Er ist verheiratet mit Elsje (Jacobsdr) CLOETE.
Sie haben geheiratet am 9. September 1668 in Cape Town, er war 20 Jahre alt.
Kind(er):
Willem Schalk had a daughter (Maria Schalk (vd Merwe) * ca 1664) by a slave woman
prior to his wedding to Elsje Cloete. Maria married Paul Heyns .
Extra notes for Willem Schalkzoon van der Merwe (Schalk's father)
Willem Schalkszoon van der MERWE, kom na die Kaap in April 1661. Hy het voorheen op die VOC skip Dordrecht diens gedoen. In die Kaap werk hy eers as dagloner in die Companie se bouland onder Hendrik Boom. Hy is oorlede in Julie 1716. He arrived with 344 other passengers.
Willem Schalk van der Merwe was 'n haakbusskutter (arquebusier) op die skip Dordrecht. Burger op 5 Mei 1661. Hy tree weer in diens van die V.O.C. in 1663 onder Hendrik Boom as adelborst belas met landbou.
Willem word binne drie weke voor sy troue aangekla dat hy beeste van die inboorlinge koop, hy word toe gevonnis tot lyfstraf. Die vonnis was opgeskort en hy moes 'n boete van vyftig riksdaalers betaal.
Hy trou op 9 September 1668 met Elsie CLOETE die oudste kind van Jacob Cloete en sy vrou Fijtje Raderootjies (gebore Sophia Raedergortz).
In 1672 word al sy skape gesteel deur die Hottentote. Hulle het vyf van die diewe gevang en hulle vasgebind en toe na die Fort gevat, maar ons weet nie wat hulle lot toe was nie.
In 1763 his house (as well as that of Christiaan Jansz) was burnt down.
In 1677 word die omgewing om Houtbaai aan Willem en die stamvader Pieter van der Westhuizen verhuur. Die kontrak was vier jare later gekanselleer, en die grond is aan hulle as vrye eindom gegun. Hier het Willem en Elsie moontlik hulle kinders op die plaas Kronendal grootgemaak. Kronendal is dus die eerste plaas van die van der Merwe stamouers, en nie de Hoop in Paarl nie.
DOGTER BY 'n SLAAFIN
Willem het 'n dogter gehad met 'n slavin wat Simon van der Stel aan hom geskenk het, die kind se naam was Maria. Hierdie slavin was in 1686 vrygestel (Attestasie 1664 in C 326 pp 478-9, p 6 en 27). Maria het die stammoeder geword van die Heyns familie, sy trou in 1696 met Paulus Heyns.
Elsie se vader Jacob Cloete word in 1693 naby die Kasteel vermoor. Die Goewerneur beskrywe die voorval soos volg: "Deesen avon tusschen 8 a 9 uren is niet verre van casteel en bij't vleeschhuis vermoort Jacob Cloeten, corporaal in dienst der der E. Compagnie"
KINDERS
b1 Sophia gedoop Kaapstad 1 Nov 1670, X Roelof Pasman, XX 25 Jan 1696 Pieter Robberts
b2 Schalk Willem gebore 14 Jul 1673, gedoop Kaapstad 13 Aug 1673, sterwe 1740, X Anna Prevot
b3 Marritje (Maria) gedoop Kaapstad 29 Des 1675, X Barend Burger
b4 Jacoba Jacomina gedoop 22 Mei 1678, X Johann Schöpping, XX Jost Heinrich Frisch
b5 Jacob gedoop 11 Feb 1680 jonk oorlede
b6 Petronella gedoop 1 Maart 1682, X Johannes Cloete
b7 Aletta gedoop Kaapstad 23 Apr 1684, X Marthinus van Staden, XX Claas Jansz van Rensburg
b8 Helena (Lena) gedoop 7 Apr 1686, X Jacobus van As wew, XX Christiaan Maasdorp
b9 Pieter gedoop Kaapstad 16 Mei 1688
b10 Magteld gedoop c 1691, X18 Sep 1708 Pieter Willem van Heerden
b11 Elsie gedoop 15 Jul 1697, X Albert Lambertz Myburgh
b12 Ilya (Ulya of Eula) gedoop Drakenstein 28 Mei 1696
b 13 Hendrik Willem gedoop 17 Aug 1698, X 25 Jun 1717 Catharina Cloete, XX Paarl 26 Nov 1747 Aletta
Keyser, XXX Paarl 6 Des 1750 Maria Fick, sy nageslag se familienaam is by sy kleinkinders uitgesterf
Let op dat net een seun die familienaam voortgedra het, naamlik Schalk Willemszoon.
Die oudste kind Sophia van der Merwe ook bekend as `Fytjie Schalk'. Volgens 'n artikel in die S.A. Mediesetydskrif blyk dit dat die siektetoestand Huntingtons Chorea wat algemeen voorkom onder sommige Afrikaanssprekende families, afkomstig is van Sophia van der Merwe. Die voorouers van meer as 200 persone wat tans aan hierdie toestand ly, is nagevors en almal kan teruggevoer word tot kinders van Sophia uit haar twee huwelike.
Verwysings:
Jan van der Merwe, "Willem Schlkszoon van der Merwe - 'n Biografiese Ekskursie" Familia XVI 1979 no 1 Heese en Lombard Hoge, Personalia of Germans at the Cape
Saamgestel deur: AM van Rensburg
Großeltern
Eltern
Geschwister
Kinder
Willem Schalk van der MERWE | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
1668 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Elsje (Jacobsdr) CLOETE | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die angezeigten Daten haben keine Quellen.