Hij is getrouwd met Cornelia Johanna Greef.
Zij zijn getrouwd op 20 september 1911 te Middelburg, Cape Province, South Africa, hij was toen 26 jaar oud.
Kind(eren):
Melt van der Spuy DREYER b3c2d1e2f7 trou met Maria Elizabeth DE VILLIERS en hulle is die ouers van die bekende Suid-Afrikaanse dierkundige, paleontoloog, antropoloog en argeoloog Thomas Frederik Dreyer b3c2d1e2f7g3, gebore in die Koeberg op 7 Mei 1885 en oorlede in Bloemfontein op 13 Julie 1954. Hy gaan aan SACS in Kaapstad skool, waarna hy sy studie aan die Normaalkollege in Kaapstad voortsit.Hy behaal sy BA-graad met onderskeiding in dierkunde aan die South African College, waarna hy met ‘n Koningin Victoria-studiebeurs aan die Universiteit van Halle in Duitsland gaan studeer en die grade MA en PhD (summa cum laude) behaal. Hierna is hy vir verder studie na Napels en die Cornell-universiteit in Ithaca New York. In 1912 word hy as lector in dierkunde en geologie aangestel aan die Grey-universiteitskollege (nou die Universiteit van die Oranje-Vrystaat) en word in 1917 bevorder tot hoogleraar, ‘n posisie wat hy vir 33 jaar beklee tot sy aftrede in 1950. Hy het ook verskeie kere as voorsitter van die beheerraad van die Nasionale Museum in Bloemfontein opgetree. Hy het internasionale bekendheid verwerf vir sy paleontologiese, argeologiese en antropologiese werk in die omgewings van Matjesrivier, Florisbad en langs die Oranjerivier. In 1932 lewer sy opgrawings die opspraakwekkende 40 000 jaar oue prehistoriese mensfossiel, die Florisbadskedel op, wat in 1984 op uitnodiging van die American Museum of Natural History saam met ander wereldbekende fossiele in New York uitgestal is. Sy versamelings is vandag een van die belangrikste in die Nasionale Museum in Bloemfontein, en word oa in die Dreyer-gedenksaal uitgestal. Hy ontvang in 1954 ‘n eredotorsgraad in die Natuurwetenskappe van die Universiteit van die Witwatersrand vir sy aandeel in die ontrafeling van die prehistoriese geskiedenis van die mens en dier. Hy was getroud met Cornelia Johanna GREEFF en hulle het ‘n seun en drie dogters gehad.
g3 Thomas Frederi(c)k (geb 7 Mei 1885 Koeberg ged Durbanville, oorl 13 Julie 1954 Bloemfontein) sooloog, palaeontoloog, antropoloog, and argeoloog. Sien Aanhangsel 8. Ontdekker van die Florisbad skedel. Die Universiteit van die Witwatersrand, Johannesburg, ken in 1954 ‘n D.Sc. (honoris causa) toe aan hom in erkenning vir sy bydrae tot die ontrafeling van die voorgeskiedenis van die mens en die dier.Trou Cornelia Johanna GREEFF - seun en drie dogters
grootouders
ouders
broers/zussen
kinderen
Thomas Frederik Dreyer | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
1911 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Cornelia Johanna Greef | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
De getoonde gegevens hebben geen bronnen.