Arbre Dreyer » Willem Schalks Schalkszoon (Willem Schalks, Schalkszoon) van der Merwe SV/PROG (1648-1716)

Données personnelles Willem Schalks Schalkszoon (Willem Schalks, Schalkszoon) van der Merwe SV/PROG 


Famille de Willem Schalks Schalkszoon (Willem Schalks, Schalkszoon) van der Merwe SV/PROG

(1) Il est marié à Elsje Jacobs "Elsie Jacobsdr Elsjen" Cloeten.

Ils se sont mariés le 9 septembre 1688, il avait 40 ans.


Enfant(s):

  1. Sophia van der Merwe  1670-1742 
  2. Maria van der Merwe  < 1675-1709 
  3. Jacob van der Merwe  1680-1680
  4. Aletta van der Merwe  1684-1729 
  5. Helena van der Merwe  1686-1721 
  6. Elsje van der Merwe  1692-1745 
  7. Elsie van der Merwe  1693-????
  8. Elsje van der Merwe  1693-1745
  9. Ilya van der Merwe  1696-????


(2) Il est marié à Koddo "Sara de Waster" van Guinea.

Ils se sont mariés


Enfant(s):

  1. Maria Dorathea Schalkz  < 1664-1700 


Notes par Willem Schalks Schalkszoon (Willem Schalks, Schalkszoon) van der Merwe SV/PROG

 

Willem Schalksz van der MERWE, kom na die Kaap in April 1661. Hy het voorheen op die VOC skip Dordrecht diens gedoen. In die Kaap werk hy eers as dagloner in die Companie se boulandonder Hendrik Boom. Hy is oorlede in Julie 1716.

Willem Schalk van der Merwe was "n haakbusskutter op die skip Dordrecht. Burger op 5 Mei 1661. Hy tree weer in diens van die VOC in 1663 as adelborst belas met landbou.

Willem word binne drie weke voor sy troue aangekla dat hy beeste van die inboorlinge koop, hy word toe gevonnis tot lyfstraf. Die vonnis was opgeskort en hy moes "n boete van vyftig riksdaalers betaal.

Hy trou op 9 September 1668 met Elsie CLOETE die oudste kind van Jacob Cloete en sy vrou Fijtje Raderootjies (gebore Sophia Raedergortz).

In Januarie 1672 word van der Merwe se skaapwagter Lucas Harmensen in die omgewing van cleijne zoutpanne naby Tygerberg deur 15 Khoikhoi benader om sy skape en beeste wat weggedwaal het te gaan soek in ruil vir tabak en rys. Lucas het dit van die hand gewys en toe beroof hulle hom. Al die vee word toe ook gesteel. Hulle het vyf van die diewe gevang en hulle vasgebind en toe na die Fort gevat. Hulle was gegesel en gebrandmerk en vir "n kort tyd na Robbeneiland gestuur (Reg en Ongereg, p 8).

In Januarie 1673 het Willem Schalk se huis afgebrand en ook die huis van Christiaan Jansz. Die graan van Hendrik Elbertsz se graanoes het ook afgebrand.

In 1677 word die omgewing om Houtbaai aan Willem en die stamvader Pieter van der Westhuizen verhuur. Die kontrak was vier jare later gekanselleer, en die grond is aan hulle as vrye eiendom gegun. Hier het Willem en Elsie moontlik hulle kinders op die plaas Kronendal grootgemaak. Kronendal is dus die eerste plaas van die van der Merwe stamouers, en nie de Hoopin Paarl nie.

DOGTER BY "n SLAAFIN

Willem het "n dogter gehad met "n slavin wat Simon van der Stel aan hom geskenk het, die kind se naam was Maria. Hierdie slavin was in 1686 vrygestel (Attestasie 1664 in C 326 pp 478-9, p 6 en 27). Maria het die stammoeder geword van die Heyns familie, sy trou in 1696 met Paulus Heyns.

Karel Schoeman in Armosyn van die Kaap bladsy 535 haal die volgende aan uit "n hofsaak:

"n sekere slavin by wie hy teenswoordig "n kind verkry het, en wat hy, Schalcq, met haar bevalling in hierdie kombuisie (by die Skuur) ondergebring het; hy het haar ook ten alle tye versorg deur kos te berei en water en brandhout te haal, ja, wat meer is toe sy moes beval, het Schalq my Kruijthoff, opgeklop en gevra dat ek hom tog sy brandewyn (rantsoen) sou gee, waarop ek hom twee mutsjes verstrek het, wat hy vir hierdie slavin gebring het, en (hulle?) het dit as hartversterking genuttig.

In 1678 het Elsje Cloete vir die Khoikhoi Quisa en sy medegevangenes met voedsel en tabak voorsien al het sy geweet dat hulle ontsnap het.

Elsie se vader Jacob Cloete word in 1693 naby die Kasteel vermoor. Die Goewerneur beskrywe die voorval soos volg: "Deesen avon tusschen 8 a 9 uren is niet verre van casteel en bij"t vleeschhuis vermoort Jacob Cloeten, corporaal in dienst der E. Compagnie"

KINDERS

b1 Sophia gedoop Kaapstad 1 Nov 1670, X 12 November 1684 Roelof Pasman, XX 25 Jan 1696 Pieter Robberts

b2 Schalk Willem gebore 14 Jul 1673, gedoop Kaapstad 13 Aug 1673, sterwe 1740, X Anna Prevot

b3 Marritje (Maria) gedoop Kaapstad 29 Des 1675, X Barend Burger

b4 Jacoba Jacomina gedoop 22 Mei 1678, X Johann Schöpping, XX Jost Heinrich Frisch

b5 Jacob gedoop 11 Feb 1680 jonk oorlede

b6 Petronella gedoop 1 Maart 1682, X Johannes Cloete

b7 Aletta gedoop Kaapstad 23 Apr 1684, X Marthinus van Staden, XX Claas Jansz van Rensburg

b8 Helena (Lena) gedoop 7 Apr 1686, X Jacobus van As wew, XX Christiaan Maasdorp

b9 Pieter gedoop Kaapstad 16 Mei 1688

b10Magteld gedoop c 1691, X 18 Sep 1708 Pieter Willem van Heerden

b11 Elsie gedoop 15 Jul 1697, X Albert Lambertz Myburgh

b12 Ilya (Ulya of Eula) gedoop Drakenstein 28 Mei 1696

b 13 Hendrik Willem gedoop 17 Aug 1698, X 25 Jun 1717 Catharina Cloete, XX Paarl 26 Nov 1747 Aletta Keyser, XXX Paarl 6 Des 1750 Maria Fick, sy nageslag se familienaam is by sy kleinkinders uitgesterf

Let op dat net een seun die familienaam voortgedra het, naamlik Schalk Willemszoon.

Die oudste kind Sophia van der Merwe ook bekend as `Fytjie Schalk". Volgens"n artikel in die S.A. Mediesetydskrif blyk dit dat die siektetoestand Huntingtons Chorea wat algemeen voorkom onder sommige Afrikaanssprekende families, afkomstig is van Sophia van der Merwe. Die voorouers van meer as 200 persone wat tans aan hierdie toestand ly, is nagevors en almal kan teruggevoer word tot kinders van Sophia uit haar twee huwelike.

Verwysings:

GC de Wet, DieVryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting 1652 - 1700

Avez-vous des renseignements supplémentaires, des corrections ou des questions concernant Willem Schalks Schalkszoon (Willem Schalks, Schalkszoon) van der Merwe SV/PROG?
L'auteur de cette publication aimerait avoir de vos nouvelles!


Barre chronologique Willem Schalks Schalkszoon (Willem Schalks, Schalkszoon) van der Merwe SV/PROG

  Cette fonctionnalité n'est disponible que pour les navigateurs qui supportent Javascript.
Cliquez sur le nom pour plus d'information. Symboles utilisés: grootouders grand-parents   ouders parents   broers-zussen frères/soeurs   kinderen enfants

Avec la recherche rapide, vous pouvez effectuer une recherche par nom, prénom suivi d'un nom de famille. Vous tapez quelques lettres (au moins 3) et une liste de noms personnels dans cette publication apparaîtra immédiatement. Plus de caractères saisis, plus précis seront les résultats. Cliquez sur le nom d'une personne pour accéder à la page de cette personne.

  • On ne fait pas de différence entre majuscules et minuscules.
  • Si vous n'êtes pas sûr du prénom ou de l'orthographe exacte, vous pouvez utiliser un astérisque (*). Exemple : "*ornelis de b*r" trouve à la fois "cornelis de boer" et "kornelis de buur".
  • Il est impossible d'introduire des caractères autres que ceux de l'alphabet (ni signes diacritiques tels que ö ou é).



Visualiser une autre relation

Les données affichées n'ont aucune source.

Des liens dans d'autres publications

On rencontre cette personne aussi dans la publication:

Événements historiques

  • En l'an 1648: Source: Wikipedia
    • 3 janvier » Oliver Cromwell se prononce pour la mort du roi Charles I.
    • 15 janvier » Anne d’Autriche tient un lit de justice au parlement de Paris pour forcer l'enregistrement d'édits fiscaux. C'est le début de la Fronde.
    • 30 janvier » en marge du traité de Münster, un traité de paix est signé entre les Provinces-Unies et l'Espagne.
    • 13 mai » en France, début de la fronde parlementaire.
    • 20 août » bataille de Lens (guerre de Trente Ans). Victoire des Français sur les troupes espagnoles du comté de Flandre.
    • 6 décembre » purge de Pride pendant la deuxième guerre civile anglaise.
  • En l'an 1688: Source: Wikipedia
    • 30 juin » les Sept Immortels envoient l'invitation à Guillaume lors de la Glorieuse Révolution.
    • 24 septembre » début de la guerre de la Ligue d'Augsbourg.
    • 25 septembre » guerre de la Ligue d'Augsbourg, opposant la France et ses alliés ottoman et jacobites à une vaste coalition européenne.
    • 11 décembre » le roi Jacques II d'Angleterre (roi Jacques VII d'Écosse) s'enfuit en France. Il est formellement déposé le 6 janvier 1689.
    • 23 décembre » Guillaume III arrive à Londres pendant la Glorieuse Révolution.


Même jour de naissance/décès

Source: Wikipedia

Source: Wikipedia


Sur le nom de famille Van der Merwe


La publication Arbre Dreyer a été préparée par .contacter l'auteur
Lors de la copie des données de cet arbre généalogique, veuillez inclure une référence à l'origine:
Hendrik Dreyer, "Arbre Dreyer", base de données, Généalogie Online (https://www.genealogieonline.nl/dreyer-tree/I2002.php : consultée 24 décembre 2025), "Willem Schalks Schalkszoon (Willem Schalks, Schalkszoon) van der Merwe SV/PROG (1648-1716)".