Familienstammbaum Juriaan » Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius (1798-1853)

Persönliche Daten Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius 

Quelle 1

Familie von Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius


Notizen bei Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius

He was elected (1838) commandant general of the Boers of Natal and in that year defeated a large force of Zulus at Blood River. This victory made possible the organization of a Boer Republic of Natal (see KwaZulu-Natal). In 1848, Pretorius led a party of Boers across the Drakensberg and created there the nucleus of the South African Republic (the Transvaal). The city of Pretoria was named in his honor.

Hoof Kommandant by die slag van Bloedrivier.

Uit http://www.hnp.org.za/afrikaner/desem7/art.htm:

AGTERGRONDARTIKEL

Andries Pretorius, die nuwe leier van die Voortrekkers

Deur Jan Pretorius

Nooit gedurende die Groot Trek het die Voortrekkers groter behoefte gehad aan vertroude leierskap as aan die einde van 1838 nie. In hierdie jaar waarna met soveel blye verwagting uitgesien is, verloor die Voortrekkers al vier hulle leiers. Piet Retief en Piet Uys word op gewelddadige wyse die dood ingeruk; Gerrit Maritz sterf aan siekte en Hendrik Potgieter verlaat Natal en vestig hom in Transvaal. Vir die leierlose Trekkers het dit gelyk of die Groot Uitvlug, die Emigrasie, die Groot Trek misluk het.

Na die verlies van hierdie vier leiers was daar in Natal nog etlike manne wat ver bo die middelmatige uitgestyg het, maar wat nogtans nie vir leierskap in aanmerking gekom het nie omdat die tyd en die taak geroep het om 'n krygsman. Daar was 'n man met die stempel van 'n Piet Retief nodig.

Daar was Sarel Cilliers, die geestelike leier wat in hierdie hoedanigheid in 'n groot behoefte onder die Voortrekkers voorsien het. In elke geveg tussen die Trekkers en die Swartes het hy gewys van watter staal hy gemaak is. Daar was Vegkop, Mosega, Bloukrans en Weenen en les bes Italeni waar sy plek onder die dapperstes was. Hy het egter skynbaar nie aspireer om 'n leiersposisie in te neem nie. Retief se plek sou hy in elk geval nie kon vul nie.

Daar was Hans Dons de Lange, een van die kragtigste figure onder die Trekkers. Hy was 'n dapper krygsman wat gewild was by die Trekkers en hulle vertroue gehad het. Op 27 Desember 1838 red hy drie honderd man by die Wit-Umfolozi op dapper wyse uit 'n valstrik nadat hy teen die bevele van kommandant Karel Landman handel.

Karel Landman self was van besondere formaat. Hy was lid van 'n kommissie wat voor die Groot Trek die binneland verken het. Na die slag van Italeni het hy Piet Uys se plek gevul en na die dood van Maritz was Landman die leidende figuur in Natal. Maar ook Landman het nie kwalifiseer as leier nie.

Daar is diegene wat spot dat die oorwinning by Bloedrivier nie 'n wonderwerk was nie. Net so sal daar gespot word met die gedagte dat die nuwe leier wat tevoorskyn getree het, 'n ingryping van Bo was. Die Groot Trek was op die punt om te misluk omdat die Trekkers leierloos en moedeloos was. Maar ons glo dat God 'n doel gehad het met die Groot Trek asook met die gebeure na Bloedrivier. Daarom het Hy voorsien in die behoefte en het Hy voorsien in 'n leier van die kaliber van Andries Pretorius wat, onder Sy seënende Hand, die Trekkers tot 'n oorwinnig by Bloedrivier sou lei.

ANDRIES PRETORIUS

Pretorius is gebore in 1798 as agter-agter-kleinseun van die stamvader van die Pretoriusgeslag in Suid-Afrika. Benewens Pretoriusbloed, het daar in sy are ook die bloed gevloei van sy moeder Viljoen; sy grootmoeder Bezuidenhout; sy oorgrootmoeder Vosloo, en Victor, die tweede vrou van die stamvader. Hy is gebore op sy vader se plaas Driekoppen in die streek Pretoriuskloof noordoos van Graaff-Reinet. Toe hy twaalf dae oud was is hy gedoop in die NG-Kerk te Graaff-Reinet waar hy heel waarskynlik ook belydenis van geloof afgelê het.

Op twintigjarige ouderdom is hy te Tulbach getroud met Christina Petronella de Wit, negentien jaar oud van Prins Albert. Uit hulle huwelik is vier dogters en vyf seuns gebore waarvan die oudste, Marthinus Wessel die eerste Staatspresident van die ZAR geword het. Toe hy kon lees, veral die Bybel, skryf en reken was sy formele skool-opleiding voltooi.

Hoe het Andries Pretorius gelyk? Daar bestaan geen twyfel oor hoe sy seun, MW Pretorius gelyk het nie want foto's van hom is volop. Daar is ook foto's van ander kinders van Andries. Maar van Andries self bestaan daar geen foto of beeltenis wat sonder enige twyfel as dié van Pretorius aangewys kan word nie. Trouens daar bestaan nie foto's van enige Trekkerleier nie, want behalwe Potgieter en Pretorius is almal oorlede voor die verskyning van die eerste kamera, die daquerre.

Pretorius sou glo in sy onderhandelings met Panda 'n portret van homself aan Panda gegee het om sy goedertrou te bewys. Dit word nie gesê waar hy daaraan gekom het. Die bekende ‘foto’ van Pretorius met manel en pluiskeil; 'n geweer in sy regterhand en sy linkerhand in 'n verband, is volgens Gustav Preller 'n “konterfeitsel” [namaaksel] deur die vroeggestorwe kunstenaar WH Schröder wat 'n foto van 'n daquerrekamera as model gebruik het. Die daquerre-foto is glo geneem deur die geneesheer-fotograaf SNH van Zwiel in Pietermaritzburg. Volgens Preller verdien hierdie foto ”alle piëteit”. Die ‘foto’ lyk darem te veel geromantiseer om eg te wees.

Ander beeltenisse van Pretorius is 'n skildery deur die Franse natuurkundige, Delegorgue; 'n potloodskets deur luit JH Harding; 'n skildery deur G Hauser; een van die hoekfigure by die Voortrekkermonument, en die standbeeld voor die Pretoriase stadsaal.

Pretorius was 'n man van ryse gestalte en groot van liggaamsbou. Hy was begiftig met vele gawes en talente ten spyte van sy karige formele opleiding, en hy het bogemiddelde redenaarstalent gehad. Daarby het hy homself bewys as godsdienstige leier, militêre strateeg, versigtige diplomaat en versiende staatsman. Al hierdie gawes en talente het meegewerk om hom die leidsman van sy volk te maak. Paul Kruger het dit gebring van skaapwagter tot president; Pretorius van groenteboer tot kommandant-generaal.

Op die oosgrens was hy 'n burger-offisier, eers veldkornet en in 1835 kommandant wat in die Sesde Grensoorlog 'n kommando van 800 man teen die Xhosas gelei het. Hy was dus geen onbekende by die Trekkers van Natal nie, wat byna almal van die Oosgrens af getrek het.

“KOM HELP!”

Andries Pretorius is nie van agter die ploeg weggeroep om die Trekkers in Natal te gaan help nie. Na die vertrek van Maritz uit die Kolonie, was Pretorius een van die wat dit begin oorweeg het om ook te trek. Op 11 Oktober 1837 vertrek hy saam met drie van sy broers om die binneland te gaan verken. Aan die einde van die maand bereik hulle die laers van Potgieter en Maritz aan die Suikerbosrand in Transvaal. Vandaar bereik hulle op 15 November 1837 die laer van Retief aan die Tugela. 'n Week later is hulle in Port Natal waar Pretorius die plaas Summerhill koop van Thomas Carden vir 700 riksdaalders. Die koop van die plaas is die beste bewys dat hy reeds aan die einde van 1837 besluit het om sy tentpenne in die Kolonie op te trek. Hulle keer op 18 Januarie 1838 terug in Graaff-Reinet.

Nege dae later adverteer hy sy besittings. Volgens die vendusie-inventaris van die afslaer A Brink, was Pretorius 'n vermoënde man. Alles word onder die hamer geplaas “sonder reserwe omdat die heer Pretorius van woonplek wil verander”, aldus die afslaer. Pretorius se broer Henning adverteer ook twee plase, onder andere Driekoppen wat hy van sy vader geërf het. Die vendusie het plaasgevind op 18 April 1838.

Ongeveer die einde van Augustus 1838 bereik 'n afvaardiging uit Natal hom op sy woonplaas Letskraal met die versoek dat hy hulle moet “kom help”. Volgens Gustav Preller het die afvaardiging bestaan uit Pretorius se neef Francois Hattingh, ene Charl Cilliers en nog twee. Volgens Sarel Cilliers se biograaf, PS de Jongh is 'n afvaardiging bestaande uit Hattingh, Sarel Cilliers en Willem Pretorius na die Trans-Oranje en die Kolonie gestuur om hulp te vra, maar dat die sending mislik het. Die doel van die afvaardiging na Pretorius verdien aandag.

Die Trekkers in Natal het goed geweet dat Pretorius op pad was Natal toe. Hulle het immers ten minste geweet van die plaas wat hy in Natal gekoop het. Die hulp wat hulle by Pretorius gesoek het was dus nie bloot om hulle getalle te versterk nie. Hulle wou hê dat hy hulle leier moes word en dat hy 'n strafkommando teen Dingaan moes aanvoer.

Volgens Preller het hy sekere opdragte met betrekking tot die voorbereiding vir 'n veldtog teen Dingaan aan die Trekkers in Natal gestuur, onder andere dat veghekke gemaak moet word om 'n walaer te beskerm. Liebenberg [Andries Pretorius in Natal] betwis dit dat Pretorius sulke opdragte kon gegee het, op grond daarvan dat Pretorius nog nie die gesag gehad het om opdragte te gee nie. Liebenberg tas hier mis. Pretorius is gevra om as leier en aanvoerder na die Trekkers te kom en hy het die “benoeming” aanvaar. Hy is dus by implikasie reeds daar op sy plaas met die gesag beklee oor die Trekkers in Natal. Sy verkiesing as hoofkommandant toe hy by die Trekkers aangekom het, kan die anders gesien word as bloot 'n formaliteit nie.

 

NA NATAL

Pretorius se besluit om ook die Kolonie te verlaat is geneem op 'n tydstip toe die toekoms in Natal vol skone beloftes was. Na sy terugkoms op sy plaas het die een ramp na die ander die Trekkers in 1838 oorval. Op 6 Februarie is Retief en sewentig ander manne deur Dingaan se impi's vermoor. In die nag van 16 op 17 Februarie word die Trekkers in die Tugelavallei oorval en by Bloukrans en Weenen word honderde vermoor. Op 11 April sneuwel Piet Uys, sy seun Dirkie en nog nege man by Italeni. Hierdie ontstellende berigte het langsamerhand tot die mense op die Oosgrens deurgedring en dit kan aanvaar word dat die trekywer grootliks daardeur gedemp is. Maar Pretorius, wat sy besluit geneem het op 'n tydstip toe die toekoms in Natal vol mooi beloftes was, het hy nie

geaarsel om sy eie belofte om sy volksgenote te gaan help, uit te voer in hulle donkerste uur nie.

Pretorius verlaat sy plaas op 1 Oktober 1838 en trek so vinnig as moontlik sodat hy op 26 Oktober toe hy by die Caledonrivier kom, reeds 400km afgelê het ten 15km per dag in vergelyking met byvoorbeeld Maritz wat gemiddeld 8.5km per dag afgelê het. Hy het vinnig getrek omdat hy so spoedig moontlik by die mense in Natal wou kom. Hier by die Caledon stel hy twee lyste name op. Een lys het die name bevat van diegene uit sy eie trekgeselskap wat die veldtog teen Dingaan wou meemaak. Op sy verdere reis van die Caledon af het hy nog vrywilligers gewerf uit die mense wat hy teëgekom het. Die ander lys was van mense wat bydraes gegee het ter bestryding van die onkoste verbonde aan die veldtog teen Dingaan.

Van die Caledonrivier af het hy weer net so vinnig aangestoot tot by die Modderrivier, ongeveer 25km suidwes van die huidige Thaba 'Nchu. Daar het hy sy trekgeselskap in betreklike veiligheid laat agterbly en met agt waens en die sestig vrywilligers wat hy langs die pad gewerf het, na Natal vertrek By die Sandrivier kom hy Potgieter se mense teë wat verspreid gelaer was. Hy ontmoet ook vir JJ Burger, die latere sekretaris van die Natalse Volksraad wat saam met hom na Natal is.

Op Donderdag, 22 November 1838 het Pretorius in die laer van Jacobus Potgieter aan die Klein-Tugela aangekom. Erasmus Smit teken in sy dagboek aan: “In den namiddag arriveerde er weer een zeer waardige medereiziger, Andries Pretorius als een weltoegeruste gesabelde en gepistoolde dragonder te paard in ons leger”] Hieruit moet afgelei word dat Pretorius 'n sabel en 'n pistool aan sy sy gedra het. Of hy ook 'n geweer in sy hand gehad het soos 'n mens sou verwag, word nie gesê nie. Maar dat hy indrukwekkend daaruit moes gesien het, is seker. In voorstellings van sy aankoms in die laer dra hy 'n pluiskeil en manel. Erasmus Smit sê egter niks van Pretorius se buitengewone kleredrag nie. [As Pretorius werklik geklee was soos hy voorgestel word, was dit bepaald buitengewoon vir 'n Oosgrens-bewoner en Voortrekker van die middel-negentiende eeu].

Benewens die ongeveer 350 huisgesinne in die laers, was daar ook manne van wes van die Drakensberg wat in die veldtog kom help het, en daagliks het daar versterkings opgedaag. Op 15 November daag Pieter Jacobs, voormalige kommandant van die distrik Beaufort met sy kommando op. Uit Piet Greyling se laer by Pietermaritzburg was daar ook enkel persone teenwoordig, asook van die laers by die see, naamlik dié van Karel Landman, Louw Badenhorst en Jacobus Uys.

Pretorius het in die laers aan die Klein-Tugela aangekom as opperbevelhebber, want soos ons reeds gesien het, het die Trekkers hom gevra om hulle te kom lei. Maar Pretorius wou hê dat sake demokraties moet geskied, vir welke doel die Volksraad byeengeroep word. Behalwe die sewe lede van die Volksraad, was verskeie kommandante en veldkornette teenwoordig wat die hele Trekkergemeenskap in Natal verteenwoordig het. Op versoek van Pretorius word die name van die teenwoordige kommandante as aanspraakmakers op die pos van hoofkommandant, ook op die lys geplaas sodat almal 'n gelyke kans het. Daar word op Maandag, 26 November geloot en die lot val op Pretorius. Daar word nie gesê hoe die loting plaasgevind het nie en wie almal daaraan deelgeneem het nie. Dit is wel moontlik dat met loting bedoel is verkiesing deur stemme. Alle praktiese moontlikhede in ag geneem, skyn die heel aanneemlikste dat daar op 26 November deur 'n krygsraad van twaalf lede met die opsteek van hande gekies is tussen al die kommandante en Pretorius. Die uitslag bevestig weereens dat Pretorius as klaar-“verkose” leier in die Trekkerlaer aangekom het.

Die Volksraad het die verkiesing van Pretorius bekragtig en hom in die pos aangestel. Die krygsraad vir die duur van die veldtog was: Karel Landman, tweede in bevel; Jacobus Potgieter, derde in bevel; Daniel Jacobs as ondervoorsitter van die krygsraad; Hans Dons de Lange en Stephanus Erasmus.

DIE WENKOMMANDO

Dinsdag, 27 November 1838 het een afdeling van die kommando onder aanvoering van kommandant Pieter Jacobs vertrek tot by die Tugela waar hulle vir die ander sou wag. Die volgende dag, Woensdag 28 November 1838, Andries Pretorius se veertigste verjaardag, het die res van die kommando onder sy bevel vertrek. Geskiedenisbronne is dit nie eens oor die aantal waens waarmee die kommando vertrek het nie maar die betroubaarste getal is sewe en vyftig.

Die kommando wat by Italeni die onderspit gedelf het, het bekend geword as die Vlugkommando. Die kommando wat Andries Pretorius na die stat van Dingaan gelei het, sou te voorskyn tree as die Wenkommando.

DIE STRAFKOMMANDO OP PAD

Die kommando se mikpunt was die stat van Dingaan. Die stat lê oos-noordoos van die Sooilaer vanwaar die kommando vertrek het. Die kommando het egter noord-oos van Sooilaer af getrek tot by Bloedrivier waar die Zoeloes hulle voorgekeer het. Na die slag moes hulle suidoos draai om by Dingaan se stat uit te kom. Waarom hulle so 'n ompad gevolg het en nie direk van Sooilaer na die stat gereis het nie, word nêrens verduidelik nie. Maar miskien lê die antwoord daarin dat hulle na Bloedrivier gestuur is. Miskien was daar op 'n direkte roete nie 'n geskikte rivier met 'n sytak en 'n seekoegat nie.

Op pad het Pretorius die kommandolede daagliks gemaan tot versigtigheid. Die offisiere het gereeld instruksies ontvang, eers mondelings maar later het Pretorius Jan Bantjes die instruksies op skrif laat stel Almal is voortdurend op die hart gedruk hoe ernstig die situasie is. Hulle was op pad om mense te gaan doodskiet om om self doodgesteek of op ander, miskien wreder maniere, doodgemaak te word.. 'n Konvooi van so baie waens in een ry agtermekaar was gevaarlik kwesbaar. Daarom het die waens in rye van vier langs mekaar voortbeweeg waar die terrein dit moontlik gemaak het.

Die eerste aand het die kommando die Tugela bereik waar godsdiens gehou is, gelei deur Sarel Cilliers. Daarna is dit elke aand op reis gehou. Dit is ook hier aan die Tugela dat die gedagte vir die eerste keer ontstaan het om 'n Gelofte af te lê. Op 3 Desember het die geselskap van Karel Landman vanaf die see by die kommando aangesluit. In sy geselskap was twee Engelse Alexander Biggar en Edward Parker en ongeveer sestig

Swartes van Port Natal. 'n Paar dae later het nog 'n Engelsman, Robert Joyce hom by hulle aangesluit.

Die kommando bereik 'n sytak van die Wasbankrivier op 8 Desember en die volgende aand word die Gelofte afgelê as slotgedeelte van Cilliers se gebed na die aandgodsdiens. Daarna is die Gelofte ook elke aand afgelê tot en met Saterdagaand, 15 Desember.

Dit is deur verskeie persone wat in die laer aan die Wasbank teenwoordig was, onder ander Pretorius, Jan Bantjes en Cilliers self, bevestig dat die Gelofte in 'n gebed afgelê is waarin God direk aangespreek is. Daarom is dit onverstaanbaar dat latere geskiedskrywers wat die Gelofte rekonstrueer het, dit gedoen het asof Cilliers die kommandolede aangespreek het: “My broeders en medelandgenote, …”, soos ons vandag die Gelofte ken en gebruik.

Die kommando bereik die Ncomerivier op Saterdag 14 Desember, nog onbewus daarvan dit hier is, en nie in die stat van Dingaan nie, waar die lot van die Groot Trek beslis sou word. Die volgende dag het 'n patrollie die Zoeloevoorlopers gewaar ongeveer 'n uur te perd van die laer af. Rooi Piet Malan het op Pretorius se deeglike instruksies laer getrek 'n die vorm van 'n half-sirkel en die openings tussen die waens is met veghekke versterk. Daardie aand is die Gelofte vir die laaste keer afgelê. Daarna het hulle in spanning gewag.

Die vyand het eers die volgende dag toegeslaan. God het die Trekkers se gebed gehoor en verhoor. Hy het die vyand laat vlug. “Die Slag van Bloedrivier was nie alleen een van die skitterendste prestasies in die militêre geskiedenis van die Afrikaner nie; … dit is ook die grootste enkele slag wat nog op Suid-Afrikaanse bodem geveg is. Benewens organiseerder en mensekenner, openbaar Pretorius hom in die slag as skitterende strateeg” [Liebenberg].

Na die byna noodlottige slag van die Wit Umfolozirivier, het die kommando huiswaarts gekeer met in hulle hande die Voortrekkerland se grondbrief -- vir byna 'n jaar veilig bewaar in son en wind en reën -- sodat dit gevind móés word.

NA BLOEDRIVIER

Die Voortrekkers, deur Pretorius se volgehoue ywer vir die vryheid en welvaart van sy volksgenote, was in volle beheer van hulle land en hulle kon op hulle eie manier en volgens goeddunke hulself regeer. Na sy ooreenkoms met Panda kon die Trekkers in vrede leef met hulle bure, die Zoeloes.

Pretorius het die onbetwiste leier van leier van die Voortrekkers in Natal geword en het later ook, nadat die Engelse weer alles gevat het wat die Trekkers opgebou het, toe Pretorius instrumenteel was in die verkryging van die onafhanklikheid van die Transvaal en die Vrystaat..

In November 1836 het Pretorius in die Sooilaer aan die Klein-Tugela aangekom om die leierskap op te neem toe daar geen leier meer was nie. Die gang van die geskiedenis sou meebring dat hy as Voortrekkerleiers uitgetroon het bo sy tydgenote.

Naas Paul Kruger neem hy 'n plek in as kampvegter vir Afrikanerideale teen Britse imperialisme. By hom en by wat hy gedoen het vir die Afrikaner, is die eerste klanke gehoor van suiwer Afrikanernasionalisme.

 

He grew up at Graaff-Reinet and had his schooling there. PhysIcally he

was impressive, for he was immensely tall and very powerful HIS physique

was matched by intelligence, practical ability, common sense and a kindly

nature. President Kruger described him as ‘a brave, penetrating, righteous

and devout man’. Pretorius farmed near Graaff-Reinet at Pretoriuskloof,

and prospered through hard work, shrewdness and sound judgment. As a

young man he joined the Boer commandos raised to deal with the ama-

Xhosa, and he fought in several of these campaigns, gaining a wide circle

of friends and a considerable sphere of influence. By 1835 he led a com-

mando of 800 men, and both Boer and British held him m esteem. At that

time he had moved to the farm Letskraal at the Sneeuwberg. Like Maritz,

he was a man with many properties and so prosperous that he hesitated to

abandon everything in order to join the Great Trek, though conditions in

the Colony had long worried him.

When he received an appeal from Hendrik Potgieter in 1837 for help

against the Matabele, Pretorius and his brothers Bart and Piet set out for

the north, not so much to fight, but to see living conditions and the lie

of the land, and to make up their minds about joining the Trek. They

joined Potgieter and Uys at the Suikerbosrand, travelled with the com-

mando to the Marico, and then returned to the main laager.

Voortrekker Leader

December 16, 1838 - led 464 voortrekkers against Zulu Chief Dingaan and his 5,000 plus warriors at the Ncome River (Blood River)

On 13.5.1891 moved from Magaliesberg to State Cemetery Pretoria (his body)

Haben Sie Ergänzungen, Korrekturen oder Fragen im Zusammenhang mit Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius?
Der Autor dieser Publikation würde gerne von Ihnen hören!


Zeitbalken Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius

  Diese Funktionalität ist Browsern mit aktivierten Javascript vorbehalten.
Klicken Sie auf den Namen für weitere Informationen. Verwendete Symbole: grootouders Großeltern   ouders Eltern   broers-zussen Geschwister   kinderen Kinder

Vorfahren (und Nachkommen) von Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius

Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius
1798-1853


    Zeige ganze Ahnentafel

    Mit der Schnellsuche können Sie nach Name, Vorname gefolgt von Nachname suchen. Sie geben ein paar Buchstaben (mindestens 3) ein und schon erscheint eine Liste mit Personennamen in dieser Publikation. Je mehr Buchstaben Sie eingeben, desto genauer sind die Resultate. Klicken Sie auf den Namen einer Person, um zur Seite dieser Person zu gelangen.

    • Kleine oder grosse Zeichen sind egal.
    • Wenn Sie sich bezüglich des Vornamens oder der genauen Schreibweise nicht sicher sind, können Sie ein Sternchen (*) verwenden. Beispiel: „*ornelis de b*r“ findet sowohl „cornelis de boer“ als auch „kornelis de buur“.
    • Es ist nicht möglich, nichtalphabetische Zeichen einzugeben, also auch keine diakritischen Zeichen wie ö und é.



    Visualisieren Sie eine andere Beziehung

    Quellen

    1. du Rand Family Web Site, Johan du Rand, Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius, 30. August 2018
      Added by confirming a Smart Match
      MyHeritage.com family tree
      Family site: du Rand Family Web Site
      Family tree: durand-100-web

    Historische Ereignisse

    • Die Temperatur am 27. November 1798 war um die 10,0 °C. Der Wind kam überwiegend aus Süd-Süd-Westen. Charakterisierung des Wetters: regen . Quelle: KNMI
    •  Diese Seite ist nur auf Niederländisch verfügbar.
      De Republiek der Verenigde Nederlanden werd in 1794-1795 door de Fransen veroverd onder leiding van bevelhebber Charles Pichegru (geholpen door de Nederlander Herman Willem Daendels); de verovering werd vergemakkelijkt door het dichtvriezen van de Waterlinie; Willem V moest op 18 januari 1795 uitwijken naar Engeland (en van daaruit in 1801 naar Duitsland); de patriotten namen de macht over van de aristocratische regenten en proclameerden de Bataafsche Republiek; op 16 mei 1795 werd het Haags Verdrag gesloten, waarmee ons land een vazalstaat werd van Frankrijk; in 3.1796 kwam er een Nationale Vergadering; in 1798 pleegde Daendels een staatsgreep, die de unitarissen aan de macht bracht; er kwam een nieuwe grondwet, die een Vertegenwoordigend Lichaam (met een Eerste en Tweede Kamer) instelde en als regering een Directoire; in 1799 sloeg Daendels bij Castricum een Brits-Russische invasie af; in 1801 kwam er een nieuwe grondwet; bij de Vrede van Amiens (1802) kreeg ons land van Engeland zijn koloniën terug (behalve Ceylon); na de grondwetswijziging van 1805 kwam er een raadpensionaris als eenhoofdig gezag, namelijk Rutger Jan Schimmelpenninck (van 31 oktober 1761 tot 25 maart 1825).
    • Im Jahr 1798: Quelle: Wikipedia
      • 12. April » In Aarau konstituiert sich auf französischen Druck die Helvetische Republik an der Stelle der Alten Eidgenossenschaft. Die durch Revolutionsexport entstandene französische Tochterrepublik existiert bis 1803.
      • 29. April » Das Oratorium Die Schöpfung von Joseph Haydn hat unter der Leitung des Komponisten seine Uraufführung vor privatem Publikum im Palais Schwarzenberg am Neuen Markt in Wien.
      • 11. Juni » Malta kapituliert kampflos gegenüber Napoleon Bonaparte, der sich mit seinen Truppen auf die Ägyptische Expedition begeben hat. Der Malteserorden verlässt in der Folge die Insel und geht nach Russland.
      • 1. August » Am ersten Tag der zweitägigen Seeschlacht bei Abukir während der Koalitionskriege gelingt der britischen Kriegsflotte unter dem Kommando von Admiral Nelson ein Überraschungsangriff auf die von Comte Brueys kommandierte napoleonische Flotte, die zuvor das Expeditionsheer Napoleons nach Ägypten gebracht hat.
      • 10. September » Eine spanische Flottille wird vor Britisch-Honduras in der Schlacht von St. George’s Caye mit Unterstützung der Royal Navy von britischen Siedlern besiegt. In der Folge unterbleiben weitere Versuche Spaniens, das Gebiet in seinen Machtbereich zurückzuholen.
      • 8. November » Der britische Kapitän John Fearn landet als erster Europäer auf der Insel Nauru und nennt diese wegen der großen Freundlichkeit der Bewohner Pleasant Island.
    • Die Temperatur am 9. Dezember 1798 war um die -2 °C. Der Wind kam überwiegend aus Osten. Charakterisierung des Wetters: helder. Quelle: KNMI
    •  Diese Seite ist nur auf Niederländisch verfügbar.
      De Republiek der Verenigde Nederlanden werd in 1794-1795 door de Fransen veroverd onder leiding van bevelhebber Charles Pichegru (geholpen door de Nederlander Herman Willem Daendels); de verovering werd vergemakkelijkt door het dichtvriezen van de Waterlinie; Willem V moest op 18 januari 1795 uitwijken naar Engeland (en van daaruit in 1801 naar Duitsland); de patriotten namen de macht over van de aristocratische regenten en proclameerden de Bataafsche Republiek; op 16 mei 1795 werd het Haags Verdrag gesloten, waarmee ons land een vazalstaat werd van Frankrijk; in 3.1796 kwam er een Nationale Vergadering; in 1798 pleegde Daendels een staatsgreep, die de unitarissen aan de macht bracht; er kwam een nieuwe grondwet, die een Vertegenwoordigend Lichaam (met een Eerste en Tweede Kamer) instelde en als regering een Directoire; in 1799 sloeg Daendels bij Castricum een Brits-Russische invasie af; in 1801 kwam er een nieuwe grondwet; bij de Vrede van Amiens (1802) kreeg ons land van Engeland zijn koloniën terug (behalve Ceylon); na de grondwetswijziging van 1805 kwam er een raadpensionaris als eenhoofdig gezag, namelijk Rutger Jan Schimmelpenninck (van 31 oktober 1761 tot 25 maart 1825).
    • Im Jahr 1798: Quelle: Wikipedia
      • 10. Februar » Französische Truppen unter General Louis-Alexandre Berthier nehmen Rom ein. Frankreich hatte dem Kirchenstaat nach der Ermordung seines Militärattachés den Krieg erklärt. Fünf Tage nach dem Einmarsch entsteht die von Frankreich beeinflusste Römische Republik.
      • 15. Februar » In Rom wird die erste Römische Republik ausgerufen, eine französische Tochterrepublik auf dem Territorium des Kirchenstaats.
      • 5. März » Unter dem Kommando Johann Rudolf von Graffenrieds siegen die Berner im Gefecht bei Neuenegg über zahlenmäßig mehrfach überlegene französische Truppen, können aber nach der am gleichen Tag erlittenen Niederlage in der Schlacht am Grauholz den Zusammenbruch des Ancien Régime nicht mehr verhindern. Die Alte Eidgenossenschaft endet und wird durch die Helvetik ersetzt.
      • 19. Mai » Napoleon Bonaparte bricht von Toulon aus zu seiner mehr als drei Jahre dauernden Ägyptischen Expedition auf.
      • 25. Juli » Uraufführung der Oper L'Hôtellerie portugaise von Luigi Cherubini am Théâtre Feydeau in Paris.
      • 8. November » Der britische Kapitän John Fearn landet als erster Europäer auf der Insel Nauru und nennt diese wegen der großen Freundlichkeit der Bewohner Pleasant Island.
    • Die Temperatur am 23. Juli 1853 war um die 18,3 °C. Es gab 3 mm Niederschlag. Die relative Luftfeuchtigkeit war 90%. Quelle: KNMI
    •  Diese Seite ist nur auf Niederländisch verfügbar.
      De Republiek der Verenigde Nederlanden werd in 1794-1795 door de Fransen veroverd onder leiding van bevelhebber Charles Pichegru (geholpen door de Nederlander Herman Willem Daendels); de verovering werd vergemakkelijkt door het dichtvriezen van de Waterlinie; Willem V moest op 18 januari 1795 uitwijken naar Engeland (en van daaruit in 1801 naar Duitsland); de patriotten namen de macht over van de aristocratische regenten en proclameerden de Bataafsche Republiek; op 16 mei 1795 werd het Haags Verdrag gesloten, waarmee ons land een vazalstaat werd van Frankrijk; in 3.1796 kwam er een Nationale Vergadering; in 1798 pleegde Daendels een staatsgreep, die de unitarissen aan de macht bracht; er kwam een nieuwe grondwet, die een Vertegenwoordigend Lichaam (met een Eerste en Tweede Kamer) instelde en als regering een Directoire; in 1799 sloeg Daendels bij Castricum een Brits-Russische invasie af; in 1801 kwam er een nieuwe grondwet; bij de Vrede van Amiens (1802) kreeg ons land van Engeland zijn koloniën terug (behalve Ceylon); na de grondwetswijziging van 1805 kwam er een raadpensionaris als eenhoofdig gezag, namelijk Rutger Jan Schimmelpenninck (van 31 oktober 1761 tot 25 maart 1825).
    • Von 1. November 1849 bis 19. April 1853 regierte in den Niederlanden das Kabinett Thorbecke I mit Mr. J.R. Thorbecke (liberaal) als ersten Minister.
    • Von 19. April 1853 bis 1. Juli 1856 regierte in den Niederlanden die Regierung Van Hall - Donker Curtius mit als erste Minister Mr. F.A. baron Van Hall (conservatief-liberaal) und Mr. D. Donker Curtius (conservatief-liberaal).
    • Im Jahr 1853: Quelle: Wikipedia
      • Die Niederlande hatte ungefähr 3,3 Millionen Einwohner.
      • 6. Januar » Bei einem Eisenbahnunfall in Andover, Massachusetts, stürzt der einzige Reisezugwagen des Zuges, in dem der soeben neu gewählte Präsident der Vereinigten Staaten, Franklin Pierce, und seine Familie reisen, eine Böschung hinab. Einziges Todesopfer des Unfalls ist der elfjährige Sohn des Präsidenten. Seine Eltern haben anschließend mit schweren Depressionen zu kämpfen und Franklin Pierce entwickelt ein Alkoholproblem.
      • 8. Februar » Das 1848 gegründete Oregon-Territorium wird geteilt. Der Nordteil erhält vom Kongress der Vereinigten Staaten zu Ehren des ersten amerikanischen Präsidenten den Namen Washington-Territorium. Die Hauptstadt des neuen Territoriums wird Olympia.
      • 14. Februar » Der zweite Präsident der Kirche Jesu Christi der Heiligen der Letzten Tage, Brigham Young, legt den Grundstein für den Salt-Lake-Tempel in Salt Lake City, Utah.
      • 22. Februar » Die Washington University in St. Louis wird gegründet, die 1904 Schauplatz der III. Olympischen Sommerspiele und der Weltausstellung in St. Louis sein wird.
      • 2. April » In Darmstadt nimmt die Bank für Handel und Industrie als zweite Aktiengesellschaft im Bankenbereich nach Erhalt ihrer Konzession die Geschäftstätigkeit auf.
      • 1. September » Die Uraufführung der komischen Oper Le Nabab von Jacques Fromental Halévy findet an der Opéra-Comique in Paris statt.
    

    Gleicher Geburts-/Todestag

    Quelle: Wikipedia

    Quelle: Wikipedia


    Über den Familiennamen Pretorius

    • Zeigen Sie die Informationen an, über die Genealogie Online verfügt über den Nachnamen Pretorius.
    • Überprüfen Sie die Informationen, die Open Archives hat über Pretorius.
    • Überprüfen Sie im Register Wie (onder)zoekt wie?, wer den Familiennamen Pretorius (unter)sucht.

    Geben Sie beim Kopieren von Daten aus diesem Stammbaum bitte die Herkunft an:
    Justinus Theodorus Matthys van den Hoven, "Familienstammbaum Juriaan", Datenbank, Genealogie Online (https://www.genealogieonline.nl/stamboom-juriaan/I13394.php : abgerufen 9. Juni 2024), "Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius (1798-1853)".