Oupa aan vaderskant
Leuvennink b9c1
BI-13 D00814
Oorzaak: Miokardiale Infarksie
Goedehoop Begraafplaas
Er ist verheiratet mit Helena Johanna Mostert.
Sie haben geheiratet am 28. Juli 1948 in Kroonstad, Suid-Afrika , er war 30 Jahre alt.
NGK Kroonstad-Noord, ds JGC Steyn
Kind(er):
Leuvennink, Bernardus, B.A. (Pta.), B.A. Hons. (Stell.): L.1941; 0.1943; 1941 Riversdal (Hpr.); 1942 Wellington (Hpr.); 1943 Port Elizabeth; 1951 Caledon; 1959 Vredendal.
DS BERNARDUS LEUVENNINK (26.2.1918 — 17.7.1988) is gebore in die Standerton-distrik, as die oudste van sewe seuns. Die 1918-groep eis byna sy lewe, maar na ernstige gebed en 'n belofte van toewyding aan die Here deur sy ouers, word hy gespaar vir 'n lang en vrugbare lewe in diens van die Here. Hy voltooi sy Laerskool-opleiding op die plaasskool Welmoed buite Standerton, waar sy vader onderwys gegee het, en gaan vir sy Hoërskool-jare na Heidelberg, Transvaal, waar hy in 1934 matrikuleer. Hy behaal in 1937 sy BA-graad aan die Universiteit van Pretoria, waarna hy sy studies aan die Stellenbosse Kweekskool voortsit. Hy verwerf terselfdertyd ook BA-Honneurs in Filosofie. Op Stellenbosch was hy o a voorsitter van die CSV, asook voorsitter van die Universiteitskoor. Na sy legitimasie op 5 Desember 1941, dien hy as hulpprediker in die gemeentes Riversdal en Wellington, voordat hy in 1943 georden word in Port Elizabeth Moedergemeente. Op 28 Julie 1948 tree hy in die huwelik met Helena Mostert van Kroonstad, wat hom dwarsdeur sy bediening met haar energieke, sprankelende persoonlikheid en onuitblusbare ywer vir die werk van die Here bygestaan het. Sy volgende gemeente is Caledon waar hy o a betrokke was by die bou van 'n nuwe kerk. Met sy nederige geaardheid en besondere mensekennis, het hy die gemeenskap op verskillende terreine gedien en op komitees verteenwoordig. Hy was lank Kommandant van die Voortrekkerkommando op Vredendal en het ook in die Kaaplandse Gebiedsbestuur van die beweging gedien. In Sinodale verband het hy vir baie jare op die Sendingkommissie gedien. Hy was 'n besonder geliefde persoon wat alom met eerbied en respek bejeën is. Die afskeidsboodskap van die gemeente na 25 jaar aan hom en sy eggenote getuig daarvan: "Wees verseker dat ons dit wat u aan ons voorgeleef het, sal probeer najaag". Na sy aftrede vestig hy hom in die Strand. Ds Leuvennink word oorleef deur sy eggenote en vier kinders.
Bernardus Leuvennink | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
1948 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Helena Johanna Mostert |
Die angezeigten Daten haben keine Quellen.