet.||Die fusillering van Thomas Frederik Hermanus Dreyer (23) was teen die beginsels van beskaafde oorlogvoering, en die eensydige, militêre verhoor sonder regsverteenwoordiging waarin hy as “rebel teen haar majesteit koningin Victoria” ter dood veroordeel is, was ’n algehele regsvergrype.||Thomas Dreyer is as vryheidsvegter en martelaar ’n nasionale held wat amptelike erkenning postuum verdien.|Dreyer was ’n getroude Winburgse vader van ’n babadogter van twee jaar. Sy perd hetin die verloop van die slag weggehardloop, waarop hy deur Griekwa- soldate, wat te perd was, gevang en as krygsgevangene aan die Britse soldate oorhandig is.|Ongeag roerende vertoë deur sy vrou, Geertruida Jacoba E. Robbertse, sy vader, Roelof P.G. Dreyer van Bethulie, en ander inwoners van die Transgarieb is Thomas, gebore op 18 September 1824, op 4 September 1848 op die paradegrond voor die stadhuis ten aanskoue van die hele gemeenskap doodgeskiet.||Saam met hom het ’n Britse soldaat wat in die slag probeer dros het, Michael Quigley, ook in ’n koeëlreën gesterf. Albei is op ’n oop stuk grond, waar die landdrosgebou en Presidensie later gebou is, begrawe. ’n Latere soektog na Dreyer se oorskot deur sy familie het egter niks opgelewer nie. Die Britse soldate het hom vermoedelikin die nag opgegrawe en elders begrawe sodat sy laaste rusplek nie ’n martelaarsgraf kon wees nie.|Adam Kok III, die Griekwa- kaptein in 1848, het sy berede manskappe aan die Britte op die slagveldverhuur. Smith het hom geld en ander voordele beloof, maar kort daarna het die Britte die Griekwas se diamante vir hulself ingepalm.|Dié hardvogtige en minagtende optrede van die Britse militêre teenoor Dreyer en sy naasbestaandes is soortgelyk aan die geval van Boere-kommandant Gideon Scheepers wat in die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) in Britse hande geval het.||Hy is ook deur ’n militêre hof as “Kaapse Rebel” ter dood veroordeel en gefusilleer. Hy is langs die pad na Graaff-Reinet begrawe, maar in die nag het die Britse soldate sy lyk opgegrawe en dit elders in ’n onbekende graf herbegrawe. Ook is sy oorskot nooit gevind nie.
Oorzaak: Shot to death
(1) Hij is getrouwd met Geertryda Jacoba Elizabeth Robbertse.
Zij zijn getrouwd te xx.
Kind(eren):
grootouders
ouders
broers/zussen
kinderen
Thomas Frederik Hermanus Dreyer | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geertryda Jacoba Elizabeth Robbertse | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
De getoonde gegevens hebben geen bronnen.