Stamboom Eric Esterhuizen » Willem Hendrik (Henri Guillame) S/V BOSHOFF (BOSSAU) (-1786)

Persoonlijke gegevens Willem Hendrik (Henri Guillame) S/V BOSHOFF (BOSSAU) 

  • Hij is geboren op 1716 ca.
  • Hij is overleden op 26 juli 1786, hij was toen 70 jaar oud.
  • Deze gegevens zijn voor het laatst bijgewerkt op 6 mei 2010.

Gezin van Willem Hendrik (Henri Guillame) S/V BOSHOFF (BOSSAU)

Hij is getrouwd met Martha (Maria) CORDIER.

Zij zijn getrouwd op 15 oktober 1752 te Swellendam, hij was toen 36 jaar oud.


Kind(eren):

  1. Willem Hendrik BOSHOFF  1754-???? 


Notities over Willem Hendrik (Henri Guillame) S/V BOSHOFF (BOSSAU)

1. «u»HENRI GUILLAUME BOSSAU«/u» - of was hy «u»WILLEM HENDRIK BOSHOFF«/u»? - stap aan wal in Tafelbaai op 18 Maart 1741. Hy word slotmaker of geweermaker in diens van die VOIC. Hy was eintlik op pad na Batavia, maar agv ongesteldheid was hy verplig om agter te bly toe die skip weer van Tafelbaai na Indië vertrek; 63 van sy mede-reisgenote is dood op die tog vanaf Texel, Holland, en 28 was siek. Hy sou die stamvader word van die hele BOSHOFF-geslag in Suid-Afrika.
2. Fransman of Hollander? Daar was wel 'n bietjie onsekerheid. Sy familie en agtergrond in Frankryk kon nog nooit met sekerheid gevind word nie, ten spyte van vele pogings. Op die skeepslys van die Hollandse skip RUYVEN onder bevel van Bernardus Heymans (Bladsy 58 van die register wat nou nog in Amsterdam te sien is!) is die naam WILLEM HENDRIK BOSHOFF van Bayonne; hy het gedien as lid van die bemanning. Hulle het op 27 Oktober 1740 uit Texel vertrek.
Sy kerklike attestaat kom egter in Frans in Kaapstad aan; daarin word sy naam aangegee as HENRI GUILLAUME BOSSAU. Dit is op 25 April 1742 deur oudl.A.D.Miffant as skriba van die Frans-sprekende Kerk te Hamburg uitgereik; daarin meld hy dat hulle te Altona vergader en dat ons voorvader van Frankryk af gekom het. Na sy katkisasie was hy vir byna 4 jaar lidmaat van die gemeente; hy het hulle 2 jaar tevore verlaat.
3. Sy geboortedatum. Gedurende 1740 het hy vertrek - volgens die attestaat; as hy 20 jaar oud was toe hy daar aangekom het om te katkiseer, mag ons aanvaar dat hy ongeveer 1716 gebore is. Toe hy dus Julie 1786 op die plaas Duynsigt, naby Mosselbaai, oorlede en begrawe is, was hy omtrent 70 jaar oud.
4. Vryburger aan die Kaap. Sy agter-kleinseun, die 2de president van die OVS, Jacobus Nicolaas, publiseer in 1862 in 'n koerant in die Kaap die oorspronklike attestaat in Frans, sowel as 'n Hollandse en Engelse vertaling daarvan. Daarmee saam plaas hy ook die akte van ontslag soos gegee deur goewerneur H.Swellengrebel op 7 Augustus 1749. Van belang is dat hy hierin WILLEM HENDRIK BOSHOF genoem word, dat hy van Bayonne, Frankryk, afkomstig is, en dat hy nooit om grondbesit mag aansoek doen as vryburger nie. Interessant is ook die stipulasie dat as sy gedrag "niet betaamelijk weesen mogte" hy weer teen dieselfde vergoeding in diens geneem mag word!
Op die plaas Duynsigt, wat vir 4 geslagte in besit van die Pienaars was, is die ou grafte aan te wys, asook die opstal en werkswinkel se oorblyfsels. Hier op die ou Kaapse pad, naby 'n driffie, het ons grootvader gewoon en gewerk. Toe Hendrik Pienaar besluit om 'n kampie om te ploeg, sodat hy daar koring kan saai, moes hy 'n hele vrag klippe verwyder wat duidelik deel van die geboue was. Hy ploeg ook ysters uit, wat daarop dui dat daar 'n smidswinkel was. Ons ou voorvader het in Bayonne geleer om met metaal te werk, en daar aan die grootpad het hy perde beslaan en die boere se karre en waens herstel – ook hul gewere.
In die Kaapse argief (R.L.R.36) is die permit nog te sien wat op 20 Maart 1790 aan JACOBUS NICOLAAS BOSHOFF, gebore 4.12.1757, die 3de seun van ons ou voorvader, toegestaan is om sy vee te laat wei, sowel as om koring te plant op die plaas De Duynsigt. Daarin word ook gemeld dat sy moeder, die weduwee van WILLEM HENDRIK BOSHOFF (+Julie 1786) nog steeds op die plaas woon. Streng volgens die ontslag gegee deur goewerneur Swellengrebel, het ons voorvader nooit grond besit nie, maar het hy dit gehuur.
Die Mosgas-projek te Mosselbaai is nou gevestig op hierdie historiese stukkie grond. Hendrik Pienaar moes die plaas ontruim aan die einde van Desember 1987. Toe ons in April 1988 daar gaan stap het, was die tekens van ontwikkeling reeds sigbaar. Een van die los klippe wat nog daar rond gelê het, het ek op my skouer aangedra motor toe; my gedagtes het teruggegaan na meer as 2 eeue gelede toe hierdie klip ingebou is in ons ou voorvader se huis daar naby die driffie…
5. 'n Skaduwee. Soos baie ander Europeërs, het ons voorvader ook nie die gekleurde mense van Afrika en die Ooste geken nie; hy meen die enigste verskil lê in hul kleur en in die lengte van hul hare! Met Cornelia Cokkie/Cockraaya gaan hy 'n buite-egtelike verbintenis aan en 2 kinders word gebore: hulle name staan aangeteken in die afsonderlike doopregister in Kaapstad. Willem Lodewyk is gedoop in 1745 en Sophia Margaretha in 1748. Van hierdie 2 verneem 'n mens nie weer nie.
6. Huwelik met 'n Hugenote-nooi. As die gewese president van die OVS in sy koerantartikel beweer dat "onze Overgrootvader in Frankryk reeds gehuwd was met Martha Cortier," dan is sy gegewens nie korrek nie. Hy verklaar ook: de namen van de anderen zijn mij niet bekend, anders zou ik die hier ook bekend stellen. Sy grootvader, JACOBUS NICOLAAS, was getroud met Regina Catharina Roch – en hy was die oudste van hul kinders.
Die werklike feite is: Martha (Maria) Cordier is die 10de kind van PHILIPPUS CORDIER en ELIZABETH MALHERBE. Sy is gedoop op 20.5.1736 en haar oupa was LOUIS CORDIER, wat as Hugenoot in 1688 saam met sy vrou, FRANCOISE MARTINET en 4 kinders in Kaapstad aangekom het.. Van hierdie oudste 4 kinders was die eerste 3 dogters, en dan 'n seun met die naam JEAN.
Martha Maria Cordier se vader Philippus is hier in S-Afrika gebore as die 7de kind van sy ouers; hy is gedoop op 26.10.1698. Hy het in Swellendam se omgewing geboer. Toe ons voorvader met MARTHA MARIA CORDIER getroud is, is die huwelik in die huweliksregister van Swellendam aangeteken onder datum 15 Oktober 1752.
7. 'n Mooi Gesin. Al was ons voorvader alreeds amper 'n oujongkêrel toe hy getroud is, het hy en sy jong vroutjie (sy was amper 20 jaar jonger as hy) 'n pragtige gesin opgebou: hulle het 10 kinders gehad, 8 seuns en 2 dogters. Die oudste seun het sy vader se naam gedra, nl. 1.1 WILLEM HENDRIK BOSHOF (geb.21.7.1754) – die Boshoff's van Doornfontein is sy nageslag. Die 2de seun se naam was
1.2 JOHANNES PHILIPPUS (geb. 25.5.1755)
en die 3de kind was die grootvader van Jacobus Nicolaas (1.3.1.1) die president van die OVS:
1.3. JACOBUS NICOLAAS (geb.4.12.1757) X Regina Catharina Rog(ge).
8. Drie geslagte WILLEM HENDRIK. Ons linie loop oor die eerste 3 geslagte WILLEM HENDRIK. Die eerste Willem Hendrik het as jongman in 1741 aan die Kaap gekom; die 2de is sy oudste seun wat gebore is in 1754. Hy trou toe op 12 November 1775 met LEA MAGDALENA BARNARD; haar oupa was Johannes Barnard wat as soldaat in 1708 van Keulen af hier aangekom het, en haar vader was ADAM. Uit hierdie huwelik is net 5 kinders gebore: eers 2 dogters
1.1.1 Lea X Johannes Jacobs
1.1.2 Martha Maria X Hendrik Christoffel Barnard
1.1.3 WILLEM HENDRIK gedoop 7.4.1782 X 4.5.1800 CHRISTINA CATHARINA DE JAGER. Hulle het 18 kinders gehad; 2 van hulle seuns se nageslag vind ons later op DOORNFONTEIN in die distrik Waterberg, Noord-Transvaal.
1.1.4 ADAM gedoop 4.4.1784 te Swellendam X 11.4.1802 te Kaapstad met Johanna Hendrina Barnard.
1.1.5 HENDRIK LOUIS gedoop 3.4.1787 te George X Swellendam 2.11.1806 Magdalena Hendrina Stander.
9. «u»VAN GEORGE NA DOORNFONTEIN«/u». Die 2de geslag Willem Hendrik wat in S-Afrika gebore is (7.4.1782), trou op die jeugdige ouderdom van 18 jaar op 4 Mei 1800 met Christina Catharina de Jager – wat toe maar 14 jaar oud was. Hulle is geseënd met «u»18 kinders«/u». Hul eerste 4 seuns (Willem Hendrik, Christiaan Hendrik, Adam en Lourens Jacobus) is in Swellendam gedoop; die ander 14 in George

Heeft u aanvullingen, correcties of vragen met betrekking tot Willem Hendrik (Henri Guillame) S/V BOSHOFF (BOSSAU)?
De auteur van deze publicatie hoort het graag van u!

Voorouders (en nakomelingen) van Willem Hendrik (Henri Guillame) S/V BOSHOFF (BOSSAU)

Willem Hendrik (Henri Guillame) S/V BOSHOFF (BOSSAU)
-1786

1752

Via Snelzoeken kunt u zoeken op naam, voornaam gevolgd door een achternaam. U typt enkele letters in (minimaal 3) en direct verschijnt er een lijst met persoonsnamen binnen deze publicatie. Hoe meer letters u intypt hoe specifieker de resultaten. Klik op een persoonsnaam om naar de pagina van die persoon te gaan.

  • Of u kleine letters of hoofdletters intypt maak niet uit.
  • Wanneer u niet zeker bent over de voornaam of exacte schrijfwijze dan kunt u een sterretje (*) gebruiken. Voorbeeld: "*ornelis de b*r" vindt zowel "cornelis de boer" als "kornelis de buur".
  • Het is niet mogelijk om tekens anders dan het alfabet in te voeren (dus ook geen diacritische tekens als ö en é).



Visualiseer een andere verwantschap

De getoonde gegevens hebben geen bronnen.

Historische gebeurtenissen



Dezelfde geboorte/sterftedag

Bron: Wikipedia


Over de familienaam BOSHOFF (BOSSAU)


Wilt u bij het overnemen van gegevens uit deze stamboom alstublieft een verwijzing naar de herkomst opnemen:
Gert Esterhuizen, "Stamboom Eric Esterhuizen", database, Genealogie Online (https://www.genealogieonline.nl/stamboom-eric-esterhuizen/I4775.php : benaderd 26 december 2025), "Willem Hendrik (Henri Guillame) S/V BOSHOFF (BOSSAU) (-1786)".