Op 19 April 1901 (16 dae oud) word Anna in die Irene kamp (Unique ID 131222) ingeneem saam met haar ma, Ellen en pa, Sybren. Op 20 Julie 1901 (3 maande oud) arriveer hulle by Pietersburg konsentrasiekamp (Unique ID 38407). Haar ma word gelys as Helen Schaap en haar pa word nie aangedui nie. Teen 31 Oktober 1901 is sy oorlede. Oorsaak van dood word nie genoem nie, maar moontlike redes is maasels of malaria. Haar sussie, Jacoba Johanna Wilhelmina (2 jaar en 3 maande) en broer Jacobus (2 jaar) is ook in die kamp oorlede. Toe Sybren terugkom van Pretoria, kry hy die nuus dat al drie sy kinders oorlede is. Hy het hulle laat opgrawe sodat hy kan seker maak dat dit wel hulle was wat oorlede is, en sodat hy aan hulle afskeid kan neem.
Anna Schaap |
Toegevoegd door een Smart Match te bevestigen
Stamboom op MyHeritage.com Familiesite: Moulder Web Site Stamboom: Melanie
Toegevoegd door een Smart Match te bevestigen
Stamboom op MyHeritage.com Familiesite: Lombard Web Site Stamboom: Lombard Family Tree